Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 241

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die vraag na die oorsprong van die sonde

241 Oubratouvishar kom egter dadelik ook na My toe en sê: "Heer, Heer, weet die blanke broers vooraf dan nie wat U hul so wys uitgelê het nie? By ons, daarvoor sy U alle lof, weet selfs ons kinders dit, want hulle kon hulleself almal inwendig bekyk en dit gee hul altyd baie genot as hulle ons oor hul mooi tuin, wat hulle in hulself so nou en dan bekyk, iets kon vertel. Maar wat het hierdie blanke broers dan gedoen, dat hulle nie meer in staat is tot sulke belangrike beskouings nie? As hulle nie meer die buitengewone belangrike vermoëns het nie, is hulle eintlik geen egte mense meer nie, maar groot ape, soos wat dit by ons voorkom, die enigste wat hulle meer het is dat hulle kan praat!

[2] Ons het ons almal baie verbaas toe U by hierdie harsings met verklarings aankom, wat by ons tog haas bekender is as ons woonhutte tuis. Weliswaar is ons nie tuis in die algehele organiese bou van ons liggame nie, maar ons harsings ken ons deur en deur. Daar is wel nog heelwat plaatjies leeg by ons, omdat ons niks het om hulle almal vol te teken nie, maar dit waarop geteken is, staan daar presies so by soos dit by die goeie brein, waarvan U dit nou-net uitgelê het en meer as duidelik verklaar het dat hulle geheel en al binne U orde is. Maar ek sou werklik wil weet, waarom dit vir hierdie mense dan nie moontlik is om dit in hulleself waar te neem nie, dit wat vir ons swartvelle tog altyd uitermate sigbaar was! Wat het hulle dan eintlik op hul gewete? Wie het die ramp veroorsaak? Iemand moet tog eers die kwaadaardige aanstoot daartoe gegee het, maar wie, waarom en by watter geleentheid?"

[3] Ek sê: "Wat die eintlike oorsaak daarvan is, hoef jy jou nie af te vra nie! Want daar lê baie verborge dinge in die Raad van God wat die mense op hierdie aarde nie volledig tot op die bodem hoef te weet nie! Solank die mens maar weet en besef wat vir hom noodsaaklik is om vóór alles binne My orde te doen! As hulle dit sal doen waarvoor hulle die instruktiewe wette gekry het, wat hulle uit die hemele gegee is, dan sal alles by hulle volkome in orde wees; bo alles egter sal elke mens die God bo alles en sy naaste soos homself liefhê en daardeur volledig in die gees wedergebore word.

[4] Dit gaan nou slegs daaroor of alle blanke broers alles goed begryp het en dat `n mens, wanneer hy `n leegte in hom voel, vra na dit wat vir hom nog onbekend is, en dan moet dit so duidelik moontlik vir hom vertel word. Dit is nou eerste aan die orde! Maar dit wat jy gevra het, sal elkeen nog vra en genoeg te wete kom wanneer hy in die gees wedergebore word."

[5] Oubratouvishar is volkome tevrede met hierdie antwoord en begin daarna in sy eie taal `n gesprek met sy metgeselle.

[6] Maar dan kom ook Mathaël weer na vore en sê: "Heer, U is ons lewe, U, is ons liefde, omdat U vrae toegestaan het, vra ek in die naam van my skoonvader, my liewe vrou en in die naam van my vier metgeselle of U `n klein onduidelike puntjie in hierdie saak aan ons sou wil uitlê! Dit is in `n sekere sin `n juridiese kwessie en ek glo dat elke mens, sodra hy tot sy verstand kom, hom in hierdie voorskrifte van U leer, heel beskeie ondergeskik moet stel. Want `n mens is tog oorspronklik nie sy eie nie, maar slegs U werk, wat alle hemele my in der ewigheid nie kan betwis nie!

[7] Daarom lyk dit vir my dat U Liefde en Almag wat die weg is, veral in die hiernamaals by die leiding van die geeste, of eintlik die siele wat baie bedorwe is, tog ietwat te tydrowend en te hard gaan wees! Dit is wel waar dat U ons ook in die opsig reeds baie gesê, getoon en uitgelê het ter regverdiging van U eenmaal van ewigheid bepaalde en vasgestelde, goddelike orde, maar los van alles dring hierdie ware juridiese vraag hom tog nog aan my op:

[8] Kan `n appel iets daaraan doen as `n storm hom van die tak geruk het, of kan `n versplinterde boom iets daaraan doen dat hy as doelwit moes dien vir `n vernietigende bliksem, of kan die rustige see iets daaraan doen dat hy deur die woede van `n orkaan opgestu word tot berghoë golwe?! Wat kan die klapperslang daaraan doen dat haar byt dodelik is?! En die wolfskers (Atropa belladonna – waarvan antropine ea verdowingsmiddels gemaak word) het nie vir homself die gif gegee nie! Orals dryf dit die ander voort en uiteindelik kan niemand iets daaraan doen dat hy gedryf word nie!

[9] Van `n hoë rotswand stort `n losgeraakte, groot, swaar stuk klip na benede en rig toevallig, by `n kudde wat onder langs die wand wei, `n groot verwoesting aan. Watter skuldige moet die skade vergoed? Wanneer ek snags op die weg oor `n klip gestruikel en daarna ook geval het, wie is dan skuldig daaraan, - die nag, die steen, of my voet, wat geen oë het nie? Kort en goed, daar is `n aantal netelige vrae oor en weer, wat almal baie duidelik te make het met `n wedersydse aantasting van die individuele oernatuurreg! Wie of wat is die ware skuldige?

[10] Iets dergeliks ontdek ek nou by die mens. Hierdie swartes is nog in die volle besit van die oermenslike eienskappe, - tot op hierdie dag het ons blankes geen enkele vermoede daarvan gehad nie! Ja, waarom dan nie? Mens sê: omdat ons geestelik bekommerd is, en dit weer, omdat die harsings van die mens reeds in die moederskoot bedorwe word en later nog meer deur `n baie verkeerde opvoeding! Daarom moet ek hier openlik die gestelde vraag deur Oubratouvishar ondersteun, en ek sê dan ook: Ja, ja, die mensdom is sleg en totaal bedorwe; maar wie is die oorsaak van die bedorwenheid en wie het hulle bederf? Ten gevolge van die bedorwenheid kon die mense slegs maar iets heel verkeerds wil, en daarom kon hulle nooit beter, maar net steeds slegter en ellendiger word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205