Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die wet van 'jy moet' en 'jy sal' * * (Die wet van ‘moet’ as oorsaaklike gevolg, en die wet van ‘jy sal’, die moet op etiese gronde.)

34 Ek sê: "Beste vriend! Jou opvattinge beval My baie goed en die heilige Vader in die hemel beleef altyd `n ware vreugde as Sy kinders in wysheid met Hom oorleg pleeg. Daar is egter bepaalde sake wat nou eenmaal moet wees soos wat hulle is, en om `n bepaalde doel te bereik moet iets gebeur soos wat dit gebeur, omdat daardie doel andersins onmoontlik bereik sou kon word.

[2] Daarom het God `n tweevoudige wet gegee. Die een is suiwer meganies en heet 'Jy moet!'. Volgens hierdie wet ontstaan alle vorme en hulle strukture waaruit vervolgens die deugdelikheid van die vorm blyk. Aan hierdie meganiese wet kan ewiglik niks verander word nie. Die ander wet heet egter 'Jy sal!' En slegs daarop het die lewensleer betrekking!

[3] Volgens die wet van die lewe kan jy alle deeltjies van `n geheel verdelg, verwoes of selfs vernietig sonder dat dit veel saak sal maak. Wat vry moet word, moet ook reeds in sy eerste ontwikkeling vry wees! Ook al misvorm dit hom in sy vrye innerlike bestaan geheel en al, dan kan dit tog 'die wet van die moet' waaronder dit val, nie ophef nie. Want binne die vorm bly die kiem steeds bewaar, wat weer opnuut in die korrekte orde uitbot, dit wat in die vrye lewensfeer bederf het, weer vaspak en in die korrekte orde terugbring.

[4] So sien jy volkere op aarde wat, wat hulle siel aanbetref, heeltemal verdorwe is, maar uiterlik onveranderlik gebly het, en as jy na hulle kyk moet jy toegee dat dit mense is. Hulle siele is egter vervorm deur allerlei leuens, valsheid en verdorwenhede. Op die regte tydstip laat Ek bietjie meer warmte tot die lewenskiem deurdring en dit begin te groei, verteer die ou wanorde van die siel soos die graswortel met die reeds vervuilde waterdruppel, en dan ontstaan `n heeltemal gesonde, lewenskragtige en in alle dele suiwere grashalm met blom en saad hieruit.

[5] Om dié rede moet julle nooit `n te harde oordeel oor `n verdorwe volk fel nie! Want solank die vorm bly, bly ook die rein kiem in die mens en as dit bly, kan `n duiwel ook nog `n engel word!

[6] Gewoonlik is verkeerde leraars, of heers- en hebsug van `n klein groepie wat meer mag het, of `n tydelike inbesitneming deur bose geeste wat die liggaam en die senugeeste van die mense besluip, meestal die oorsaak van die verderf van die mense en hulle siele. Maar dat die binneste lewenskiem moontlikerwys totaal verdorwe sou kon word, daarvan kan geen sprake wees nie.

[7] Kyk na Mathael en sy vier metgeselle; hoe was hulle nie deur die bose geeste toegetakel nie! Ek het die vyf daarvan verlos en het die lewenskiem in hulle opgewek, en kyk tog watter volmaakte mense hulle nou is!

[8] Natuurlik is daar verskille onder die mense! Sommige siele is van bo afkomstig. Hulle is sterker en die bose geeste van hierdie aarde kan hulle minder of ook glad nie skade aandoen nie. Dié siele kan dan ook `n swaarder beproewing tydens die lewe in die vlees verduur sonder om enige skade van betekenis te ly. Word die gees by hulle, dit is die verborge kiem van die oerlewe, gewek, en deurdring dit dan met sy ewige lewenswortels die siel deur en deur, dan word die slegs geringe verdorwene deel van so `n siel dadelik genees en die hele mens word dan volmaak - soos wat jy dit by Mathael, Philopold en nog etlike ander kan sien.

[9] Sommige mensesiele was selfs voormalige, hemelse engele gewees. Wel, by hulle kan iets nie so maklik bederf word nie! Johannes die doper en verskeie profete soos Moses, EliJaH, JeshaJaH en nog `n aantal ander kan vir jou as voorbeeld dien, en daar is tans nog `n aantal op aarde wat uit die hemele gekom het om hier saam met My die smal pad van die vlees te volg. Sulke mense is in staat om `n behoorlike swaar beproewing in die vlees te deurstaan en verdra dit ook altyd met die grootste opoffering."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205