Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 202

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die oorsprong van die Jabusimbiltempel, die sfinks en die suile van Memnon

202 Maar die metgeselle sê: "Hoe kon julle nou iets by die Heer gedoen het, terwyl julle geen woord met Hom gespreek het nie?!"

[2] Toe sê die aanvoerder: "Hier waar Hy aanwesig is, gaan alles van Hom af uit en ons het daarom steeds net met Hom te make, ook al onderhandel ons met Sy studente!" - Dié antwoord stel almal tevrede en hulle sê niks meer nie.

[3] Maar sommiges sê aan die engel: "Luister eers, wonderlike jongman, sou jy miskien ook ons vyf skatte, omdat ons ook baie merkwaardige skatte in ons hutte verborge hou, hierheen wil bring?"

[4] Die engel sê: "Tel dit maar net van die grond af op die tafel, dan sal ons sien hoe dit lyk!"

[5] Toe kyk vyf van die More wat aan die tafel gesit het, onder die tafel in en elkeen sien tot hul groot verbasing hul eie welbekende, taamlik groot bondels en tel dit op die tafel en toe kom daar nog vier behoorlike klonte goud te voorskyn, wat gesamentlik meer as `n honderd pond geweeg het; maar in die vyfde bondel was daar sewe taamlike groot rivierstene, waarvan Markus, wat langs die engel gestaan het, gedink het dat hulle absoluut geen waarde gehad het nie.

[6] Die engel sê egter: "Wag maar, dit sal vir jou gou duidelik word dat juis hierdie sewe klippe in aardse opsig van groot en onskatbare waarde is! Bring eers `n stewige ysterhamer, dan sal ons hulle ondersoek!"

[7] Markus haas hom, omdat hy self baie nuuskierig is, na sy gereedskapkamer en kom gou te voorskyn met `n stewige ysterhamer en oorhandig dit aan die engel. Hy neem een van die klippe in sy hand, en gee dit `n paar versigtige tikkies, waarop die witagtige kors wat soos gruis lyk, dadelik `n pêrel die grootte van `n menskop te voorskyn laat kom, tot die grootste verbasing van almal.

[8] Op die oppervlak van hierdie wonderpêrel was hiërogliewe en ander tekens ingegraveer. Onder andere was daar `n baie goeie tekening sigbaar van die tempel van Ja-bu-sim-bil tydens die bou daarvan en wel op die oomblik waarop die vier reusagtige beelde gereed was na `n honderd-en-sewentig jaar lange arbeid vol sweet en baie opoffering en mense nog ywerig gewerk het aan die kroonlyste en deur middel van beeldhouwerk reusagtige opskrifte en verdere tekens op die plat, groot vlakke ingegraveer het en terselfdertyd ook die poort tussen die twee aan elke kant staande reusefigure begin oopbreek het. Wie hierdie tekens en opskrifte, wat baie duidelik te sien was, kon ontsyfer, sal die oorsprong weet van hierdie tempel en die rede waarom dit deur die toenmalige Egiptenare so dig naby die Nyl gebou is.

[9] Hierdie pêrel het daarom nie net onskatbare waarde omdat dit in sy soort reusagtig groot was nie, maar ook uit `n historiese oogpunt. Terselfdertyd stam dit uit `n periode van die aarde, talle duisende jare voor die eerste mens in `n liggaam, sy bodem betree het.

[10] In die tyd op aarde toe sulke reusagtige skaaldiere die see bewoon het, het die golwe van die groot oseaan oor die grootste deel van die lae lande van Afrika gespoel. Die oer-Egiptenare het die moederskulp tydens die werksaamhede van die grongrawing van die eerste piramiede gevind en toe hulle die moederskulp oopgemaak het, het hulle hierdie sewe pêrels daarin gevind, waarvan een nou deur die engel van sy kors geskei is.

[11] Natuurlik word die engel nou met vrae bestook en hy gee dan ook die uitleg soos wat dit nou hier in kort weergegee is.

[12] Toe Rafael klaar was met sy uiteraard net globale uitleg oor die pêrel wat eerste onthul was, sê hy: "Wat julle voorlopig moet weet, het ek nou kortliks so verstaanbaar moontlik vertel; laat ons nou begin met die onthulling van die tweede pêrel, wat ietwat kleiner sal wees as die eerste!"

[13] Toe neem die engel die tweede pêrel, en skei dit op die eerste genoemde manier van sy kors. Ook die is vol van tekens en tekste. Op een van die egaligste vlakke was die klein tempel van Ja-bu-simbil heel noukeurig ingegraveer met daarnaas `n kop, wat soos die van die groot Sfinks gelyk het. En die engel word weer eens bestorm met vrae om al hierdie tekens en tekste uit te lê.

[14] En hy (die engel) sê: "Vriende, sonder dat die gees heeltemal ontwaak is in die siel, kan niemand van die mense wat tans lewe die betekenis ontsluier van wat op hierdie pêrel geskryf en geteken is nie!

[15] Hoewel hierdie pêrel net so oud is as die eerste en grootste, is hy egter tog eers honderd jaar later op hierdie wyse beskryf en van tekeninge voorsien en wel ten tye van die voltooiing van die klein rotstempel, toe die binneste van die groot tempel egter nog nie heeltemal klaar was nie. Daarom is die klein tempel ook reeds hier as heeltemal voltooi weergegee.

[16] Die kop stel toe die reeds sewende herderskoning voor, wat homself die naam Shivinz (verkeerdelik “Sfinx”, die lewendige, die ondernemende), gegee het. Hy was byna driehonderd jaar oud en die mense het sy hoof kolossaal groot uit `n granietrots gekap, wat nog tot op hede in `n taamlik goeie toestand te sien is.

[17] Hierdie Shivinz (Sfinks) het groot verbeterings in die skole en ook in die veeteelt en landbou ingevoer en was deur sy volk dan ook op `n byna goddelike wyse vereer. Die tekens en tekste vertel van die talle goeie dinge en wat hy met sy baie lewendige gees alles as verbeterings in die land ingevoer het.

[18] Hy het nie begin met die uitkap van die groot tempel nie, want dit het twee van sy voorvaders gedoen, wat die onsigbare Gees van God baie toegedaan was. Uit groot respek vir hulle het hy hulle nie ver van die groot tempel op `n mooi vlakte kolossaal groot in `n sittende houding uit steen laat kap en ter ewige gedagtenis naby die Nyl opgestel. En omdat beide geen naam gehad het nie en ook uit pure beskeidenheid geen enkele naam wou dra nie, het hy hulle `n naam gegee en hulle genoem: “Die naamloses (My-maine on”), wat later vereenvoudig was tot “Memnon”. Tot op die huidige dag is beide beelde nog in `n baie goeie toestand te sien."

[19] Die aanvoerder sê: "Ja, ja, dit het ons almal gesien en baie bewonder! Maar hoe oud sal hierdie buitengewone geboue nou wees?"

[20] Die engel sê: "Byna drie duisend jaar en die eersvolgende drie duisend jaar sal hul spore nie geheel uitwis nie! Maar wees geduldig, ons sal nou die derde pêrel onthul en op die oppervlak daarvan sal julle behalwe die reeds as standbeelde weergegewe twee voorouers van die Shivinz, nog `n heel ander groot gedenkwaardigheid ingegraveer sien, wat julle tot diep nadenke sal stem!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205