Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 193

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die groot rotstempel Jabusimbil

193 (Oubratouvishar:) "Ons vra aan die owerste of daar op die hele aarde ooit `n uiters regverdige mens was wat iets soortgelyks ondervind het.

[2] Die owerste haal sy skouers op en sê: ‘Op direkte wyse seker nog nooit nie; maar indirek vind mens in die geskrifte en mondelinge oorlewerings egte voorbeelde van baie regverdige en vrome mense, wat in `n sekere geestesverrukking gebring is waarin hulle die Gees van God sien soos `n lig wat alle ruimtes van die oneindigheid vervul en waarby hulle waarneem dat hulle self `n deel van hierdie lig is. Almal wat so `n barmhartigheid ten deel val, getuig dat hulle deur en deur in hierdie lig aangegryp word deur `n onuitspreeklike gevoel van geluk en begin profeteer; en wat hulle toe profeteer, het ook altyd in vervulling gegaan. Maar nog nooit het `n sterfling die ware Oergod in `n ander gestalte gesien nie!

[3] Die mens, in sy begrensde vorm, sou die Oergod wel nader aan hom wou bring; sy hart smag na die oomblik dat hy die Skepper eenmaal in `n toeganklike mensevorm kan sien en met Hom, die ewige Oergees, net soos met `n mens kan praat; maar dit is niks anders nie as `n dwase verlange van die swak begaafde mens wat in `n bepaalde opsig vergeeflik is, maar ewig nooit kan realiseer nie. Want die eindige kan ewig nooit oneindig word nie - en die oneindige nooit eindig nie!’

[4] Só praat die wyse owerste toe met ons en ons verstaan dit ook vir sover dit met ons geringe begripsvermoë moontlik is.

[5] Maar ondanks dit alles dring daar tog vanself aan elkeen van ons die voorstelling op van `n uiters groot, Goddelike persoonlikheid, want met die Goddelike oneindigheid kon ons, verlate soos ons was, nooit heeltemal oor die weg kon kom nie. Ons hart verlang steeds na `n persoonlike, sigbare God wat mens lief kan hê, ook al raak ons verstand, ondanks die raad van die owerste om die Oergodheid lief te hê, altyd in konflik met ons hart, wat hom dan tog veels te klein voel om die Goddelike oneindigheid met alle liefde te begryp.

[6] Die owerste onthul aan ons dat daar op aarde `n volk bestaan wat die naam, Israel, dra. Dié volk het die korrekte kennis oor die Allerhoogste God. Een van hul grootste wyses, `n gebore Egiptenaar, genaamd Moi-ie-sez (‘my opname’, `n naam wat `n prinses aan hom gegee het toe sy hom uit die Nyl gered het), het ongeveer vyftig jaar lank met die Gees van God gepraat en hierdie Gees van God het juis dit aan hom ten strengste opgedra om nooit met watter beeld ookal `n voorstelling van Hom te maak nie! Ook hierdie wyse vra eendag, omdat sy hart daarna verlang, om Hom persoonlik te mag sien, maar kry as antwoord: ‘God kan jy nie sien en lewe nie!’

[7] Toe egter desondanks in die hart van die wyse die verlange om God te sien hewiger word, sê die Gees van God aan hom dat hy hom in `n rotsspleet moes verberg en daaruit moes kom wanneer hy geroep word! Dit doen die wyse en toe hy geroep word, kom hy te voorskyn en sien op `n afstand God se rug, wat meer lig gee as `n duisend sonne. Sy gelaat het daarop egter sodanig begin straal dat vir sewe jaar lank geen mens daarna kon kyk sonder om verblind te word nie. Daarom moes hierdie wyse sy gesig dan ook gedurende hierdie tyd swaar versluier het. So het, soos wat julle weet, die wyse owerste ons dit alles vertel.

[8] In hoeverre dit alles die toedrag van sake is al dan nie, is nie vir ons om te oordeel nie; ons weet net dat daar nooit `n onware woord oor die lippe van die owerste gekom het nie. Hy het dit presies so aan ons meegedeel soos wat hy dit verneem het.

[9] Weet julle, toe ons hom vra waar in die hele Egipte dan ooit met die meeste waarskynlikheid die ware, ewige Oergodheid aanbid en hoogs vereer was, dat hy toe sê: ‘Nie baie ver van hier nie en wel in die groot rotstempel van Ja-bu-sim-bil (‘Ek was, is en sal wees’)! Deur `n groot, hoë poort gaan die pad na die binneste van die groot bergsaal. Dié is verfraai met suile wat almal uit die rotse gekap is. Tussen elke twee suile staan `n gewapende reus van minstens twaalf manslengtes hoog op `n wyse asof hy die dak van die tempel dra.

[10] Die binneste is deur `n boog in drie sale geskei; in elke saal staan aan beide kante sewe sulke reuse, in totaal in elk van die drie sale veertien reuse. Hulle is simbole van die sewe Geeste wat van God uitgaan. In die drie dele van die saal staan ses maal sewe sulke reuse; dit beteken dat God reeds vanaf die allereerste begin van die skepping ses periodes vasgestel het en dat in elkeen van hierdie eindelose lang en voortdurend in mekaar oorgaande periodes hierdie selfde sewe Geeste alles gedra het en orals werksaam was. Elkeen van die ses mure van die lang, driedelige tempelsaal is versier met allerlei tekens en figure, waaruit `n ingewyde in die ou wysheid alles kan ontsyfer wat die Gees van God geopenbaar het aan die aartswyses uit die oertyd van hierdie land.

[11] Aan die einde van die drie sale is daar nogmaals die versluierde beeld van I-sis en die ongesluierde van Ou-sir-iez en op `n altaar voor I-sis staan uitgekap in die harde klip die woorde: Ja-bu-sim-bil! By die ingang van die tempelpoort aan weerskante is daar aan elke kant twee reuse in sittende houding, wat die vier belangrikste elementêre kragte van God in die natuur voorstel; hul sittende houding gee die orde en die rus aan waarin hulle deur God geplaas is om alle skepsele volgens die wil van God te dien.

[12] `n Inskripsie bo die poort vermaan die besoeker aan hierdie geheiligde plek om altyd geestelik ingekeer die heilige sale te betree. Wie in die eerste saal kom, sal die twee eerste pilare versier vind met heel merkwaardige tekens en figure; dit moet betrekking hê op `n soort wêreldstryd wat mens ‘Elohimsoorloë’ noem.

[13] Wel, ek is, wat dit betref, self te min bekend met die ou wysheid om dit verder en beter aan julle te kan verduidelik! Oor sewe dae sal ek julle na die plek bring waar julle dit alles self in oënskou kan neem. Natuurlik het die skerpe tand van die tyd heelwat verwoes van hierdie oeroue heiligdom, maar daar het nog baie goed bewaar gebly en julle kan daaruit nog baie leer!'

[14] Nou, watter gevoelens begin daar toe in ons opkom! En ons kon skaars die dag afwag waarop die owerste ons na die heiligdom wat aan ons beskryf is, sou lei. Hoe begin dit in ons harte te gloei toe die dag eindelik kom en ons op ons kamele daarheen ry en nog maar net in die nabyheid van die klein voortempel kom, wat net `n begraafplaas van `n paar wyses uit die oertyd was! Maar hoe klop ons hart toe ons voor die poort van die groot rotstempel kom! Wat `n onbeskryflike indruk maak die aanblik van die vier gepersonifieerde elemente en word ons nie byna sprakeloos toe ons met brandende fakkels in die binneste sale van die tempel kom nie? Maar waarom gryp dit alles ons so oorweldigend aan? Omdat dit ons daar voorgekom het dat ons nader aan die Allerhoogste, ware Goddelike Wese was, as op enige ander plek by Memphis.

[15] Hoe aangrypend en hartsverheffend was dit alles vir ons toe ons daarna weer onder baie trane en sugte die wonderlike tempel verlaat en die goeie owerste ons nog baie uit die oertyd van die aarde vertel het, sodat ons ten slotte dadelik begin om die hele aarde vir `n groot tempel van God aan te sien! Of dié paar dae warm of taamlik koel was, merk ons glad nie, want ons harte en gemoedere word te veel in beslag geneem deur alles wat ons nader na die Oergees van God sou kon bring. En tog was dit vir ons duidelik nog nie alles duidelik nie. Ons weet toe wel baie, maar I-sis bly versluierd en verborge en geen sterfling was in staat om op een of ander wyse hierdie misterieuse gewaad van die ewige Godheid op te lig nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205