|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 75
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Cyrenius ontferm hom oor Zorel
75 Zorel sê: "Vriend, jy het gelyk: ‘Wat die mens in duisternis geniet, het geen waarde nie!’ Dat ek in `n diepe geestelike nag leef, merk ek nou self op; want jou woorde het my, ondanks hulle geheimsinnige klank, `n egte, groot verligting gegee en dit skenk my nou reeds baie vreugde. Maar, as jy by Cyrenius ook iets in te bring het, vra hom dan of hy nie vir my ten minste `n bietjie beter mantel wil gee nie; want in julle geselskap kan ek my in hierdie vodde nie meer vertoon nie. Cyrenius sal tog wel die een of ander ou, afgeleefde bediendemantel hê!"
[2] Cyrenius roep een van sy dienaars en sê: "Hardloop gou na ons bagasie toe en gaan haal `n goeie hemp, `n toga en `n Griekse mantel!"
[3] Die dienaar gaan en bring die gevraagde.
[4] Cyrenius roep vervolgens vir Zorel en sê: "Hier, neem die gewaad, gaan êrens agter die huis en verklee jou!"
[5] Zorel aanvaar dankbaar die gewaad, gaan daarmee agter die huis van Markus in, klee hom, en sien dan heel vernaam daaruit.
[6] Binne enige oomblikke is Zorel weer by ons en sê vir Cyrenius: "Geëerde meester! Nie meer ons waardelose gode nie, maar die Een, ware en ewig lewende God beloon u! U het nou `n naakte, arm mens beklee, en dit is `n edele werk, wat ek glad nie werd is nie! Maar soos daar `n waaragtige, almagtige en wyse God is wie se kinders, of ten minste wie se werke ons almal is, wat ons ook met weldade oorlaai wat ons nie werd is nie, en waarvoor ons Hom ook maar net kan dank en verder niks nie, so staan ek nou ook voor u, geëerde meester en gebieder: ‘Uit die diepste van my hart kan ek u slegs dank en niks verder doen nie!’ As u my egter as één van u minste dienaars wil aanneem, dan skenk ek u daarvoor my landerye!"
[7] Cyrenius sê: "Jou stuk grond is nie joune nie, maar die een s`n met wie se geld jy dit gekoop het. Daarom sal ons dit verkoop, aan die besitter of sy kinders die geld oorhandig en eers dan kan jy my dienaar wees!"
[8] Zorel sê: "Geëerde meester en gebieder! U wil is wet! Alles van u is barmhartigheid vir my, maar laat my asseblief nie alleen nie, en neem my in u diens! Soos wat ek my ou vodde vir altyd uitgetrek het, so sal ek ook my slegte, ou mens afdank en `n heel ander mens word! Dit kan u van my aanneem! So sleg as wat ek was, so goed wil ek weer word, om gedurende die oorblywende tydperk van my lewe, dit wat ek aan almal kwaad gedoen het, enigsins goed te maak.
[9] As ek ooit `n mens kon ontmoet het wat my oor reg en onreg so goed voorgelig het soos dié Johannes daar, dan sou ek nooit so diep in alle sonde ingesink het nie; maar nou moes ek altyd na my eie verstand vir raad gaan! Hoe ver ek dit egter met my groot intelligensie gebring het, weet u, en ek hoef nie vir u my groot skande weer te herhaal nie. Verleen my daarom van nou af aan barmhartigheid en medelye, want in die vervolg sal u geen geleentheid meer kry om ontevrede oor my te wees nie. Ek besit verskeie vaardighede en ek is baie ervare in skryf en reken, en die geskiedenis van die volkere tot op hede is nie aan my onbekend nie. Alles van Herodotus* is ek mee vertroud; ook die kronieke van die Judeërs, Perse en die ou Babiloniërs is nie aan my onbekend nie. Daarom sal u my wel êrens kan gebruik." (* Griekse geskiedskrywer)
[10] Cyrenius sê: "Daaroor sal ons wel later praat. Gaan nou egter weer na jou vriend Johannes toe terug en laat hy jou die ware weg toon! Wanneer jy dit het, dan sal al die ander nie lank op hulle laat wag nie!”
|
|
|
|
|