Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die dodelike val van die nuuskierige seun

148 Ek sê: "In daardie geval moet jy ons nog vertel oor die dood van die seun wat uit `n boom geval en daardeur gesterf het, en daarby ook oor die man wat in `n poel gespring en verdrink het, en sodoende selfmoord gepleeg het. Wy egter nie te veel uit nie en vertel ons net die hooftrekke!"

[2] Mathaël neem dadelik die woord en sê: "Ek versoek ook nog `n bietjie geduld, want ek wil beide gevalle as één geheel vertel en daarom moet ek eers bietjie nadink!"

[3] Ek sê: "Doen dit; maar Ek sal jou wel die regte woorde in die mond lê, dus sal dit ook goed gaan sonder dat jy vooraf die geheelprentjie oordink."

[4] Daarop sê Mathaël: "Ja, in daardie geval hoef ek natuurlik nie lank daaroor na te dink nie, en ek sal daarom dadelik so getrou en waar as wat moontlik is, beide gebeurtenisse vertel, wat my nog baie duidelik in die geheue lê!"

[5] Almal roep toe: "Geëerde onderkoning van die volke rondom die wye Pontus tot aan die Kaspiese See, ons verheug ons almal baie oor u verhale, want u is regtig `n onoortreflike meester in die vertelkuns!"

[6] Mathaël antwoord: "Om te kan vertel het jy veral `n bietjie vertelkuns nodig, en groot waarheidsliefde. Wie ware dinge vertel, het altyd die voorkeur bo `n fabeldigter! Maar hoe dit ookal sy, wat ek julle op versoek van die Heer sal vertel, is `n geskiedenis wat deur my beleef is soos wat ek dit vanaf die wieg tot aan my twintigste jaar beleef het. Ek sal dit aan julle vertel soos wat ek dit in my sewentiende lewensjaar meegemaak het aan die sy van my vader, wat altyd in my omgewing was en wat deur my sienerskap al baie wysheid opgedoen het. Die twee gebeurtenisse was as volg:

[7] Dit was omstreeks die tyd van die Groot Versoendag, wanneer - soos wat bekend is - die sondebok vir alle sondes van die Judeërs aan die Jordaanrivier geslag en geoffer word, wat daarna onder baie gehuil en gebedsformules en vervloekinge in die goeie Jordaan gegooi word. Wel, dit sou sinneloos wees om nog meer woorde daaraan te verspil omdat elke Judeër, hoe onaansienlik ookal, die seremonie maar al te goed ken.

[8] Wat waarskynlik minder bekend is aan julle, is dat daar toentertyd `n oorgrote volksmenigte by hierdie genoemde offerfees van die sondebok opgedaag het. Grieke, Romeine, Egiptenare en Perse was ryklik verteenwoordig. Kortom, daar was geen gebrek aan nuuskieriges nie!

[9] Julle sal wel verstaan dat die seuns tog ook iets van die skouspel wou sien. Ook sal julle verstaan dat hulle oor die koppe van die volwassenes heen maar min kon sien en dat hulle daarom, gedrewe deur hul nuuskierigheid, in die nabysynde bome geklim het. Dit duur nie so erg lank nie totdat daar te min gasvrye bome vir die talle seuns was, en hulle op die takke rusie kry. Verskeie kere word daar wel gesê dat hulle hulself rustig moes hou, maar hierdie goedbedoelde teregwysings het min of niks gehelp nie!

[10] Ek en my vader sit op ons kamele wat ons as geskenk gekry het van `n Pers wat deur my vader van `n kwaadaardige siekte genees was; dit was albei tweebultiges, en derhalwe vir die ry baie gemakliker as die eenbultige. Ons kon daarom alles baie gemaklik bekyk. Nie ver van ons staanplek af nie, staan `n baie mooi hoë sipres, en op die takke daarvan, wat van nature al nie so sterk is nie, maak drie knape rusie. Elkeen van hulle doen alle moeite om sy gewig toe te vertrou aan die tak wat die sterkste daar uitsien.

[11] Maar omdat hierdie reeds erg bejaarde boom eintlik maar twee takke het wat sterk genoeg was om jou lewe daaraan te kan toevertrou, veg die drie knape om besit van die twee sterkste takke, en één van hulle was genoodsaak om hom met `n tak tevrede te stel wat eintlik maar `n twygie was. Die derde hurk op `n hoogte van altyd nog ruim vyf manslengtes op sy tak, wat meer twyg as tak was.

[12] Alles bly `n uur lank rustig tot daar teen die middag `n taamlik harde wind opsteek wat die top van ons sipres bedenklik heen en weer beweeg, en die rook van die sterk rokende offeraltaar in dik wolke juis in die gesig van hierdie drie knape dryf, sodat hulle hul oë moes toeknyp omdat hulle anders letterlik verniet in trane sou uitbars.

[13] Tydens hierdie hoogs bedenklike situasie kyk ek na die seun wat op die swak sytak hurk. Toe die rook regtig, jy sou sê, met bakke tegelyk in sy gesig gedryf word, sien ek skielik twee groot vlermuise wat om sy kop fladder raak. Hulle was so groot soos twee volwasse duiwe, en dryf die arme kêrel nog meer rook in die gesig.

[14] Ek maak my vader daarop attent en sê aan hom dat hier beslis baie binnekort iets onaangenaams sou gebeur. Ek vertel hom ook wat ek sien, en dat altwee die vlermuise vir my glad nie natuurlik voorkom nie omdat ek sien dat hulle nou eers groter en dan weer kleiner word.

[15] My vader lei sy kameel na die boom en roep na die seun dat hy so vinnig moontlik uit die boom moes kom, omdat hy andersins sou verongeluk. Of die seun die redelik hard gesproke woorde van my vader gehoor het of nie, kan ek skaars na waarheid sê, want ek sien steeds maar dit wat ek al vroeër vertel het, en hoe die hurkende seun hom in sy haglike situasie op die twyg steeds meer met die hand in die dik rook aangetaste oë begin vryf en byna halfblind moes wees.

[ 16] Omdat vader egter sien dat sy waarskuwende geroep na die seun totaal sonder uitwerking bly, verwyder hy hom van die onbetroubare boom, kom toe weer na my toe en vra my of ek nog steeds dieselfde sien. Volledig na waarheid bevestig ek die vraag, en besweer dat die seun onvermydelik ` n ongeluk sou oorkom as hy nie dadelik uit die boom gehaal word nie. My vader sê: ‘ Ja, my seun, wat kan ons daaraan doen?! ` n Leer het ons nie, en deur te roep kom die seun nie uit die boom nie, ons is daarom gedwing om dit af te wag wat God die Heer oor hierdie ongehoorsame seun sal laat kom.’

[17] My vader het nog maar net die laaste woord uitgespreek toe die swak tak, wat deur die voortdurende beweging van die seun te dikwels en te sterk heen en weer en op en af gebuig was, breek, waarop die seun wat nou natuurlik heeltemal geen steun meer het nie, vooroor van vyf manslengtes hoog met ` n groot slag op ` n klip wat onder die boom lê, val, waarby sy skedel ingeslaan word, sy nek breek en hy dus ook dadelik dood bly lê.

[18] Dit veroorsaak ` n konsternasie onder die volk; almal verdring mekaar rondom die verongelukte seun. Maar wat help dit, noudat die seun al dood is?! Die Romeinse wagte dryf ten slotte die volk uiteen, en dadelik word my vader geroep, wat die mense goed ken, om te ondersoek of die seun werklik dood was, of dat daar miskien nog met vrug pogings in die werk gestel sou kon word om hom weer tot lewe te wek. My vader ondersoek die verpletterde hoof en die nek van die seun, en sê: ‘ Hier help geen kruie en geen salf meer nie! Want hy is nie slegs enkelvoudig nie, maar tweevoudig dood, en sal in hierdie wêreld nie weer lewendig word nie!’


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205