|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 258
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die taal van die diere
258 Die gesig van die swarte klaar heeltemal op en hy sê: "Ja, ja, ja, - nou verstaan ek dit ook heeltemal en ek glo bowendien om nou ook nog baie te begryp van wat ek vroeër nooit so goed begryp het nie! So verstaan ons die taal van die diere kennelik volledig, en watter moeite dit is om die geringe aantal geluide van die diere op gevoelsmatige wyse en met hul natuurlike intelligensie van die siel te moduleer - waarvoor baie oefening natuurlik `n vereiste is, - ek kan letterlik met die diere, net soos met mense, praat en baie belangrike sake van hulle te wete kom. Ek het dit self probeer, maar ek het dit toe tog nie tot `n verstaanbare taal kon bring nie, omdat my organe nie daarop ingerig was en ook nou nog nie ingerig is nie; maar ek verstaan alles wat `n willekeurige dier met sy eie soort bespreek.
[2] So het ek eendag tuis by die Nyl naby my omgewing twee sivetkatte gehad wat nie geweet het dat ek in hul omgewing was nie, heel duidelik die volgende teenoor mekaar hoor spreek: Die duidelik herkenbare mannetjie sê vir die wyfie: ' Ek is beangs oor die kinders wat stroomafwaarts `n dagreis van hier af jag maak op krokodileiers! Ek is bang dat ons oudste seun, wanneer hy lomerig en met `n vol buik gaan lê en rus, deur `n bose adelaar gepak, en in die lug meegeneem gaan word, en vervolgens op `n rots jammerlik verskeur en tot op die been opgevreet gaan word! As ons albei baie gou hardloop, sal ons die ongeluk nog kan voorkom! Teen die aand kom die leeus en tiers na die Nyl toe om te drink, dan sal dit tog vir ons te gevaarlik wees; laat ons dus nou gou van hierdie plek af weggaan waar tog nie baie uit te haal is nie, dan het ons op die lang weg daarheen geen gevaar te verwag nie en red ons ons oudste seun!' Toe rig die wyfie haar op en sê niks anders nie as: 'Laat ons dan met ons gewone snelheid hardloop!' En toe die wyfie dit sê, gaan hulle dadelik pylsnel vandaar langs die Nyl af.
[3] Na `n dag of veertien kom ek weer op dieselfde plek aan, omdat ek die gevoel gekry het dat daar nou `n hele familie sivetkatte hulle tuisgemaak het. Ek loop daar so geruisloos as moontlik en vind sewe sivetkatte op `n sandbank, wat daar rond stoei en rondskarrel en almal pla almal. Die keer neem ek egter ook my dienaar saam, omdat hy baie goed met baie soorte diere kon spreek.
[4] Toe ons beide baie rustig en stil agter `n bossie die plek aan die rivier nader en hul opmerkings baie goed kon hoor, sê die welbekende wyfie vir haar mannetjie: 'Kyk eers na daardie bossie; daaragter staan twee mense en loer! Laat ons vlug, want hulle kan jy nooit vertrou nie!' Daarop snuffel die mannetjie `n paar maal in ons rigting en sê toe vir die wyfie: 'Wees maar rustig, vroutjie! Ek ken beide en hulle is nie slegte mense nie en hulle sal ons beslis geen kwaad aandoen nie. Hulle verstaan ons en één van hulle sou selfs met ons kon praat as hy dit sou wil. Ons sal nog `n goeie gesprek met hulle hê en dan sal hulle ons melk en brood te ete gee!'
[5] Toe word die wyfie rustig en begin weer vrolik rond te huppel en te spring; want dit gee haar baie genot dat sy haar seun, wat hom in groot gevaar bevind het, gered het. Die seun was ook `n besondere mooi geboude dier en toon `n sekere gevoel van eiewaarde, wat mens in ons menslike morele sfeer trots sou kon noem.
[6] My begeleider dink, dat ons nou sonder beswaar die opgewekte geselskap van sivetkatte baie rustig sou kon nader sonder dat hulle vir ons op die vlug sou slaan. Ons doen dit en sien, die ou mannetjie was op sy manier selfs hoflik teenoor ons en wys ons `n gerieflike plek aan van waaruit ons mag toekyk, maar sê tewens dat ons nie op die sandbank mag kom nie, omdat daarin baie krokodileiers begrawe lê en hy nou besig was om sy kinders te leer in die opspoor van hierdie gewilde eiers.
[7] Ons doen dit en my dienaar gee die mannetjie die volledige versekering, dat hy en sy geselskap nie net niks te vrees het nie, maar dat ons hulle die hele tyd wat hulle hul daar ophou, ryklik van brood en kaas sou voorsien. Toe sê die mannetjie: 'Dit is uitstekend en daarvoor sal ek vir jou die rivier suiwer van alle krokodileiers. Maar wag met jou goedheid nog twee volle dae; want my kinders moet eerste deur honger genoodsaak word om die krokodileiers te verdelg, dan eers op die derde dag moet die soetsmakende loon op sy plek wees!'
[8] Daarop vra die dienaar weer aan die mannetjie, hoe die krokodileiers dan in hierdie streek gekom het, omdat mense in die stroomgebied immers nog nooit `n krokodil gesien het nie. Toe sê die mannetje: 'Die krokodille is baie slim en ken die natuur goed. Hulle weet deur hul aard en hul ervaring, dat dit in die streke stroomopwaarts beter en gesonder vir die ontwikkeling van hul eiers is as in die gebied stroomafwaarts. Daarom sluip hulle dadelik na die reëntyd snags swemmend hierheen, en nog etlike dagreise verder van hier opwaarts tot aan die gebied waar die stroom te sterk word, en begrawe daar `n onnoemlike aantal eiers in die warm sand. As hulle daarmee klaar is, presies in die tyd dat julle grotmense net soos ons as gevolg van die modder die oewers van die stroom nie maklik kan bereik nie, dan gaan hulle snags weer swemmend na die laere gebiede terug, waar ryk kuddes is waarop hulle altyd snags met baie sukses kon jag. Sodra die jonges hier uit hul eiers kom, kruip hulle dadelik na die water en swem dan heel gemaklik daarheen waar die ou krokodille hulle gewoonlik bevind. Daar vind hulle ook dadelik voedsel en groei baie gou. Omdat ons egter goed weet waar hul voedsaamste eiers te vinde is, soek ons dit op, probeer om soveel moontlik daarvan te vernietig en voed ons met hierdie kos, wat `n lekkerny vir ons verhemelte is. Net met die opspoor gaan dit in die begin nie so maklik nie, en bowendien val baie vyande ons nog dikwels lastig; die een is `n magtige bewoner van die lug, die adelaar, en die tweede is die verwenste klapperslang. Maar as ons as `n groep bymekaar is, kan hulle ons niks aandoen nie. - Maar let nou op hoe ons die eiers soek, vind en dadelik ook sal vernietig!'
[9] Daarop spring die mannetjie by ons weg en maak -vir alle menslike ore- piepende eentonige, ongeartikuleerde geluide waarvan ek die betekenis nie so presies begryp nie; maar my skerphorende dienaar sê, dat die mannetjie nou opdrag gegee het om die eiers op te soek. En werklik, die diertjies begin met die neuse in die sand te vroetel en te snuffel, en sodra hulle `n plek vind waar hulle in die sand `n laag eiers kry, laat hy `n baie spesiale geluid hoor, grawe baie gou dieper in die sand en lê die eiers bloot, waarna die vernietiging van die buit begin. Hulle eet egter slegs die kleinerige eiers; die grotes byt hulle wel stukkend, maar werp hulle dan heel behendig met die voorpote in die water. Daarna begin die jag egter dadelik weer van vooraf.
|
|
|
|
|