Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oor die opvoeding van kinders

124 (Die Heer:) "Daar moet weliswaar onderlinge verskille tussen die mense wees, maar niemand word, wat sy siel betref, so sleg toegerus in hierdie wêreld geplaas dat hy heeltemal materie sou moes word nie. Want nie één mensesiel kom in die liggaam sonder `n vrye wil en `n eie intelligensie nie.

[2] Die belangrikste rede vir die bederf van mensesiele lê hoofsaaklik in die aanvanklike opvoeding wat gewoonlik op apeliefde berus. Die mense laat die boompie groei soos wat dit groei en dra deur misplaaste verwennerye nog alles moontlik daartoe by om die stam maar regtig krom te laat groei. Is die stam egter eenmaal verhard, dan help alle pogings tot regbuig gewoonlik min of niks meer nie; `n eenmaal krom gegroeide siel sal selde of ooit weer `n heeltemal reguit stam word!

[3] Buig daarom al julle kinders reg tydens hulle jeug, waarin hulle maklik te lei is, dan sal daar weldra nog maar sporadies so `n erg materialistiese siel te vinde wees wat die geestelike nie sou kon begryp nie en hom nie maklik sou voeg na die regte daad op die paaie van die ware Goddelike lewensorde nie! Dink goed daaraan; want daarom het Ek julle die liggaamlik-omhulwording van `n siel in die moederliggaam getoon!

[4] `n Kind is tot aan die sewende jaar altyd nog veel meer dier as mens. Want wat by die kind mens is, lê meestal nog in diepe slaap versonke. Omdat `n kind dus veel meer dier is as mens, het hy ook maar net baie dierlike en daarby uiters min werklik menslike behoeftes.

[5] Gee hulle slegs die nodigste! Maak hulle vroegtydig gewoond aan die ontbering van allerlei dinge, prys die brawes nooit te oordrewe nie, wees egter ook nie te hard teenoor diegene wat minder begaafd en braaf is nie, maar behandel hulle met ware liefde en geduld.

[6] Laat hulle hul oefen in allerlei goeie en nuttige dinge, en maak die kind, al is hy hóé goed en braaf, nooit ydel of egoïsties nie en laat hy homself nooit oorskat nie. Ook moet mens kinders, veral as hulle mooi is, nooit deur mooi en duur klere nog ydeler en trotser maak as wat hulle alreeds van nature is nie. Mens moet hulle suiwer hou, daar egter nooit `n soort huisgodjie van maak nie, dan sal mens hulle vanaf die geboorte reeds op dié weg bring wat hulle in hul rypere jeug daar sal bring waar julle almal nou eers deur My gekom het.

[7] Die maagd sal kuis en sedig die staat van eerbare moeder bereik en die jongeling sal met `n siel wat tot dié van `n man ryp geword het en `n helder gees daarin het, man word en `n seën wees vir sy mense en vir die aarde en al haar skepsele.

[8] Maar as jy te veel toegee aan die dierlike luste en hartstogte van jou kinders, sal jy daarmee ook vir alle ondeugde `n nuwe en breë poort oopmaak, waardeur hulle in groot menigtes onheilbringend hierdie wêreld sal binnedring; en as hulle eenmaal daar is, sal julle tevergeefs met allerlei wapens teen hulle in stryde wees en niks uitrig teen hul mag en groot geweld nie!

[9] Versorg daarom die boompies sodat hulle reëlreg hemelwaarts groei en suiwer hulle sorgvuldig van alle wilde vergroeiing; want as die bome eenmaal groot en sterk geword het en hulle stam lelike kronkels het, wat ontstaan het deur die slegte winde, dan sal julle dit ondanks al julle kraginspanninge nie weer reguit kan buig nie!

[10] Voorheen het julle die klompe van vuurtonge voor julle gesien. In die los, vrye toestand van hulle sieledeeltjies was nog lank nie vasgelê dat daaruit nou juis `n eselin moes ontstaan nie; eers na die daaropvolgende bevel van die engel, het die fundamentele dele begin om hulle sodanig tot `n organisme te verenig dat die vorm wat uiteindelik nodig was vir die wese van `n esel daaruit te voorskyn moes kom.

[11] Maar noudat die esel heeltemal volledig daar staan, is verandering na `n ander dier byna nie meer moontlik nie! Daar is weliswaar niks by God onmoontlik nie, maar dan sou hierdie esel tog eers heeltemal ontbind moes word en alle grondeienskappe sou hulle tot `n heel ander organisme moes saamvoeg, met aanneming van nuwe karakteristieke eienskappe en afstoting van talle wat nou die wese van `n esel bepaal. Dit sou egter tog sekerlik honderde kere meer moeite en werk wees as om uit die oergedagte in die regte verhoudings `n algeheel nuwe wese te skep wat nog nooit vroeër hierdie aardbodem betree het nie.

[12] So kan ook gemaklik van `n kind alles gemaak word, terwyl `n man of `n grysaard min of niks meer sal aanneem nie.

[13] Wees daarom vóór alles bedag op `n korrekte en goeie opvoeding van julle kinders, dan sal julle hierdie volle evangelie van My maklik aan die nuwe volke kan verkondig en die goeie saad sal ook op `n goeie en suiwer bodem val en `n honderdvoudige oes lewer! As julle egter julle kinders laat grootword soos die ape hul jonges, dan sal hulle as onkruid julle dieselfde laat oes as wat ouers van aapkinders oes: ‘Wat die ouers versamel, verbruik en verniel hul kinders moedswillig; en as die ouers hulle van hul euweldade wil afhou, wys die liewe jonges dadelik hul skerp tande en verjaag hulle die ouers.’"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205