|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 256
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die uitstralende lewensfeer van die siel en die van die gees
256 (Die Heer:) "Ag, as die gees tydens `n sekere geestesvervoering vir enige oomblikke die volmaakte siel met sy uit die oerlewe afkomstige vuureter deurstraal, word dit op `n afstand gevoel, gehanteer en word baie versterk. Die siel is in sulke oomblikke in staat om selfs tot aan die baie ver weg staande sterre te reik en dit daar heel presies te oorsien; maar wanneer die gees hom weer volgens die orde in die siel terugtrek, reik die werksaamheid van die siel met haar suiwere, uitstralende lewensfeer slegs in die gunstigste geval tot daar waar sy nog iets vind wat elementêr met haar ooreenkom. Haar uitstralende lewensfeer lyk soos die uitstraling van `n aards sigbare lig. Hoe verder mens van die vlam af staan, hoe dowwer en swakker word 600 dit, tot daar van die uitstraling ten slotte niks meer oorbly as nag en duisternis nie.
[2] Maar so is dit nie met die uitstralende lewensfeer van die gees nie. Dit is as die eter wat die algehele, eindelose ruimte in gelyke mate vervul. Sodra die gees dus eenmaal, wanneer hy vry in die siel deurbreek en in beweging kom, word ook sy uitstralende lewensfeer op dieselfde oomblik eindeloos ver geaktiveer, en sy sig, gevoel en werking reik dan sonder die minste beperking net so eindeloos ver na buite as die eter, wat die ruimte tussen en in die skepping volledig vul; want hierdie eter is - onder ons gesê - eintlik geheel identies met die ewige lewensgees in die siel, wat slegs `n verdigte brandpunt is van die algemene lewenseter wat die algehele oneindigheid vervul. Sodra die lewensgees, uitstralend uit die siel, met die vrye eter van die ruimte in kontak kom, verenig sy gevoel, denke en sig oombliklik met die oneindige, vrye lewenseter en gaan sonder om te verswak tot in die eindelose verte, in die groot lewenseter in die eindelose ruimte, - wat alles omstroom en deurdring, wat orals voel, sien, dink, en sy wil bewerkstellig. Dit bewerkstellig dan ook op dieselfde oomblik dat die afsonderlike gees in die siel; sien, voel, dink en wil, solank die siel deur haar gees deurdronge word en die gees in verbinding staan met aan hom baie nou verwante, oneindige en algemene, vrye lewenseter in die ruimte.
[3] Die verskil tussen die uitstralende lewensfeer van `n siel as sodanig, ook al is dit nog so volmaak, en die uitstralende lewenseter van die gees is dus soos wat heel maklik te verstaan is, eindeloos en onuitspreeklik groot. Julle sal nou wel enigsins begin te vermoed hoe dit vir `n gees moontlik is, om hom met sy gevoel, sy denke, sy wil en sy uitwerking oor `n onbeperkte groot afstand te verplaas, ja die gehele oneindigheid as sodanig te deurdring, omdat hy in die gehele, ewige oneindigheid volkome ononderbroke op alle punte van die gehele, ewige ruimte onverminderd een en dieselfde is.
[4] Ook al is dan, deur die inwoning in die siele, deel van die algemene gees van elkeen afgesonderd, tog vorm hulle steeds `n volmaakte eenheid met die algees, sodra hy die siel ten gevolge van die hiervoor vereiste wedergeboorte van die gees, geheel deurdring. Hul individualiteit bly egter volkome gehandhaaf, omdat hulle, deurdat hulle lewensbrandpunte is in die siel met haar menslike vorm, ook dieselfde vorm besit en daardeur met hul siel, wat eintlik hul liggaam is, as geeste wat alles op dieselfde wyse sien en voel ook noodsaaklikergewys dit voel en uiters helder waarneem. Almal kan streng persoonlik in hul omsluitende rede dan ook `n siel, sodra dit deur haar gees geheel en al vervul is, ook alles sien, voel, hoor, dink en wil, omdat sy op die wyse dan volledig één is met haar gees.
[5] As daar by julle nou by hierdie goed begryplike uitleg nog geen lig oor die wese van die gees en sy vermoëns opgegaan het nie, dan sal Ek Self verder werklik nie meer weet op watter wyse Ek dit nog duideliker sou kon maak vir julle geestelike wedergeboorte in julle siel nie! Sê daarom nou reguit of julle My nou eindelik op die baie belangrike punt goed begryp het!"
|
|
|
|
|