Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Opvoeding tot nederigheid

83 (Die Heer:) "Maar hoe kan `n mens hom dan beskerm teen hierdie allergrootste ondeug, terwyl die kiem daarvoor tog in elke siel aanwesig is en heel dikwels by kinders reeds ver deurgedring is? Dit is net deur nederigheid moontlik!

[2] En juis ter voortdurende beteueling van hoogmoed, is daar op hierdie aarde onder die mense soveel meer armoede as rykdom. Plaas by wyse van proefneming `n koningskroon op `n arm bedelaar se kop, dan sal jy al gou merk dat sy vroeëre nederigheid en geduld vinniger as blits verdwyn. Daarom is dit goed dat daar maar weinig konings en baie deemoedige bedelaars is.

[3] Elke siel het `n hoogheidsgevoel wat volgens God se idee en wil uit Hom geërf is. Die bestaan van hierdie hoogheidsgevoel kan mens goed aflei uit die skaamtegevoel van kinders.

[4] Die skaamtegevoel van kinders is `n gewaarwording van die siel, `n gevoel wat op `n gegewe oomblik by haar opkom. Hierdie gevoel manifesteer woordeloos die ontevredeheid van die siel wat tog iets geesteliks is, oor die feit dat sy haar beklee sien met `n plomp en onhandelbare liggaam waarvandaan sy sonder pyn nie kan wegkom nie. Hoe teerder en gevoeliger die liggaam van `n siel is, des te sterker sal ook haar skaamtegevoel wees. As `n goeie opvoeder van die kleintjies nou die kuns verstaan om hierdie onuitroeibare gevoel te omvorm tot ware nederigheid, dan word hierdie gevoel vir die kind `n beskermgees en plaas hy die kind op die pad waarop hy, as hy daarop verder gaan, maklik al vroeg tot geestelike volmaaktheid kan kom. Maar as die leiding van hierdie aangebore gevoel ook maar enigsins van die regte rigting afwyk, kan dit dadelik aanleiding gee tot hoogmoed en trots.

[5] Om die skaamtegevoel te omvorm tot sogenaamde kinderlike eersug, is heeltemal verkeerd, want dan begin `n kind dadelik dink dat hy beter is as `n ander. Hy word gou beledig en geraak en ween bitter trane daaroor; met hierdie gehuil gee hy helder en duidelik te kenne dat hy deur iemand in sy eer gekrenk is.

[6] As swak en kortsigtige ouers dan probeer om die beledigde kind te kalmeer deur die belediger van die kind, ook al is dit slegs vir die skyn, tot verantwoording te roep en straf te gee, het hulle reeds by die kind die eerste kiem gelê van die stil van die dors na wraak. Sou die ouers hulle kind altyd op hierdie wyse kalmeer, sal dit dikwels tot gevolg hê dat hy sowel vir hulle as vir baie ander mense `n duiwel sal word. Maar as die ouers verstandig is en die kind vroegtydig al voortdurend wys op die grotere waarde in ander mense en kinders, en so die skaamtegevoel ombuig tot ware nederigheid, sal hulle van hulle kinders engele maak, wat later as egte lewensvoorbeelde die ander met hulle lig sal voorgaan as stralende sterre in die nag van die aardse lewe, en wat hulle sal verkwik met hulle sagmoedigheid en geduld.

[7] Maar omdat kinders slegs selde so `n opvoeding kry waardeur hulle gees in hulle siel gewek sou word, moet die volwasse, tot suiwerder insig gekome mens vóór alles daarvoor sorg dat hy sy uiterste bes sal doen om tot ware en werklike nederigheid te kom. Solank hy nie die laaste reste van hoogmoedigheid in homself uitgeroei het nie, kan hy nóg hier, nóg in die hiernamaals oorgaan tot `n volledige voltooiing van die pure geestelike, hemelse lewe.

[8] Wie by homself wil vasstel of hy volkome nederig is, moet hom innerlik afvra of daar nog iets is wat hom kan beledig, of hy sy ergste beledigers en vervolgers maklik van ganser harte sal kan vergewe en aan diegene goed kan doen wat hom kwaad aangedoen het, of hy so nou en dan nie enige verlange voel na wêreldse glorie nie en of hy dit selfs aangenaam vind om hom die minste onder die minstes te voel en om enigeen in alles te kan dien! Wie dít alles sonder verdriet en weemoed kan, is reeds híér iemand wat tuishoort in die hoogste hemele van God en hy sal dit ewiglik bly, want deur so `n ware nederigheid word nie alleen sy siel heeltemal één met haar gees nie, maar ook die grootste deel van sy liggaam.

[9] Daarom sal so `n mens ook nooit die dood van die liggaam voel en smaak nie, omdat die hele eteriese deel van die liggaam - die deel wat eintlik die natuurlik lewende is - reeds híér saam met die siel en haar gees onsterflik geword het.

[10] Deur die fisiese dood word slegs die gevoel- en lewelose skadugedeelte van die siel losgemaak. Daarvan kan die siel geen angs en geen verdere pyn meer ondervind nie omdat alles wat in die liggaam gevoel het en dus lewend is, homself reeds lankal verenig het met die siel. Daarom kan so `n volledig gevormde mens van die afval van die tog al gevoellose en dus dooie, uiterlike skadulewe dan ook net so min voel as wanneer `n mens tydens sy ten volle natuurlike lewe sy hare knip of die naels waar dit te lank geword het, of wanneer `n velskilfer afval, wat hom hier en daar van die tog al gevoellose opperhuid van die liggaam losmaak. Want wat aan die liggaam nooit enige gevoel gehad het nie, kan ook geen gevoel hê wanneer die siel die liggaam volledig verlaat nie, omdat al die gevoelige en lewende van die liggaam hulle alreeds tevore heeltemal met die siel verenig het en nou één wese daarmee vorm, wat nooit daarvan geskei kan word nie.

[11] Nou sien julle wat ware nederigheid is en wat dit doen; lê julle in die vervolg dus op hierdie deug toe! Wie dit, wat Ek nou vir julle gesê het, getrou navolg, sal by homself konstateer dat hierdie eenvoudig te verstane woorde, hoewel dit alles gegee is sonder enige oratoriese, niksseggende verfraaiing, nie afkomstig is van `n mens nie, maar van God. En wie daarvolgens leef en handel, wandel op die goeie weg na die ware, innerlike, geestelike voltooiing van die lewe. - Maar sê jy nou vir My ook of dit alles vir jou heeltemal duidelik en verstaanbaar geword het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205