|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 242
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Skynbare onregverdighede by die lyding van siele hier en aan die ander kant
242 (Mathaël:) "Wel, in hierdie wêreld het menigeen dit nog danig goed! `n Mens skep vir hom êrens so goed `n mens maar kan en wil `n paradysie. Daarvoor moet duisende ander natuurlik ly, omdat hulle beslis nie die kuns so goed verstaan om vir hulleself `n paradysie te skep soos die slimmes nie! Daardeur ly hulle skade aan hulle siele deur afguns en boosheid - en die besitter van die paradysie - ook deur pure wellus en oorvloed! Die eersgenoemde is verdoem deur nood en ellende - en die ryke vanweë sy luukse lewe!
[2] Laat ons dit nie hê oor die verhoudinge wat hier aan hierdie kant heers nie, want dit is die vrug van die verdorwenheid van die siel, wat ons nou grondig ken, maar laat ons onsself eers rig op die meer as ysingwekkende gevolge in die toekomstige, groot hiernamaals! Die hare rys ten berge net deur `n ernstige gedagte aan die meer as afgryslike erbarmlike toestand waarin so `n verdorwe siel teregkom! Watter vloek is kleurryk genoeg om dit deur `n menslike mond te laat beskrywe?! Slegs die grootste kwellinge van die vuur, wat in die siel self woed, kon haar deur middel van `n onbeskryflike gevoelige les in `n ietwat draagliker toestand bring, waarvoor so-iets altyd as `n ewigheid, in die tyd gesien, nodig is! Hoe ontsettend baie siele sal dus vanaf nou, eers oor miljoene jare goed in die diepste en ysingwekkendste ellende teregkom, om haarself eers weer na nogmaals miljoene aardse jare maar net `n haartjie vryer en sodoende draagliker te kry!
[3] Heer, Ek formuleer dit presies volgens U eie woorde en voeg niks daaraan toe nie, maar haal ook niks daarvan af nie! As ek nou aan die een kant U Almag, Goedheid en Liefde in aanmerking neem, en aan die ander kant die fundamenteel beslis onverdiende verdorwenheid van elke ellendige siel en die haas ewigdurende gevolge van die meeste ysingwekkende aard en uiteindelik al die onbeskryflike kwellinge van `n hemel van die saligheid, wat daar nouliks `n haar beter uitsien as `n goedversorgde plek vir slawe op hierdie goeie moeder aarde, dan moet ek aan U ondanks alle gunste wat U, o Heer, my geskenk het, openlik beken, dat ek dit met my verstand baie vreemd vind, en dat ek as mens, geseënd met `n meelewende gemoed, `n ongeregtigheid daarin ontdek, vergeleke waarby alle grootste en ten hemel skreiendste ongeregtighede wat deur die mense begaan is, totaal in die niet verdwyn. En ek bedank U eerbiedig vir so `n bestaan, mag dit ten slotte uitloop op wat dit maar wil!
[4] U het reeds baie duidelik laat sien, o Heer, hoe elke mens om voor U aangesig te kan bestaan, homself as wese moet vorm en hoe U hom slegs die geleentheid daartoe en verder niks kan bied nie. Kortom, dit alles sien ons nou baie goed in en dit hoef nie verder aan ons uitgelê te word nie. Maar die mensesiele, wat reeds meer as duisend jaar gelede op dieselfde wyse `n liggaam gekry het en dan op dieselfde wyse opgevoed was soos wat dit jammer genoeg nou gebruiklik is, in die hiernamaals daardeur byna vir ewig moet ly om maar `n haartjie beter te word, dit kom vir my in elk geval baie hard voor! U leer ons self om met, gematigdheid, sagtheid en welwillendheid met siek siele om te gaan! Maar as aan `n siek siel, wat hier op hierdie wêreld nie genees is nie, maar nog heeltemal siek na die hiernamaals gaan, geen vonkie van enige liefde en sagtheid meer bewys en betoon kan of mag word nie, dan dink ek tog ook dat barmhartigheid en liefde hier in die plek sou kon kom van die te strenge orde en geregtigheid!
[5] Ek wil baie graag toegee dat `n volmaakte lewe van die siel, verenig met die Gees van God, die hoogste goed is, maar die ervaring leer daarnaas tog ook weer dat `n goeie baie aan waarde verloor, as mens dit te lank en onder groot moeilikhede moet soek.
[6] Iemand wil trou. Hy ken reeds die gekosene van sy hart. Maar as hy om haar hand vra, word `n voorwaarde aan hom gestel waaraan hy met alles eers na duisend jaar geheel aan sou kon voldoen en die daaraan verbonde moeilikhede bykans onoorwinlik is! Ja, is dit dan so `n groot wonder as so `n mens ten slotte in sy hart heeltemal geen begeerte meer na die uitverkore, voorgenome vrou het nie, en lankal met `n meisie van `n baie geringer afkoms trou, wat aan hom heel aanvaarbare en vervulbare voorwaardes gestel het?
[7] Daarin, o Heer, bestaan is my beswaar, wat hopelik baie goed gemotiveerd is, en miskien `n swak punt in my hart is! Ek stel aan U hierdie vraag, omdat U ons Self almal uitgenooi het om vrae te stel oor onbegryplike sake! As U dit wil, sal U my tog dan in U barmhartigheid voorlig?"
|
|
|
|
|