Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Zorel se verdere verontskuldiging

68 Die nuuskierigheid van die vroue was weliswaar groot, maar die uitwerking van My woord was tog sterker en almal gaan na die tente van Ouran, waar hulle solank moes bly totdat die mense hulle weer sou roep.

[2] Toe die vroue hulle onttrek het, sê Johannes vir Zorel: "Wel, hoe staan dit nou met die afskiet van jou gespanne boog? Ek glo dat jy al jou puntige pyle in die lug geskiet het sonder om êrens iets te getref het. En tog wou jy vroeër selfs `n geveg aangaan met die oneindige wysheid van God! Ek raai jou aan om nou te praat, as jy nog iets kan sê!"

[3] Zorel antwoord uiteindelik: "Wat moet ek dan nog sê? Die gode mag weet hoe, maar jy weet tog al alles wat ek vanaf die wieg gedoen het, waarom moet ek jou dan nog meer vertel? Ek sou graag nog iets wou sê, maar waarom sou ek my nog verder verdedig? Soos wat ek was, en vir die grootste deel nog is, so gedra ek my ook; want ek kan tog nie anders handel as wat my hart my ingee nie! Kan leeus of tiers iets daaraan doen dat hulle wilde diere is? Dit is nou eenmaal hulle natuur, en hulle is tog beslis nie deur en deur verkeerd omdat hulle is soos wat hulle is nie! As hulle sleg is, het slegs die een skuld wat hulle so geskape en gemaak het!

[4] Waarom kan daar duisende mense makker as lammers wees en waarom is ek dit dan nie?! Het ek dalk myself geskape en so gemaak? As ek egter maar net sleg sou wou wees, dan sou ek nou alles wat jy ook maar deur jou wysheid oor my gesê het, nog heeltemal kon ontken, want die wyse uitsprake van één enkele mens geld by ons vir die forum van die wêreldse reg nooit as bewys solank dit nie deur uitsprake van ander getuies geheel en al bevestig is nie. Maar ek erken jou wysheid en dink dat jy `n mens is wat my nou nie wil skaad nie, maar slegs wil help en daarom beken ek dat wat jy oor my vertel het, waar is. Ek loën die waarheid van dit alles nie in die minste nie, maar ek sal my tog altyd nog wel mag regverdig!

[5] Dit staan jou egter sonder meer vry om alles hardop te vertel wat ek ten gevolge van my daartoe neigende aard gedoen het; want meer as dood kan julle my nie daaroor maak nie, en die dood kan ek moedig in die hol, duistere oë kyk, want daarvoor is ek nie bang nie! Daaruit kan jy reeds uitmaak dat ek geen groentjie meer is nie. As aan jou uit my ploertige lewe miskien nog `n paar skouspelagtige dinge bekend mag wees, kom dan maar daarmee na vore, want niks ter wêreld kan my nou al meer steur nie!

[6] Origens het jy met betrekking tot die vyf meisies bietjie oordryf toe jy my daarvan beskuldig om maar slegs spyt oor hulle te gehad het vanweë die aanmerklike wins wat my ontgaan het deur hulle dood, wat trouens nie maar net te wyte was aan `n geringe verkragting nie, maar aan die hertoetrede van `n gevaarlike kwaal. Ek sou selfs etlike geloofwaardige getuies kon oproep wat gehoor het dat ek Zeus vurig gebid het om die vyf meisies vir my te bewaar, en ek lê voor die gode `n eed af dat ek die meisies vir altyd as dogters by my sou hou as hulle gesond sou word en in die lewe sou bly. Toe egter, ondanks alle sorg, al vyf in die verloop van dertig dae tog sterwe, was ek ontroosbaar en lê nogmaals `n eed af om geen meisies weer aan te raak en geen slawehandel meer te dryf nie. Daaraan hou ek my tot op hede en juis daarom het ek ook hierheen getrek en het ek my besittings gekoop, waarvan ek deur die vuur nou alles verloor het wat ek vir my ooit êrens verwerf het. - Sê jy nou eers of ek ook hierdie keer onwaarheid gepraat het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205