Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 192

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Oor die wesenlike van Isis en Osiris

192 Die aanvoerder sê: "Broers en susters, ons glo dit omdat ons nou oog-en oorgetuies is van wat hier voor ons is en bestaan! Alle menslike wysheid, alle denkvermoë en selfs die suiwerste en nugterste verstand kan nie verstaan dat dit ooit moontlik sou wees om ook maar te dink aan wat hier is en wat hier vertoef nie.

[2] O, julle het geen vermoede daarvan en julle kan ook geen idee vorm van wat hier is nie! Aan die hand van my visioene wat ek gehad het, het ek my van wat my hier te wagte sou staan, iets byna soortgelyk onmeetlik groots voorgestel; maar selfs my hoogste en dapperste gedagte durf en kon nie reik tot iets wat so onmeetlik en oneindig sou wees nie en tog is dit so en daar is dit, onmiskenbaar voor ons verbaasde oë!

[3] Julle weet waaroor ek en die owerste in Memphis `n jaar lank in julle teenwoordigheid duidelik verstaanbaar bespreek het, alhoewel die owerste dikwels gemeen het dat dit voldoende was as ek alleen in sy diepe wysheid ingewy sou word. Maar ek het gesê: ‘Kyk meester, dit is my broers en susters! Geeneen van hulle is ook maar iets minder as ekself nie, daarom moet u, meester, ter wille van my geen geheime vir hulle hê nie!' En daarna het hy altyd so duidelik gepraat dat elkeen dit kon hoor.

[4] Toe hy ons na ongeveer `n halfjaar na Kar-nag by Korak bring om daar vir ons die vanouds beroemde sluier van Isis te onthul, was meer as die helfte van julle ook daarby en julle het net soos ek alles gehoor en gesien.

[5] Ons sien daar twee merkwaardige beelde: ten eerste die van Isis (Isis) (die voedingskrag van die oerlewe), agter `n dik sluier verborge en daarnaas die beeld van Osiris (Ou-sir-iez; die weiveld van die suiwere, geestelike mens).

[6] Die eerste beeld was dié van `n kolossale vrou waarvan die bors heeltemal bedek was met borste; daar het na bewering op `n tyd, in plaas van die deur ons besigtigde vrou met die talle borste, ook wel `n koei gestaan het.

[7] Die tweede beeld, dié van Ou-sir-iez, (Osiris) stel `n merkwaardige wese voor. Op `n groot, weelderig begroeide weiveld staan `n man, omgewe deur `n groot aantal kuddes wat ywerig wei en die merkwaardige man staan in die midde van allerlei vrugte in die houding van iemand wat eet.

[8] Met hierdie twee beelde stel die Egiptenare, soos wat julle self uit die mond van die wyse owerste gehoor het, eers versluierd die oerbestaan voor van die Goddelike wese wat skep en al die geskapene voed en onderhou - en met die tweede, nie-versluierde beeld al die geskape, lewende en verterende wesens van die hele skepping.

[9] Toe begin die owerste aan ons almal die Wese van die enigste, ewige, altyd skeppende God met woorde van diepe wysheid te verduidelik en ons besef dat daar `n almagtige, uiters wyse oerwese moet wees waaruit alle wesens in die hele, ewige oneindigheid ontstaan het en wat nou ook steeds deur Hom gevoed en onderhou word.

[10] Hierdie oergoddelike Wese is vir niemand ook maar sigbaar of begryplik nie, omdat Hy die hele oneindigheid vervul en heel verborge orals aanwesig en teenwoordig is, sowel in ruimte as tyd, wat die rede is waarom die beeld van Isis steeds bedek was. Niemand kon en mag die geweldige sluier van Isis oplig nie, behalwe die opperpriester net by bepaalde, besonder heilige geleenthede; maar selfs hy mag vir die volk slegs maar net die onderste rand van die soom oplig.

[11] Julle het toe `n buitengewone eerbied vir die oergodheid gekry en ek nie minder nie. Op die pad vanaf Kar-nag (Nie naak nie, dus bekleed en versluierd) na Ko-rak (deemoedig soos `n kreef) word oor niks anders as die oergodheid gepraat nie en die owerste gee ons by elke boom, waarvan die binneste ook vir elkeen se oë bedek is, `n uitleg oor die gesluierde beeld van Isis en ons verbasing en ons eerbied styg met elke tree van die kamele wat ons dra.

[12] Ons begin om in elke voorwerp van die natuur die raaiselagtige beeld van die verborge en versluierde I-sis te sien, en die owerste verheug hom baie oor ons, sy swart leerlinge en ons sien ná Karnag die hele natuur met totaal ander oë aan as voorheen.

[13] Watter heerlike en lang gesprekke voer ons daarna en watter eerbied vervul ons hele gemoed as ons tydens ons vrye ure, wanneer ons geen werk het nie, ons gedagtes en woorde na die een, ewige oorspronklike Godwese rig! Hoe dikwels het ons so met die goeie en wyse owerste daaroor gepraat watter naamloos salige gevoel in die mens moes opwek as dit op die een of ander wyse moontlik sou wees om net eenmaal `n woord van die hoogste Godwese - ook al was dit maar net saggies, maar duidelik - in die hart en gemoed te hoor!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205