|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 87
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Cornelius en Zorel hou samesprekings oor wonders
87 Almal val nou weg en eet flink en vrolik; veral RafaEl trek weer sterk die aandag deur `n aantal groot visse te neem en dit wonderlik vinnig te verorber, wat Zorel en Zinka nogal opval; veral Zorel, wat nog glad nie weet wie die jongman is nie. Daarom vra hy aan Cyrenius hoe dit moontlik is dat die jongeling so verskriklik gulsig die grootste visse kan opeet, terwyl hy tog glad nie soos `n veelvraat daar uitsien nie.
[2] Daarop antwoord Cyrenius hom: "Die jongeling is `n wonderbaarlike wese; hy is mens en gees tegelyk, in hom lewe `n krag en `n mag waarvan jy nog nooit gedroom het nie. My broer Cornelius, wat naas jou sit, kan dít beaam!"
[3] Daarop vra Zorel aan Cornelius wat daar dan so besonders met die jongeling aan die gang is.
[4] Cornelius sê: "Kyk, beste Zorel, dit is soos wat my broer dit al vir jou gesê het; meer kan ek jou oor sy wonderbaarlike wese nie vertel nie om die eenvoudige rede dat ek dit, heel eerlik gesê, werklik self nie verstaan nie. Hy moet dieselfde engel wees wat volgens die Judese mite eertyds `n sekere jong Tobias reeds as gids gedien het. Daar was ek beslis nie by om jou in hierdie saak as lewende getuie te kan dien nie, maar ek glo dat dit so is - en waarom sou `n mens so iets nie glo nie?!
[5] Hier gebeur opnuut sulke wonderlike dinge wat ons latere nakomelinge moeilik sal glo - en tog is hulle voor ons oë en ore waar, omdat ons dit kan sien en hoor! Daar gebeur nou soveel goddelik wonderbaarliks, dat `n mens uiteindelik wel alles moet glo wat daar ook maar in die Skrifte en boeke van die Judeërs wonderbaarlik vertel word. Want as jy hier gewoonweg met wonders oorlaai word, waarom dan nie ook in die ou tye nie, en so kan ons groot eter baie maklik etlike honderde jare gelede `n vrome, jong Tobias as gids gedien het! Wat my betref, glo ek dit alles nou rotsvas en ek is van mening dat jy ook geen moeite daarmee sal hê nie!"
[6] Zorel sê: "Glad nie; want al die wonderbaarlike is iets besonders en het met die verskynsels op die gebied van die natuurlike niks in gemeen nie. Dit vertrap die bekende wette van die natuur met die voete, en is op sigself die verwesenliking van die fantasie van `n met baie wysheid begaafde digter. Want wat `n fantasieryke mens maar kan bedink, word op die gebied van die wonderbaarlike gerealiseer!
[7] Vir `n God moet alles immers moontlik wees, omdat die bestaan van `n wêreld en van die sterrehemel deurlopend daarvan getuig! Want as ons die skepping van `n wêreld sou sien, sou dit vir ons tog wel buitengewoon wonderbaarlik voorkom! Maar as daar eenmaal `n wêreld geskape en voorsien is van die betreffende bestaanswette en bevolk met wesens wat onderworpe is aan dieselfde bestaanswette, dan kan dit vir diegene wat dit bewoon, natuurlik nie meer so erg wonderbaarlik voorkom nie!
[8] Maar as, soos in hierdie buitengewone geval, die Skepper van die wêreld na hierdie selfde wonderbaarlik geskape wêreld toe kom, dan moet die bevolking hulleself beslis opnuut buitengewoon begin verbaas wanneer die oue Almagtige voor hulle oë dinge begin doen wat sekerlik slegs vir Hom en verder sonder Sy wil vir niemand in die hele oneindigheid moontlik kan wees nie.
[9] Daarmee wil ek egter glad nie beweer dat die een of ander geestelik volmaakte mens ook nie in staat sal wees om wonderbaarlike dinge te doen nie; miskien sal hy as heeltemal volmaakte, rein gees selfs ook `n kleiner wêreld kon skep - maar sonder medewerking van die goddelike wil sekerlik vir ewig nie! So `n gees sal ook beslis baie wys kan praat en onderrig, maar sonder die goddelike Gees in sy bors ook ewiglik nie!
[10] Ek kan my nog so vaagweg herinner uit die Israelitiese geskiedenis dat daar eens `n esel was wat wyse woorde met `n profeet Bileam gespreek het. Ja, in die heel ou tyd moes selfs die wilde en verskeurende diere die verharde mense lesse gegee het! Om u woorde te gebruik: Ons was daar nie by nie, maar dit kan desondanks tog altyd waarheid bevat. Maar die diere was beslis op daardie oomblik deur God se Gees gegryp en moes Hom as werktuig dien! En nie baie anders en beter sal dit daar met die wysheid van die wysste mense en geeste gaan nie; die eintlike, groot verskil sal slegs daarin bestaan dat hulle wys bly en steeds wyser word!
[11] So dink ek daaroor! Ek wil dit natuurlik nie as `n onomstootlike, versekerde waarheid daargestel het nie - want ek het met my verstandelike oorweginge al eenmaal misgetas en sou so `n sprong om lewe en dood nie graag nog `n keer wil meemaak nie; maar slegs as mense op verstandige wyse oor iets praat, kan `n mens sonder enige bewys tog wel verskillende menings teenoor mekaar stel en uiteindelik daaragter kom of en hoeveel dit waarheid bevat!"
[12] Cornelius sê: "Vriend, jy praat asof dit geskryf staan, en jou beskeie mening bevat sekerlik ook enige waarheid, maar ek het nou nóg `n mening vir jou en dit bestaan daarin dat jy nou jou vis moet eet en nie so baie daarop moet let hoe die hemelse jongeling die een vis na die ander opeet nie en nog steeds `n eetlus vertoon waaraan jy maklik kan sien dat hy in staat sou wees om nog tien sulke visse sonder enige moeite na binne te werk! Eet jy nou ook en laat blyk dat jy ook minstens één vis kan verorber en `n beker goeie, sê maar beste wyn!"
[13] Na hierdie woorde eet en drink ons Zorel nou, in alle rus, flink en bekommer hom nie meer so erg oor alles wat daar rondom ons heen gebeur nie.
|
|
|
|
|