Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Zinka se verdediging en sy verslag van die dood van Johannes die Doper

10 Zinka sê: "Heer! On wil tog nie ook by die betrokke saak betrek word nie? Ons meester en gebieder was tot op hede Herodus. Hy het baie gedoen wat eintlik gruwelik onregverdig is ten opsigte van die arme mensdom - ek sê dit baie duidelik, - maar wat kon ons anders doen as om sy bevele, hoe miserabel ookal ten uitvoer te bring? Wat kan een van u beulsknegte doen as u hom gebied om `n egte of vermeende misdadiger se hoof af te slaan? Hy kan wel honderdmaal self volkome oortuig daarvan wees dat die veroordeelde werklik onskuldig is, - tog moet hy die skerp byl op sy nek lê!

[2] Dink u dalk dat ons nie weet van die totale onskuld van die nou kort gelede onthoofde Johannes nie? O, daarvan was ons oortuig en ons het gehou van sy wyse woorde en sy toegewyde diens aan God. Hy het ons nog die mooiste lesse in die kerker gegee, het ons aangespoor om baie geduld en uithouvermoë aan die dag te lê en het ons gewaarsku van die sonde teen God en teen die naaste. Hy het ons ook vertel dat daar nou in Galiléa `n Profeet van die profete en `n ware Priester van die priesters opgestaan het, wie se skoenrieme hy nie waardig was om los te maak nie! Hy verkondig toe aan ons dat hierdie Een ons sal verlos van alle boosheid en aan ons die weg van die Lig, van die Waarheid en die Ewige Lewe sou wys. Kortom, hy het ons bewakers `n les gegee asof ons sy leerlinge en sy beste vriende was.

[3] As Herodus ons gevra het wat die gevangene doen en hoe hy hom gedra, kon ons almal maar net iets goeds oor hom vertel. Dit het Herodus so goed beval dat hy Johannes self besoek het en na sy lesse geluister het. Dit sou egter nie baie geskeel het of Herodus sou hom die volle vryheid gegee het as Johannes nie, hoewel hy tog baie wys was, voortydig die groot dwaasheid begaan het om die wellustige heerser daarop te wys dat sy omgang met die mooie Herodias baie sondig was nie. Ja, dit geluk Johannes byna om Herodus van Herodias af te kry!

[4] Ongelukkig genoeg het Herodus in die tyd sy verjaardag met baie glans gevier. Herodias, wat deeglik op hoogte was van die swakhede van Herodus, tooi haar op hierdie dag baie spesiaal op, en verhoog daarmee haar bekoorlikheid tot ongekende hoogtes. So uitgedos kom sy met haar draak van `n moeder om hom geluk te wens, en omdat daar in sy paleis harp-, fluit- en vioolspelers was, dans Herodias toe vir die belustig wordende Herodus. Dit beval die geil bok so goed dat die dwaas `n dure eed sweer om haar alles te gee wat sy hom sou vra! Toe was dit so goed as gedaan met ons goeie Johannes, omdat hy die vervloekte hebsug van die ou vrou te veel in die weg gestaan het. Sy gee die jong vrou die wenk om die hoof van Johannes op `n silwer skottel te vra, wat dit toe - alhoewel met heimlike afsku- doen.

[5] Wel, watter nut het ons liefde vir Johannes, ons oortuiging van sy volle onskuld, en ons medelye gehad? Wat sou dit ons baat om ons luide verwensinge aan die adres van die ou en die jong Herodias te lê? Ek moes self met `n beulskneg na die gevangenis om die goeie Johannes die afskuwelike wil van die magtige heerser mee te deel, en ek moes hom bind, en hom daarna op die vervloekte blok met die skerp byl die eerbiedwaardige hoof van die romp laat afslaan. Ek het daar soos `n kind gehuil oor die groot boosheid van beide die vroue en oor die treurige lot van my vriend, wat ek so leer waardeer het! Maar watter nut het dit alles gehad teenoor die duistere, verblinde en starre wil van één enkele, magtige tiran?!

[6] So is ons dan nou uitgestuur om die profeet wat in Galilea aktiewe is, wat waarskynlik juis die Een is waarvan Johannes sulke groot dinge verkondig het, by te dam en aan Herodus uit te lewer. Is ons dan, as onder eed gehuurde dienaars en knegte van hierdie tiran, daarvoor verantwoordelik? Of kon ons sy diens verlaat het as ons dit wou? Het hy nie dikwels die kerker en die dood ingestel vir die trouelose verlating van sy diens nie? As ons nou so doen en handel soos wat ons moet handel, sê u dan eers, meester, watter regverdige regter sou ons dan daarvoor kon veroordeel!

[7] As u alle engele en God Self uit die hemel na die aarde laat kom en `n vernietigende oordeel laat uitspreek, dan sal dat net so regverdig wees as die onthoofding van Johannes. As daar `n regverdige God is, moet Hy tog duidelik wyser wees as alle mense! Is Hy egter wyser en ook nog almagtig, dan verstaan ek waaragtig nie waarom Hy op die wêreld sulke monsteragtige mense laat ontstaan het en hulle ook nog magtig laat word het nie.

[8] Dit is ook die enigste rede, waarom ek en my nege-en-twintig medehelpers aan geen enkele God meer glo nie. Die laaste vonkie geloof is deur die skandelike onthoofding van Johannes uitgedoof. As ek God was, sou ek tog liewer duisend Herodusse deur honderdduisend bliksems laat vernietig het - as om één Johannes te laat onthoof! Dit kan wel waar wees dat God vir Johannes duisendvoudig in die hiernamaals kan vergoed omdat hy die wreedheid wat hier aan hom gedoen is geduldig en vergewend verdra het. Maar ek gee ons liewe meester nie die helfte van my lewe, waarin ek met sekerheid leef, in ruil vir duisend geluksalige lewens waarin geen mens enige sekerheid het nie!

[9] Wie die mag het, kan dikteer en doen wat hy wil. Ons swak en geweldloses moet hom egter as gevolg van strawwe van die dood soos lasdiere dien. As hy moor, beteken dit heeltemal niks, want deur sy mag het hy die reg daartoe. Moor ons egter, dan is ons misdadigers, en word ewe-eens daarvoor vermoor. Ek vra egter aan u en aan alle menere en wyses van u raad, wat se God dit moet wees wat dit as reg kan duld! - Heer, ek vra dat u vir my `n duidelik antwoord daaroor gee!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205