Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Zorel se goeie voornemens

84 Zorel sê, wat heeltemal bevange geword het deur sy verbasing oor die groot waaragtigheid en suiwerheid van My taamlik uitvoerige, praktiese lewensles: "Heer en ewige Leraar van die hele bestaan en lewe! Ek het, wat my aanbetref, U ook sonder die voorafgaande, praktiese lewensles herken en besef dat wat U gesê het, geen mens, maar slegs `n God, wat die hemel en hierdie aarde en die mense geskep het, gespreek het. Maar daarom sal ek met meer krag ook alles in die praktyk van my lewe toepas wat U, o Liefde van die liefde, my nou vol barmhartigheid geleer het!

[2] Ek het alles verstaan, want dit kom my merkwaardig genoeg voor asof ek vroeër dergelike woorde al êrens eenkeer gehoor en ook toegepas het. Maar dit kan slegs maar in `n droom gewees het, want in die werklike lewe sal ek egter nie weet waar en wanneer so `n barmhartigheid my ooit ten deel sou geval het nie! Maar dit bly tog altyd vreemd dat elke woord uit U heilige mond so bekend vir my voorkom en so besonder vriendelik en bewoë! Daardeur was dit vir my ook alles so besonder verstaanbaar! Maar hoe dit ook al sy, - sulke woorde en sulke lesse, wat alles wat in die mens ook maar lewe is, so diep, waar en getrou raak, kan nog nooit deur die mond van `n sterflike mens uitgespreek gewees het nie!

[3] Wie na hierdie woorde nog nie die korrekte weg na die innerlike, geestelike voltooiing van sy lewe gevind het nie en nie die sterk aandrang in hom gekry het om noukeurig al sy doen en late daarvolgens te rig nie, moet werklik óf heeltemal geen mens wees nie- óf hy het hom baie gewoond gemaak aan hierdie dom, dooie wêreld, en sy siel moes heeltemal diamanthard geword het. Anders sal dit tog absoluut ondenkbaar wees dat `n mens wat hierdie les gehoor en verstaan het, ook nie sy hele lewe daarvolgens sou inrig nie, aangesien hy tog daardeur die bereikte einddoel so helder en duidelik soos die son op die middaguur sou kon sien! Daarmee wil ek nie te kenne gee dat ek al iets bereik het nie; maar `n diep lewensbesef wat my verstand deurdring en volkome duidelike insig in die suiwere waarheid van die les is tog ook al iets wat - tenminste vir my - baie belangrik en waardevol vir my lewe is.

[4] Maar wie hierdie heilige saak eenmaal so duidelik sal insien soos ek, sal tog net soos ek geen dwaas meer wees en hom ondanks die duidelike insig en die kennis, eerder in alle modderpoele en putte van die wêreld stort om die stinkende modder op te vis waarin hy uiteindelik sou moet stik, as om die verhewe hoogte van die Horeb en die Libanon te klim en daar die heilsame kruie te versamel wat die siek siel genees en volledig gesond maak vir die ewige lewe. Ek bedoel met die heilsame kruie op die verhewe hoogte van die Horeb en die Libanon: "die dade, wat `n mens slegs op die verhewe hoogte van die besef van die waarheid van U leer, o Heer, verrig, dit wil sê, deur te handel volgens die woord wat `n mens uit U mond verneem het. Met 'die Horeb' en 'die Libanon' bedoel ek die goddelik-ware en die goddelik-goeie, - dit is so volgens my begrip die betekenis.

[5] Groot, heilig en bo alles verhewe is U, o Heer, Wie hier voor my staan, - maar nooit groter, meer heilig en meer verhewe nie as in die mense wat U Liefde en Wysheid omvorm het tot U kinders!

[6] Sien Heer, dit moet tog ook vir U die grootste vreugde wees wanneer `n skepsel, wat tevore maar net `n menslike vorm gehad het, U vaderwoord begin te hoor en te verstaan, ja hom uiteindelik selfs uit vrye wil vas voorneem om sy handel en wandel so in te rig dat hy die heilige voltooiing bereik, wat U as God, Skepper, Vader en Leraar as `n mees heilige doel daargestel het!

[7] Hoe groot moet U vreugde dan as Vader wees, as `n mens die voltooiing binne U heilige orde bereik het! Maar hoe groot moet dan ook die vreugde van `n kind wees, wat in en uit sy nietigheid as skepsel, in die volheid van sy ware nederigheid in sy innerlike vervolmaking eindelik U Self as die ware en enige Vader herken het! Ek sou wel die hemelse engelegeeste wil ontmoet wat my die vreugde met dagheldere verbeeldingskrag sou kon beskryf, - en hulle wat nou in hulle huidige, geestelike verarming die diepte van so `n fantasie só kon verstaan dat die werklike betekenis daarvan ook maar enigsins tot hulle sou deurdring! Ek het wel so `n vae voorgevoel, - ja, dit lyk nou net weer asof ek iewers in `n droom al iets dergeliks gevoel het, maar dit skyn tog alles slegs `n aangename reaksie te wees op dit wat U leer, o Heer, in my hart en in my wil veroorsaak het!

[8] Dit is die vreugde van `n saaier wat bewus is daarvan dat sy akker heeltemal van alle onkruid gereinig is en dat daar in die vore `n suiwer saad gelê is, wat seker groot verwagtinge wek ten aansien van `n seënryke oes.

[9] O Heer, my akker is nou gereed, wat U beslis gesien het omdat U andersins nie die suiwerste saad so oordadig daarin sou gesaai het nie. Hierdie wetenskap laat die onbeskryflike gevoel van geluk maar in my doen en late ontstaan, want ek is seker van die goeie resultaat omdat ek so goed as seker is van die moontlikheid dat U heilige woord volledig in my tot werklikheid gebring kan word. En as die oorsaak eenmaal geheel en al daar is, dan kan die groot, heilige gevolg nie agterweë bly nie. Ek wil egter nie die halfslagtige nie, maar die volledige geheel hê; daarom moet daar uit my dade ook nooit `n halwe, maar `n volledige werk uitspruit, soos wat U woord te voorskyn kom!

[10] Selfs toe ek nog `n laagdenkende mens was, het ek die dinge nooit half gedoen nie, hoewel ek heeltemal geen sekerheid gehad het oor die verkryging van enige geseënde resultaat nie; net één kwaai sug en al my hoopvolle verwagtinge het op die bodem van die see gelê! En tog kan niemand my ooit van enige louheid beskuldig en my van enige halfgebaktheid verwyt nie. As ek dus as laagdenkende mens my heeltemal kon instel, dikwels ook sonder enige uitsig op `n goeie uitkoms, ook al was dit maar vir die helfte, hoeveel te meer sal ek nie nou op dieselfde weg weet om elke halfgebaktheid te vermy nie en my gedagtes, woorde en dade afwend van wat die wêreld eis; want die wêreld het my lank genoeg aan die neus gelei.

[11] Geen kiem van `n wêreldse gedagte en geen spoor van `n wêreldse daad sal nog in my voorkom nie, dit wil sê, na my eenmaal geneemde besluit beslis nooit meer nie! Vir dit egter waar ek geen greep op het nie, soos wat die normale behoeftes van my liggaam is, kan ek natuurlik nie instaan nie; want dit lê, o Heer, in die hand van U almagtige wil. Maar my gedagtes, my idees, my woorde en my dade sal eens van my getuig dat ook `n Griek sy woord en sy eenmaal gemaakte voorneme kan hou!

[12] Dit kan ook wees dat ek in hierdie geluksalige gemoedstoestand baie dinge te oorhaastig gesê het! Zorel sal nie vergeet wat hy nou gespreek het nie en as hy dit nie sal vergeet nie, dan sal hy dit ten strengste opvolg - ook al sal dit hom sy aardse lewe kos! Sedert ek nou baie duidelik weet en baie lewendig voel dat daar na die aflegging van die liggaamlike lewe met volkome sekerheid nog `n ander, onvergelykbare volmaakter lewe is en moet wees, is my liggaamlike lewe net so veel werd as `n leë neutedop! Ek het my lewe immers al so dikwels vir waardelose, aardse gewin op die spel geplaas, - waarom dan nie nou ook nie, noudat ek sekerder is van die wins waarvan ek nou dink, voel en spreek?!

[13] O, ek redeneer nou nie as die een of ander dronk dwaas nie, maar volkome nugter getuig ek met hierdie woorde dat ek die waarheid van God se woord volkome verstaan en verstaan het! En dat ek dit volkome verstaan het, volg daaruit, dat ek my aardse lewe vir hierdie heilige waarheid in die weegskaal wil plaas, - wat ek nou nie so wil stel sodat my woorde `n sekere oratoriese krag by julle moet hê nie, maar omdat my hart dit nou werklik vir my ingegee het.

[14] Daar is wel mense, deur `n buitengewone situasie gegryp en meegesleep, wat ook so praat asof hulle reeds die volgende dag die hele aarde in `n tuin wil verander; maar as die oomblik egter verby is, dink hulle wel oor al die gesiene en gehoorde na, maar die besluit om dit uit te voer, word van dag tot dag swakker en die ou, dom gewoontes neem weldra weer die plek in van die nuwe besluite. Maar dit was by my nog nooit die geval gewees nie; want as ek eenmaal iets as waarheid aangeneem het, dan hou ek my ook net so lank streng daaraan, tot ek volledig oortuig word van iets beter.

[15] My vroeëre dade vorm geen enkele kontras met my lewensopvatting nie, wat selfs vir die oog van die suiwerste en merendeels filantropiese ingestelde, wêreldse verstand volstrek nie verwerplik was nie. Maar hoe kon ek ook maar vermoed het dat ek ooit op hierdie wêreld in lewende lywe in aanraking sou kom met die ewige Heer van al die bestaande en lewendes, vir wie se suiwerste wysheid en waaragtigste lewensaanskouing en - bestemming my verstandelike opvattinge soos was voor die son laat wegsmelt het! Maar die ongelooflikste het gebeur: "God staan in die volheid van Sy ewige, volmaakte Mag en Wysheid voor ons almal en leer ons oor nie net die tydelike nie, maar ook oor die ewige bestemming van die mens en sy lewe met sulke konkrete, helder woorde, dat `n mens dit selfs, ook al was hy byna blind en doof, deur en deur moet verstaan! En daarom kan `n mens tog nie daar omheen gaan om `n besluit vir die lewe te neem nie, waarvan ook `n totaal verwoeste wêreld my ewig nie sou afbring nie!

[16] Ja, mense wat slegs laf en bang is, sal hulle altyd meer na die wêreld rig as na die heilige waarheid uit die mond van die enige ware God; want die wêreld het immers ook tydelike voordele en goud, silwer en edelstene! Vir dié vuil laat die swak mense God se water oor God se akker loop, want Hy laat vir hulle geen goud en geen silwer uit die wolke reën nie. Maar ek het nou die suiwerste goud uit die ware hemele van God leer ken, en verag daarom reeds nou uit die diepste grond van my lewe die verleidelike vuil van die aarde! Almagtige Heer van die ewigheid, straf my nou as daar één woord onwaar is van wat ek nou gesê het!

[17] U, geëerde Cyrenius, het ek egter slegs in my domheid en geestelike armoede gevra om ondersteuning; nou neem ek egter my ontydige vraag terug! Want noudat ek die hemelse skatte in so ryk mate gevind het, het ek die aardse nie meer nodig nie; ook my akker en my verbrande hut het ek nie meer nodig nie, omdat ek God se hut in my hart herken en gesien het. Verkoop alles en betaal hulle aan wie ek hier op aarde iets verskuldig is! Ek sal egter werk en die mense in alles wat in God se oë waar is, dien. Want ek kan immers werk, ek het gedurende my lewe heelwat vaardighede verwerf en daarom is ek `n bruikbare mens. Mense sal my tog orals wel voldoende tyd gun om deur my dade te laat sien waarvoor ek nou vir altyd en vir ewig gekies het?!"

[18] Ek sê: "Omdat Ek jou siel goed ken, het Ek jou ook in die gees geroep, anders sou jy nie hierheen gekom het nie. Omdat jy nou egter so grondig verander het, is verder ook reeds vir jou gesorg. Jy sal vir My ook `n goeie werktuig wees by die Grieke aan die kus van Klein-Asië en ook in Europa. Daar is heelwat wat smag na die lig en wat dit op geen enkele plek kon vind nie. Voorlopig word jy egter in die huishouding van Cornelius opgeneem, wat `n broer van Cyrenius is. Daar sal jy alles kry wat jy nodig het. Ek sal jou op die regte oomblik meedeel wanneer die tyd gekom het dat jy daarop moet uittrek en die volke My Naam bekend moet maak. Nou het jy egter alles wat jy nodig het; wat jy verder nog nodig sal hê, sal die Gees van die Waarheid jou leer. As jy moet spreek, sal jy nie hoef na te dink nie, maar op daardie oomblik sal dit jou in jou hart en in jou mond gelê word, en die volke sal jou hoor en sal Hom prys wat jou sulke wysheid en mag gegee het."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205