|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 198
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die verskille in klimate en rasse op aarde
198 "Kyk, hierdie mense sal van nou af aan ook in lande kom met heel intelligente en ontwikkelde volke en sal akkerbou en wynkultuur sien en groot stede met die mooiste paleise! Maar wanneer julle hulle na duisend of ook tweeduisend jaar sou sien, sal hulle nog in dieselfde hutte woon en nie in staat wees om `n egte huis van hout te timmer nie en nog minder van steen te bou.
[2] Ons wil in `n sekere sin nie ontken dat hulle daartoe in staat sou wees nie, hulle kan die boukuns baie goed leer; maar dit sal hulle ontbreek aan die soepele ondernemingsgees wat die mens vir die uitvoer van enige werk nodig het!
[3] Daarom was hul reis hierheen vir hulle sedert menseheugenis al een van hul reusagtigste ondernemings; vir julle sou dit maklik wees! Dit is wel ver daarheen, en die hitte van die land maak dit aansienlik swaarder om te reis, maar by die natuurlike geaardheid van hierdie mense kan die hitte al behoorlik hoog word voordat hulle regtig warm kry. Hul bloed is veel traer en bevat baie min ysterdeeltjies en daarom is hul bloed dikker en bevat meer gal as die van Blankes en dit het baie meer hitte nodig voor dit behoorlik vloeibaar word.
[4] Hierdie mense sou tydens `n streng winter, byvoorbeeld in die noordelike streke waar ons Ouran vandaan kom, baie suur gesigte trek. Tydens die eerste winter sou hul vel bars omdat hulle bloed so dik is dat dit in hul buitenste liggaamsdele nie goed sou sirkuleer nie, sodat daar skilfers sou ontstaan wat by groot spanning die bloedvat sou laat bars, wat dan bloeding en aanmerklike pyn tot gevolg sou hê. Maar `n hitte wat `n swart klipsoort byna tot gloei bring, doen hulle nou nie juis so besonder baie skade nie. Daarenteen sou `n noordelike Skith in Nouabia, as hy tydens die hoogtepunt van die somer daarheen sou gaan, binne `n paar dae daar versmag en sodoende ook baie gou sterwe.
[5] Julle dink nou natuurlik by julleself: 'Moet daar dan op aarde sulke verskillende temperature heers? Sou dit dan nie orals ewe koud of warm kon wees nie?' As julle met die noodsaaklike, ronde vorm van die aarde meer vertroud sou wees as wat julle nou is, hoewel julle van My toe Ek `n klein kindjie was, onderrig ontvang het oor die vorm van die aarde, dan sou hierdie vraag nou sekerlik nie by julle opgekom het nie!
[6] Die verskillende temperature is `n onvermydelike gevolg van die bolronde vorm van die aarde. Die ronde vorm is egter noodsaaklik omdat by enige ander vorm die lig van die son hom onmoontlik so doelmatig sou kon versprei as juis by die ronde vorm - dan sou mens `n aarde deur drie sonne moes laat verlig, naamlik één bo elke pool en één bo die ewenaar! Maar dan vra ek in die eerste plek wie die hitte op die aardbodem sou verdra, en wat daar dan tereg sou kom van die nag, wat alle skepsels versterk en in die tweede plek hoe die beweging van die aarde daar sou uitsien as dit afhanklik sou wees van die ewe sterk aantrekkingskrag van drie gelyke sonne?
[7] Ek het aan jou en verskillende ander van julle immers tog verduidelik hoe groot die son is en moet wees en hoe klein daarenteen die aarde! Dit moet op `n gepaste afstand en met `n regte snelheid om die son sirkel, omdat dit andersins daarin sou val of, by te groot snelheid, sigself daarvan sou moes verwyder die oneindigheid in. In die eerste geval sou die aarde in die liggloed van die buitenste sonne-atmosfeer bykans oombliklik uiteenval in die oer-eterstaat of in die in oer-natuurgeeste wat in sy materie gevange gehou word; in die tweede geval egter sou dit deur gebrek aan hitte vries tot `n klipharde ysklont! In beide gevalle sou liggaamlike lewe op die aardse vlaktes nie denkbaar wees nie.
[8] Jy sien dus dat volgens My orde die een noodsaak die ander op sigself meebring dat op hierdie aarde `n gelyke temperatuur van pool tot pool onmoontlik is, maar dat dit andersyds tog noodsaaklik is dat die hele aarde soveel moontlik heeltemal bewoon is, sodat die
uit die voorafgaande skepsels voortgekome en vryer geworde siele in `n liggaam kan inkarneer wat met hul aard ooreenkom. Wat bly daar dan anders oor as om die warm streke van die aarde te bevolk met mense wat `n sodanige liggaam het dat dit so `n warm klimaat goed kan verdra en streke met `n koue klimaat met mense wat in staat is om watter koue streke dan ook te bewoon en enigermate te ontwikkel.
[9] As jy dit nou ook maar enigsins insien, sal jy wel verstaan waarom in die hete hart van Afrika alleenlik maar sulke mense, waarvan Ek jou so pas die karakter beskryf het, swart moet wees en `n algeheel eie gemoedsgesteldheid moet hê. Sê vir My of julle dit nou goed begryp en verstaan het!"
[10] Cyrenius sê: "O Heer, ook daarvan begryp ek nou alles en ek dank U vir hierdie uiters heilsame les; want daardeur sien ek nou dat die hele inrigting van die wêreld uiters wys en doelmatig is en dat alles presies so moet wees soos dit is en dat dit nooit anders kan wees nie! Daarom sy U, God en Heer, alleen alle eer, alle liefde en alle lofprysing; want die hele aarde en alle hemele is vol van U liefde en wysheid!
[11] Maar wat sal U, o Heer, nog verder met die Swartes onderneem? Want heeltemal in die reine skyn hulle nog nie te wees nie; ek merk dit aan hul baie nadenkende houdings.
[12] Hul aanvoerder het U Goddelikheid wel op `n werklik afdoende wyse aan hulle duidelik gemaak en die vroeër genoemde wonderwerk met die uitsonderlike diamant se vervoer het hulle, soos dit blyk, aan die begin baie vreemd voorgekom; maar nou skyn hulle allerlei gewetensvrae aan hom te stel en een van hulle wat nou al `n paar maal na ons omgekyk het, het so pas die aanvoerder in volle erns gevra of hy die klip nie dalk heimlik tog self saamgeneem het tesame met die kalbasdop nie, om hulle daarmee asof met `n wonder te betower. Waar hierdie Swartes nie aan alles kom nie! Hulle het wel `n groter wonderwerk nodig om op die regte spoor gesit te word! Die goeie aanvoerder het duidelik baie moeite met hulle, dit kan ek baie goed merk!"
[13] Ek sê: "Jy moet nog `n klein bietjie geduld beoefen totdat hulle ryp daarvoor is, dan sal ons die aanvoerder eers te hulp kom, want by hierdie soort mense gaan alles stadiger as by ons! Bowendien het hulle almal nou vir die eerste keer volkome vreemde kos en wyn gekry en daardeur is hulle vir hierdie oomblik ook stadiger van begrip as wat hulle ooit tevore was. Maar dit is goed dat dit so is, omdat dit andersins nie maklik sou gewees het om hulle van iets te oortuig wat nou nog te veel ingaan teen die begrippe van God wat hulle in Memphis opgedoen het nie.
[14] Hulle kan God se oneindigheid onmoontlik vereenselwig met My persoonlikheid; maar as hulle eenmaal goed voorberei is, sal dit ons heel maklik en vinnig geluk om hulle dit by te bring! Intussen bewerk hul aanvoerder hulle vanweë verdenking van bedrog teen hom met betrekking tot die wonderwerk, wat ook goed is, want as iemand `n ongegronde verdagmaking uiter oor `n egte wonderwerk, dan moet hy daarvoor inderdaad ook `n baie behoorlike straf met die roede kry! Hoe meer hierdie Swartes nou met woorde getugtig en verneder word, des te standvastiger en makliker sal hulle dan vír ons vir altyd bly!"
|
|
|
|
|