Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die eteriese liggaam van die siel en haar sintuie

51 Toe stel Zinka in sy gedagtes die vraag: "Het die siel dan ook `n liggaam?"

[2] Zinka vra hom dit af omdat hyself geen floue idee gehad het van die uiterlike en die aard van `n siel nie. Want volgens die normale Judese denkbeeld, is die siel `n soort newelige niks, en hulle sê: "die siel is `n suiwer gees, wat `n verstand en `n wil het, maar deurgaans geen gestalte en nog minder `n soort liggaam het nie.”

[3] Zinka sper daarom sy oë groot oop toe Zorel hom op die gedagtevraag antwoord: "Og kom, natuurlik het die siel ook `n liggaam, dit is weliswaar eteries, maar vir die siel is sy liggaam net so volmaak soos die vleeslike liggaam vir `n stoflike mens. Die sieleliggaam het ook alles wat `n vleeslike liggaam het. Met jou stoflike oë sien jy dit weliswaar nie, maar ek kan alles sien, hoor, voel, ruik en proe. Want ook die siel het dieselfde sintuie wat die liggaam het vir die kommunikasie tussen homself en sy siel.

[4] Die liggaamlike sintuie is die leisels in die hande van die siel om haar liggaam te bestuur in die buitewêreld. As die liggaam nie die sintuie sou gehad het nie, sou dit vir die siel totaal onbruikbaar en `n ondraaglike las gewees het.

[5] Stel jou maar nou `n mens voor wat volledig blind en doof sou wees, niks sou voel, geen pyn, nog die aangename van gesondheid en wat ook geen reuk en geen smaak sou hê nie, sê dan eers self of die siel met so `n liggaam iets sou kon aanvang! Sou sy, as haar bewussyn verder volledig en helder was, nie totaal in vertwyfeling verval het nie?

[6] Maar eweseer sou die gevoeligste, liggaamlike sintuie vir die siel geen nut gehad het as hulle nie self in haar eteriese liggaam presies dieselfde sintuie sou hê nie! Omdat die siel dieselfde sintuie het as die liggaam, neem sy ook maklik en ongetwyfeld met haar fynere sintuie waar wat eerste deur die liggaamlike sintuie in die buitewêreld waargeneem word. - Nou weet jy dat die siel ook `n liggaamlike vorm het.

[7] Jy weet dit nou omdat ek jou vertel het hoe ek dit nou sien, voel en liggaamlik ondervind. As ek egter weer ontwaak, sal jy dit nog weet, maar ek sal niks daarvan weet nie, omdat ek dit nou maar net met my fynere sielsintuie sien en voel en ondervind - en nie ook met my liggaamlike sintuie nie.

[8] Sou ek dit alles nou ook met my liggaamlike sintuie waargeneem het, dan sou dit op my geheue- senuwees en dienooreenkomstig op die lewensenuwees van die liggaamlike hart sekere tekens grafeer het en ek, as siel, sou hulle dan in my stoflike liggaam terugvind en geheel en al herken. Maar omdat ek nou byna heeltemal vry is, sonder enige samehang met my liggaam en geen kontak het met die sintuie van my liggaam nie, sal ek na die terugkeer in my liggaam niks van alles weet wat ek nou sien, hoor en voel en sê nie, en van alles wat daar nou met my gebeur het nie.

[9] Die siel het egter ook self `n herinneringsvermoë en kan haar daarom ook die minste of geringste herinner wat daar met haar gebeur het, maar dit kan sy slegs in `n vrye toestand doen. Bevind sy haar egter in die liggaam, wat haar heeltemal van die lig afskerm, dan sien, hoor en voel sy slegs die growwe en allesoorheersende, luidrugtige, ruwe indrukke, wat al die geestelike uitdoof. Haar eie aanwesigheid neem sy dikwels nouliks voldoende waar om haar bewus te maak dat sy bestaan, laat staan nog dat sy van die hoëre en diepere geestelike indrukke wat in haar aanwesig is, iets sou waarneem.

[10] Jy het ook `n siel, soos wat ek self nou `n volslae vrye siel is; maar jy weet ook weinig of niks van jouself af nie. Die rede daarvoor lê in die duistere vlees waarmee elke siel `n tyd lank omhul is. Eers nou, omdat ek by jou deur die stem van my nog aktiewe, liggaamlike mond enige indrukke maak in die senuwees van jou agterkop, en jy, as siel, nou deur die indrukke dieselfde oertekens in jouself lees, weet jy nou ook as siel en nie as liggaam nie, dat jy `n siel het en op grond van jou denke en wil self `n siel is waarvan die eteriese liggaam dieselfde vorm het as jou stoflike liggaam.

[11] Verwonder jou dus nie daaroor as ek nou vir jou sê dat ek straks by my ontwaking in die aardse lewe niks meer sal weet van alles wat ek jou nou gesê het nie, want ek het jou die rede daarvoor uitgelê!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205