|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 150
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die siele van beide verongeluktes in die hiernamaals
150 "Dit duur egter nie lank nie of ek sien iets raak wat lyk soos `n grys menslike geraamte, wat langsaam op die oppervlakte van die water ronddryf en begelei word deur `n stuk of tien vreemdlykende, swart eende. Slegs aan die voete is `n klein bietjie vleis, maar eers onder die enkels, alle ander bene was sonder vel of vleis, en dit vind ek vreeslik raar. In die begin lê die drywende geraamte met die gesig na bo gekeer, maar na ongeveer `n halfuur het hy hom omgedraai, begin soos `n geoefende swemmer met hande en voete te beweeg, en skyn moeite te doen om die swart eende te ontwyk. Maar hulle was hardnekkig en wil die makabere swemmer beslis nie alleen laat nie.
[2] So beweeg hierdie raaiselagtige geheel sig, nou bietjie vinniger en dan weer stadiger, vir ruim `n uur in alle rigtings oor die oppervlakte van die poel, duik ook `n paar keer onder, en kom dan weer na bo. Ek sou dit vir `n waterdier aangesien het as my vader dit ook sou gesien het; maar hoe hy ookal sy origens skerpsiende oë inspan, kon hy niks raaksien nie, sodat ek natuurlik wel tot die oortuiging moes kom dat die in die poel rondswemmende skelet van `n dooie iets onnatuurliks, dus iets psigies en geesteliks was. Na `n uur word dit heeltemal rustig, en die swart eende maak asof hulle die nog uiteindelik aanwesige vleis van die geraamte afpik.
[3] Omdat daar niks meer van enige betekenis voorval nie, keer ons weer na onse aap terug, wat hom juis begin oprig en `n poging aanwend om op sy twee agterpote te gaan staan en gewoon te loop. Maar met die loop gaan dit sleg. Die wese sak met elke vyfde tree met die voorpote op die grond, maar gaan tog weer gou staan en kyk daarby steeds na alle kante rond, en mens kon uit die manier van die steeds maar rondkyk wel uitmaak dat die wese vir iets bang was, of dat dit erg honger het en geskikte voedsel soek. Tydens hierdie pogings om te loop en te staan, kom dit by ons berugte poel aan. Daar sien dit egter weldra onse geraamte wat nou weer in die geselskap van die grieselige eende in die poel rondswem.
[4] Toe ons aap, of te wel die siel van ons verongelukte seun, die geraamte sien, stoot hy `n skel, fluitende kreet uit en bekyk die geraamte met spesiale aandag. Na verloop van ongeveer `n halfuur rig hy hom heeltemal soos `n mens regop, en ek hoor hom heel duidelik, enigsins lispelend die woorde uitspreek: ‘Dit was die ongelukkige vader van my slegte liggaam! Wee hom en my, want JaHWeH se toorn en gerig het ons beide ingehaal By my is in elk geval nog hulp moontlik, maar hoe kan hy gehelp word?'
[5] Toe swyg die aap en kyk baie bedroef, terwyl in die poel die swart eende heel opgewek die geraamte, wat nie baie lewe vertoon nie, bly pla en laat ronddryf. Hierdie toestand duur weer ruim so `n halfuur en in dié tyd gaan ook byna alle mense weg, behalwe `n paar Romeine en Grieke, wat egter `n saaklike gesprek voer en glad nie let op ons stille waarnemings nie.
[6] My vader vra my of ek verder nog iets sien. Ek ontken dit en sê slegs: ‘Tot nou toe heeltemal niks nie!’
[7] Toe dink my vader dat ons wel kon gaan, omdat ons nou al die besiens- en gedenkwaardige gesien het, en wat JaHWeH verder met die twee siele van plan was, sou ons skaars interesseer.
[8] Maar ek sê: ‘Vader, ons is al so drie ure met die twee siele besig, en dit lewer ons niks anders op as dat ek `n stille, treurige spektakel gesien het nie; laat ons hul nog `n uur gee - miskien lewer dit tog nog iets interessants op!’ My vader was dit heeltemal eens met my voorstel en ons bly. Enkele oomblikke daarna verander die hele skouspel ineens.
[9] Die aap kom plotseling woedend orent, spring in die water in en begin die grieselige eende te vang, en wee hulle wat hy gevang het! In `n oogwenk word dit in duisend stukke geskeur! Op vyf na het hy hulle almal verskeur; die oorblywende vyf maak dat hulle wegkom.
[10] Toe die lelike eende op hierdie wyse verdwyn het, tel die aap die geraamte uit die water uit en sit dit binne my gesigsveld ongeveer vyf treë van die poel af op `n mooi stukkie gras en sê toe: ‘Vader, hoor u in u behoeftige toestand my stem, hoor u wat ek sê?’ Toe knik die dooie skedel van die sittende geraamte, en gee daarmee duidelik te kenne dat dit die woorde van die seun hoor en seker ook verstaan.
[11] En die aap, wat nou sienderoë mensliker daar begin uitsien, gaan staan asof hy baie krag het, en sê nou met `n stem wat ek baie goed kon hoor: ‘Vader! As daar `n God is, kan hy slegs maar goed en regverdig wees! Dié God vervloek niemand nie; want as die mens `n werk van God is, kan hy geen knoeiwerk nie, maar slegs `n meesterstuk wees! As daar egter `n meester sou wees wat sy eie werk regtig vervloek, dan sou hy tog wel ver benede die ergste knoeier staan; want selfs `n knoeier vervloek sy werk nie, maar laat hom daarop tog ietwat voorstaan. En sou God as Heer van alle meesters dan Sy werke vervloek?
[12] Die vervloeking en verdoeming is `n uitvinding van die mense as gevolg van die blindheid en die gebrek aan kennis van die menslike natuur. Die misstappe wat `n mens-in-ontwikkeling begaan, is toetse hoe die mens, wat selfstandig moet word, sy vrye wil moet gebruik. Die handeling van die mens is sowel `n oefening om selfstandig sy insig te bepaal, asook om sy vrye wil binne `n bepaalde orde te leer gebruik. Gedurende alle eindelose reekse van groot skeppings van die een wyse Skepper, sal hierdie orde so bepaal wees dat slegs binne so `n orde `n bestaan van die wesens tydelik en ewig denkbaar is en kan wees.
[13] Die vloek van die mense is `n bose voortbrengsel van hul duistere kant; hulle rig hulself en hul medemense te gronde en stort uiteindelik hele volke in die grootste nood, in die grootste ellende en totale vertwyfeling. U, my arme aardse vader, word gedood deur die tienvoudige vloek van die hoëpriester, hoewel God u nie sou vervloek het nie. In u groot vertwyfeling ontneem u uself die tydelike, liggaamlike lewe, en nou is u hier as triestige produk van die hoogmoed van mense wat hulleself god waan. Maar ek het beslis barmhartigheid van God ontvang en genoeg insig en krag om die tienvoudige vloek van die hoëpriester, wat u in die vorm van swart watervoëls pla, van u weg te neem en nou is u buite op die droë grond. Ek sal nou alles in werking stel om, soveel my lewenskrag my in staat sal stel, u hier in u groot nood en armoede te help!’
[14] Tydens hierdie woorde kry die vroeëre aapmens steeds meer `n egte menslike vorm, en na die einde van die toespraak word dit vervolmaak tot `n heel lieftallige mensevorm, geklee in `n liggrys geplooide gewaad, wat asof uit die lug geval het. Naas hom lê nog iets wat in `n doek gewikkel was. Die nou heel aanvallige seun maak dit los en haal `n lang, donkergrys hemp te voorskyn en sê: ‘A ha, hierdie is `n gewaad vir u; laat my toe dat ek dit vir u aantrek!’
[15] Die geraamtemens knik bevestigend, en die seun trek vir hom in `n oogwenk die hemp aan, en bind die doek, wat effens ligter van kleur was, om sy voorhoof soos `n soort tulband, en daardeur sien die geraamte daar beter uit. Die seun wat nou flink moed geskep het, ondersteun daarop die ou man en wil hom regop laat staan, maar dit geluk nie.
[16] Na enkele pogings roep die seun, wat nou al so groot was soos `n jongman, met `n deurdringende, luide stem, waarvan selfs my vader beweer dat hy hom gehoor het, sonder enige artikulasie: ‘JaHWeH! As U êrens is, stuur my en my vader dan hulp! Hy het nie gesondig nie, maar die ergste sonde van hulle wat hulle as mense tot gode verhef het om van die wêreld des te meer eer en voordeel te verkry, vermorsel hom gewoonweg soos `n uit die wolke gevalle klip, en hy lê hier nou as `n arme deur die wêreld verdoemde siel! Sal hy daarom ook deur U vir ewig verdoem wees en bly? Gee hom tog minstens `n vel oor die skynbare bene! Want die kaalheid van my vader is te huiweringwekkend, dit wek te veel my medelye op! Help, JaHWeH, help!’
[17] Op hierdie geroep verskyn weldra twee magtige geeste en raak die geraamte op die hoogte van die slape aan. Oombliklik kry dit senings, vel, enige hare en - soos dit vir my voorkom – ook oë, maar baie hol en diepliggend. Geen van beide geeste spreek egter `n woord nie, en dadelik na hierdie handeling verdwyn hulle weer.
[18] Toe probeer die seun, wat nou al baie bly daar uitsien, om die skeletmens te laat staan, en hierdie keer geluk dit hom. Noudat die ou man kon staan, vra die jongman hom of hy ook kon loop. Die oue bevestig dit met `n erg krysende, hol stem; die jongman ondersteun hom dadelik, en beide verplaas hulle toe in `n suidelike rigting en al gou kon ek hulle nie meer sien nie."
|
|
|
|
|