Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Geestelike voor- en nadele van die More

197 Cyrenius sê aan My: "Heer, by hierdie More sou ek nie soveel wysheid en volkome helder verstand gesoek het nie, maar hulle vele kennis en wonderbaarlike ervaringe bring my werklik tereg in verbasing! Die owerste van Memphis, wat Justus Platonicus heet, is aan my as `n baie wyse man bekend; maar dat hy in alle ou Egiptiese misteries ingewy sou wees, het ek waarlik nie geweet nie!

[2] Dat hy al van ouds `n sterk aanhanger van Plato was, weet ek. As seun van `n baie vooraanstaande familie in Rome en so ryk soos Croesus, het hy reeds in sy jeug goed bevriend geraak met die Griekse en Egiptiese filosowe en het hy Egipte verkies as die kulminerende onderwerp van al sy studies. Ongeveer tien jaar het hy in die land van die ou wysheid deurgebring en hom daar in alles laat inwy. Met `n geleibrief van my broer, Keiser Augustus, in die hand, moes alle misteries van begin tot einde getoon aan hom word en so het hy aan sy huidige wysheid gekom. En omdat hy so deur en deur in alle Egiptiese aangeleenthede tuis was, het Augustus hom as `n meer burgerlike- as militêre owerste na Memphis oor Opper-Egipte geplaas. Daar is wel etlike soldate in Memphis waaroor ons Justus Platonicus die bevel het, maar `n veldheer is hy daarom nog nie.

[3] Dat hy `n groot geleerde is, weet ek; maar dat hy nou ook `n wyse en `n egte priester geword het, het ek natuurlik nie geweet nie! Ek moet hom nou egter meer in gedagte hou, want deur sy inspanning vir die More het hy hom vir my heel verdienstelik gemaak. Dit sou hom uiters groot vreugde verskaf as hy hier kon wees! Wat dink U eintlik oor my Justus Platonicus? Hoe is sy en ook my verhouding as heidene ten opsigte van die ryk van God op aarde?"

[4] Ek sê: "Waarom vra jy dít? Justus is `n man na My hart, hy het God lief bo alles en sy medemense meer as homself; en wie dít doen, is reeds in My ryk, of hy Judeër is of heiden! Ek sê vir jou dat Ek eerder met hom oor die weg sou kom as met julle almal, maar Ek vind julle ook goed! Om My woorde te bewaar, is egter niemand geskikter as hierdie Swartes nie, want wat hulle eenmaal het en verstaan het, bly so suiwer en onveranderd soos `n geslypte diamant. Enigeen kan vir hulle instaan dat My leer by hulle na tweeduisend jaar nog net so suiwer sal wees as wat hulle dit van My ontvang het!

[5] Hierdie swart mensesoort het die eienskap om `n leer of gewoonte vir duisend en ook wel meer jare heeltemal kernsuiwer te bewaar, dus presies soos wat hulle dit in die begin gekry het. Hulle sal niks weglaat nie en sekerlik niks toevoeg nie; maar dit alles wil nie sê dat hulle as mense voortrefliker sou wees as julle Blankes nie, hulle staan egter as nakomelinge van Kaïn op `n laer ontwikkelingsvlak en kan net baie moeilik kindskap van God bereik omdat hulle eintlik planeetmense is wat suiwer tot hierdie aarde hoort. Hulle is pure skepsels van hierdie aarde, begaafd met intellek, verstand en gewete, maar met minder vrye wil as julle as blanke mense.

[6] Maar hul minder vrye wil is veel sterker as julle volledig vrye! Wat die Swartes eenmaal wil, volvoer hulle ook - ook al moet hulle daarvoor berge versit! Gedurende hierdie dag sal hulle nog wel `n paar bewyse van hul standvastige wil laat sien waaroor julle julle sal verwonder! Dat hulle egter in al hul doen en late onveranderliker is as julle, as nakomelinge van Set, bewys en toon hul gestalte alreeds.

[7] Kyk, die aanvoerder is kennelik die oudste onder hulle en sy dienaar is ruim agt-en-twintig jaar jonger! Bekyk hulle twee of die een uiterlik gesien ook maar een jaar ouer lyk as die ander; hulle lyk na mekaar soos tweelingbroers! Hul ouderdom sal jy by hierdie mense baie moeilik kan raaksien. Dit is ook so met hul natuurlike krag en fiksheid. `n Man van sewentig wedywer nog met `n jongman van sewentien in die verspring!

[8] Julle Blankes is dikwels siek en julle velle is gevoelig vir allerlei kwale; maar hulle ken, as hulle hulle by hul natuurlike voeding hou, geen liggaamlike aandoenings nie. Die meeste sterf aan ouderdomswakte. Soos wat hul liggaamlike natuur reeds onveranderliker is as dié van julle, so is ook die innerlike karakter van hul siel heel anders en baie vaster as julle s’n; juis daardeur sal hulle egter in vergelyking met julle veel geringer vorderings maak met die tot volle wasdom bring van hul gees, omdat dit hulle daartoe aan die buigsaamheid van die wil bykans volledig ontbreek. Hulle wil laat sigself weliswaar ook op `n bepaalde manier `n bietjie buig, maar daarvoor is altyd groot erns en baie moeite en werk nodig.

[9] Die voortreflikheid van die siel en haar gees is egter nie in die bepaalde, meer dierlike vastheid van die wil nie, maar in die eienskap van die siel om maklik kennis in haar op te neem, waardeur hy die lig van die waarheid vinnig begryp en opneem en in die maklike buigsaamheid van die wil, sodat die siel die ware en goeie insien en met haar wil aangryp en in dade omsit, waarsonder geen enkele kennis nut het vir `n siel nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205