|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 127
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264. |
|
|
Die vrees vir die dood
127 (Die Heer:) "Die wording van iets, `n ding, `n wese of selfs van `n mens, is altyd `n vreugdevolle saak, maar die sigbare vergaan en verdwyning, veral van `n mens, is daarenteen altyd iets treurig, wat die gevoel van enige mens altyd met weemoed vervul.
[2] Maar dan vra Ek en sê: Ja, waarom dan, solank die mense nog enige geloof heg aan die onsterflikheid van die menslike siel?! Die oorsaak lê dieper as wat julle jul kan voorstel. Ten eerste word hierdie droefheid veroorsaak deur die vrees vir die dood, en vervolgens nog deur baie ander dinge, wat Ek julle egter nou nie op één slag kan en mag noem nie, om julle nie sodoende weer met die een en dan weer met die ander te verwar nie.
[3] As `n siel eenmaal heeltemal wedergebore is en oorgegaan het tot die ware lewenswerk, dan het alle droefheid en alle ongegronde vrees om te sterwe of te vergaan, natuurlik goed verdwyn; maar by siele wat nog nie die regte graad van innerlike lewensvolmaaktheid bereik het nie, bly nog steeds iets agter van die verdriet oor hul gestorwe naastes en in hulleself bly iets agter van die vrees vir die dood waarvan hulle op hierdie wêreld eers dan algeheel bevry word as hul siel in hul gees en die gees daarin volwasse geword het.
[4] Kyk maar eers hoe so `n eg verwende kind, wat mens nie vanaf die begin af aan geleidelik gewoond gemaak het om te werk nie, `n ontsettend bedroefde gesig sal opsit as dit so ongeveer na die twaalfde jaar ernstig en definitief moet begin werk, ook al is daardie werk op sy kragte afgestem! Hy begin te huil, word diep bedroef, mismoedig, vererg en kwaad vir hulle wat hom tot reëlmatige werk begin aanspoor.
[5] Maar kyk eers na `n ewe oue kind wat reeds van jongs af aan ernstige werk moes doen wat by sy kragte gepas het! Hoe vol vreugde en behaaglik dartel so `n kind die hele dag rond sonder om moeg te word!
[6] Soos wat egter in `n lui siel `n groot vrees woon vir alle ernstige en aanhoudende besigwees, so kom uit dieselfde bron in die siel ook die vrees vir die dood, ja selfs vir `n ietwat meer gevaarlike siekte.
[7] Julle sal ook reeds meer dikwels die geleentheid gehad het om te beleef dat egte vlytige en uiters werksame mense by verre na nie so `n groot angs vir die dood het as sulke arbeidskuwes wat daarby nogtans opgaan in die genietinge van `n gemaklike lewe en wellus nie; en dié vrees verdwyn nie voordat sulke siele `n regte bedrywigheid ter hand geneem het nie.
[8] Julle dink seker dat hierdie vrees maar net `n gevolg is van onwetendheid en `n gebrek aan kennis oor die hiernamaals. Ek sê egter vir julle almal: ‘Verseker nie, dit is op sigself maar net `n gevolg van die diepgewortelde afkeer van die siel vir werk en omdat die siel heimlik vermoed dat met die wegneem van die liggaam sy verdere bestaan een van baie werk sal wees. Dit maak hom ontroosbaar, waardeur hy in `n soort koors raak waarin dan ook `n bepaalde onsekerheid oor die eens komende voortbestaan aan die lig kom. - Dink bietjie daaroor na en dan sal ons verder op hierdie belangrike saak ingaan!"
[9] Na dié woorde van My staan Mathaël op en sê: "As U dit goed vind, sou ek graag vir `n beter begrip van hierdie saak `n woord wil sê!"
[10] Ek sê: "Sê jy maar gerus wat jy weet en verstaan; want jou kennis en begrip is in elk geval uit die beste bron afkomstig!"
|
|
|
|
|