Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 4
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264.

Die leiding in die hiernamaals

92 (Die Heer:) "Van die kant van `n gees wat, as`t ware van `n bepaalde afstand, aan so `n siel leiding gee, moet die grootste versigtigheid egter in ag geneem word om die siel op haar soektog maar net dít te laat vind wat haar verder met haar lewensvoltooiing sal kan bring.

[2] Eers na verloop van tyd kan die siel ook `n siel wat aan haar gelyk is, vind wat bykans dieselfde sorge het, waarmee sy dan natuurlik dadelik op gelyke wyse gegewens uitwissel soos twee mense in hierdie wêreld wat deur één en dieselfde lot getref is. Hulle wil alles van mekaar weet, kla teenoor mekaar en begin stadig maar seker oorleg te pleeg oor wat gedoen kan word om hulle lot op die een of ander wyse ietwat draagliker te maak.

[3] Dit spreek vanself dat die tweede siel maar net skynbaar soos die eerste moet lyk wat nog maar onlangs uit die volledige eensaamheid gekom het; want anders sou een blinde as leier aan `n blinde gegee wees, waarby beide dan maar al te maklik in `n sloot sou kon val en hulle dan in `n erger toestand sou bevind as voorheen tydens die afsonderingsperiode.

[4] Die op sigself volmaakte, geestelike mens, wat toevallig die jong, soekende siel teëkom, mag egter veral niks van sy volmaaktheid laat blyk nie, maar moet aanvanklik presies dít wees wat die jong siel is. Lag die een, dan moet die ander een saamlag, en huil sy, dan moet die ander een saamhuil! Slegs wanneer die siel haar gaan vererg oor haar lot en skel en vloek, moet die gees natuurlik nie daaraan meedoen nie, maar aanvanklik weliswaar ook maak asof hy self ietwat vererg is oor sy (skynbaar) gelyke lot, maar hom daarby steeds onverskillig hou, asof dit hom nou heeltemal niks skeel hoe dit met hom gaan nie! As dit met alle geweld nie beter wil word nie, wel, laat dit dan maar bly soos wat dit is! Daardeur word die jong siel volgsamer en sal haar reeds met `n klein sukses tevrede stel, wat hom weer as toevallig voorgedoen het.

[5] As so `n siel dan in die hiernamaals een of ander plekkie gevind het, moet `n mens haar daar laat solank sy self geen behoefte voel om haar lot te verbeter nie; want sulke siele lyk soos die mense hier wat met `n baie klein besit volkome tevrede is, as dit hulle maar net voldoende oplewer om in die eerste lewensbehoeftes te kan voorsien. Na al die hoëre en meer volmaakte en beter gaan hulle verlange glad nie uit nie, en hulle bekommer hulle ook absoluut nie daaroor nie. Wat kan die belangrike werk van `n keiser of `n veldheer hulle skeel?! As hulle maar iets te ete het en met rus gelaat word, is hulle al volkome gelukkig en wens ewiglik niks beter nie.

[6] So gaan dit dan ook in die tweede stadium met `n siel wat, soos gesê, uit haar afsondering gekom het en nou deur haar inspanning op `n bepaalde manier so versorg is dat sy haar toestand draaglik vind en wat haar oor niks anders meer bekommer nie. Sy het selfs vrees en angs vir ander dinge, omdat sy alles wat haar enige las sou kon besorg, verafsku.

[7] Ons het `n siel in die hiernamaals nou sover gebring dat sy byvoorbeeld óf by taamlik goeie mense `n betrekking gevind het wat haar van die nodigste voorsien, óf sy het die een of ander huisie wat verlate was, as eiendom verkry of, nog beter, gevind met `n ryklik voorsiene vrugteboord en `n paar melkbokke daarby en tewens miskien nog `n kneg en `n diensmaagd. Dan het die begeleidende gees voorlopig niks anders te doen as om so `n siel vir `n tyd heeltemal ongestoord daardie besit te laat behou nie.

[8] Van tyd tot tyd moet hy haar ook alleen laat en net maak asof hy self iets beters gaan soek; daarna moet hy weer terugkom en vertel dat hy wel iets beters gevind het, maar dat daardie iets beters baie moeiliker te kry is en `n mens dit vir jou deur baie moeite en werk moet verdien! Die siel sal daarop sekerlik vra waaruit dié moeite en daardie werk bestaan, en dan moet die leier dit vir die vraende siel uitlê. As die siel belangstelling daarvoor het, dan moet hy haar daarheen bring; in die ander geval moet hy haar met rus laat, maar dan daarvoor sorg dat die tuin steeds skraler word en uiteindelik selfs nie meer die mees noodsaaklike oplewer nie!

[9] Die siel sal nou wel alle moeite doen om die tuin meer te laat oplewer, maar die leier mag nie toelaat dat die siel daarin slaag nie, daarenteen moet hy veroorsaak dat die siel uiteindelik die sinlose van al haar moeite insien en die wens uiter om hierdie hele behuising op te gee en `n betrekking te soek waarmee sy beslis sonder meer moeite en werk, tog `n draaglike versorging kan vind.

[10] As dié wens hom lewendig genoeg in `n siel geuiter het, moet sy verder gelei word en in `n diens met baie werk ingebring word. Daar moet die leier haar dan weer verlaat onder die een of ander voorwendsel dat ook hy êrens anders `n weliswaar baie vermoeiende, maar origens goed betaalde diens gekry het. Die siel kry nou werk wat aan haar opgedra word wat sy baie presies moet verrig. Daarby moet aan haar vertel en op die hart gedruk word dat elke verontagsaming bestraf sal word met `n ooreenkomstige weerhouding van die bedonge dagloon, terwyl `n vrywillige ekstra inspanning bo die ooreengekome daarenteen, baie hoog op prys gestel sal word.

[11] Nou sal die siel óf dit wat afgespreek is, presies en nog meer as dit nakom, óf sy sal die moeite te veel vind, traag word en daardeur in `n nog groter nood kom. In die eerste geval moet sy geprys word en in `n vryer en reeds aansienlik aangenamer situasie oorgeplaas word, waar sy meer te dinke en te voel kry. In die tweede geval moet die leier haar groot nood laat ly, haar na haar vroeëre, skamele besit laat teruggaan en daar iets, maar lank nie voldoende nie, laat vind.

[12] Na `n tydperk, as die nood baie hoog geword het, moet die leier, wat nou baie beter daar uitsien, hom reeds voordoen as meester en eienaar van talle besittings en die siel vra hoe sy daarby gekom het om so agteloos op die baan om te spring wat so goed en veelbelowend was. Die siel sal haar nou verontskuldig met die uitvlug dat die moeite te groot en te inspannend was vir haar kragte; maar dan moet aan haar getoon word dat haar moeite en inspanning hier op die onvrugbare, klein besit nog baie groter is en daar tog geen vooruitsig is om ook maar ooit die powerste resultaat te behaal nie.

[13] Op dié manier word so `n siel tot insig gebring. Sy sal nogmaals `n betrekking aanvaar en dit nou beslis beter doen as voorheen. Voldoen sy nou, dan moet sy na `n kort tydjie bietjie vooruit gehelp word - maar sy moet nog steeds die gevoel hê dat sy liggaamlik nog nie gesterf het nie; want materiële siele voel dít baie lank nie en dit moet eers op die korrekte manier aan hulle uitgelê word. Die mededeling daarvan word eers draaglik vir hulle as hulle van heeltemal naakte siel uitgegroei het tot `n reeds met `n goeie gewaad beklede, vaste sieleliggaam. In dié vaster toestand is hulle dan ook geskik vir ietwat kleiner onthullings, omdat die kiem van hulle gees homself binne-in begin te beweeg.

[14] As die siel eenmaal so ver ontwikkel is, en verstaan het dat sy haar nou in die geesteswêreld bevind en dat haar ewige lot eers van nou af aan heeltemal alleen van haarself afhang, moet die enigste korrekte weg van die liefde tot My en die naaste aan haar getoon word, wat sy heeltemal uit volledige vrye wil en uit algehele vrye selfbeskikking moet gaan.

[15] As dít vir haar getoon is, naas dit wat sy in elk geval met sekerheid kan bereik, moet die leier haar weer verlaat en eers dan weer na haar toe kom as sy hom heel opreg in haar hart sal roep. Roep sy hom nie, dan volg sy sonder meer die goeie weg; het sy egter daarvan afgewyk en het sy `n slegte pad betree, dan moet hy haar weer in `n daarby passende, groot ellende laat kom. As sy haar misstap sal insien en na die leier sal verlang, dan moet hy kom en haar die volkome nuttelose van haar moeite en strewe laat sien.

[16] As sy dan die wens uiter om haar weer te verbeter, moet hy haar weer in `n betrekking plaas en as sy daar haar plig vervul, moet sy weer bevorder word, maar nie so vinnig soos die eerste keer nie, omdat sy andersins weer baie maklik in haar ou, materiële letargie sou terugval, waaruit sy dan baie moeiliker te bevry sou wees as die eerste keer, omdat sy haar met elke terugval stadig maar seker soos `n groeiende boom verhard en van jaar tot jaar ook moeiliker laat buig as in haar eerste groeiperiodes."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205