|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 1
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
BOEK 2
Jesus en Sy leerlinge in Kis en Násaret (vervolg)
Kis. Die straf van misdadigers
1 Die skatte uit die grot van Kisjonah, bestaande uit goud, silwer en `n groot gewig aan baie waardevolle geslypte en ongeslypte edelstene, kom die aand laat daar aan. Daaronder was daar ongeveer drie pond geslypte en sewe pond ongeslypte diamante, van dieselfde gewig was daar robyne, dieselfde hoeveelheid smaragde, hiasinte, saffiere, topaas, ametis en ongeveer vier pond pêrels, so groot soos groot erte. Die goud het meer as twintigduisend pond geweeg en die silwer vyf maal soveel.
[2] By die aanblik van hierdie ontsettende rykdom slaan Festus sy hande bokant sy hoof saam en sê: "O Heer! As seun van een van die rykste patriarge van die hele Rome het ek ook die geleentheid gehad om groot aardse skatte te sien, maar so iets het my oog nog nooit gesien nie! Dit oortref alle farao's en ook Croesus, wat volgens die fabel as gevolg van rykdom nie meer geweet het wat hy moet doen nie en in alle erns `n paleis van goud gebou het, sodat sy oorwinnaars die oortollige goud nie van hom kon afneem nie.
[3] O Heer, vir Wie alle dinge bekend is, vertel U vir my, arme sondaar, nou eers hoe hierdie twaalf satansknegte sulke skatte kon bymekaarmaak! Dit kon nooit op `n eerlike manier gedoen gewees het nie en sekerlik nie in so `n kort tydsbestek nie! - Hoe was dit dan moontlik?"
[4] Ek sê: "Vriend, bekommer jy jou nou maar nie meer daaroor nie! Dit dien geen doel om verder moeite te doen en om nog meer woorde te verspil aan hierdie satansvuilgoed nie. Dat daar egter geen enkele eerlik verdiende stater (sikkel) by is nie, dit kan jy volledig van oortuig wees. Maar as jy presies sou wou nagaan met watter duisendvoudig skandalige maniere hierdie addergeslag, hierdie slangbroeisel, alles bymekaar gegryp en geroof het, sou dit tog te lank duur.
[5] Jy sal hopelik nie verder daaraan twyfel dat hierdie boewe van die allerergste soort is nie; op watter manier hulle in ‘n sekere sin nog erger as boewe is, dit hoef niemand meer te weet nie. Volgens die Romeinse wette het hulle lankal al die tienvoudige dood verdien, slegs vir die misdaad van die roof van die keiserlike belastingkaravaan; en die roof, waarvan ons hier as resultaat hierdie onmeetbare skatte sien, is selfs baie erger, al betrek dit nou juis nie so regstreeks die keiserlike belastinggeld nie.
[6] Ook al weet jy alles, kan jy hulle daarvoor tog onmoontlik meer as één keer laat sterf. Jy kan wel die marteling vererger, maar waarvoor? Die marteling in die hoogste graad - om in julle regbanktaal te praat - is ook regstreeks dodelik, en as hulle meer gematig is maar dit langer laat duur, merk die gestrafte egter nie baie méér daarvan as wat jy van `n lastige vlieg sal opmerk nie. Want die siel, wat baie vrees vir die sekerlike dood van haar liggaam, mag nog so materialisties wees dat sy haar terugtrek tot in haar innerlikste vertrek en sy begin haar dan vrywillig los te maak van haar liggaam. Die liggaam word by sulke geleenthede totaal ongevoelig. So `n liggaam kan jy dan kasty soveel as wat jy wil, hy sal weinig of heeltemal niks daarvan opmerk nie. Soos wat jy die sieleliggaam egter terselfdertyd baie meer laat pynig, sal die siel dit nie lank kan volhou nie, maar sal haar met alle krag uit die liggaam losskeur en dan kan jy so die hele dooie liggaam kook en braai sonder dat hy iets van die straf sal voel.
[7] Daarom staan Ek nie `n straf voor waar die dood op volg nie, omdat dit vir die ter dood veroordeelde van geen enkele belang is nie en ook vir watter geregtigheid daar ookal is, geen beskerming bied of nut het nie. Want het jy één gedood - dan het duisende teenoor jou wraak gesweer daarvoor! Maar Ek is vanweë die noodsaaklike goddelike orde heeltemal daarvóór om `n misdadiger die strengste straf te laat ondergaan en daarmee aan te gaan totdat `n algehele verbetering ingetree het! `n Gepaste straf wat geheel en al regverdig op die gepaste oomblik aangewend word, is beter as geld en die suiwerste goud; want deur so `n straf word die siel meer en meer losgegésel van haar materie en rig sy haarself uiteindelik na haar gees. En as die straf dít tot stand gebring het, het hulle `n siel van ondergang en so die hele mens van die ewige dood gered.
[8] Daarom moet elke regter volgens God se orde, selfs nie die grootste misdadiger straf met die liggaamlike dood, wat vir niks goed is nie, maar altyd straf volgens die graad van die misdaad. As hy dit doen, is hy `n op-die-hemel-gerigte menseregter. Doen hy dit egter nie - is hy `n op-die-hel-gerigte regter, waarvoor hy in der ewigheid nooit loon van God sal ontvang nie. Hy sal sy loon ontvang vanaf die ryk waarop sy regspraak-oordeel was! - Nou weet jy genoeg, en laat die skatte nou sorgvuldig opgeberg word! Môre kom hulle uit Gerasim ook hier aan, en dan sal die verdeling en die versending van hierdie duiwelsdrek plaasvind. - Laat ons egter nou na die eetsaal gaan, want die aandete wag al op ons! Helaas, hierdie hele geskiedenis gee My al té veel oorlas, en My tyd roep My dringend na Násaret!"
[9] Festus sê: "Heer, ek sien baie goed in dat hierdie afskuwelike geskiedenis U buitengewoon teen die bors moet stuit, maar wat is daaraan te doen as so iets ontwikkel? Vir die res versoek ek U, my Heer en grootste en beste Vriend, om nie voor my hier weg te gaan nie, want in die eerste plek is ek sonder U tot niks in staat nie, en ten tweede sou ek sonder U, ondanks my liefste vrou, doodgaan van verveling! Daarom vra ek U om hierdie plek nie nou te verlaat alvorens ek nie met hierdie baie lastige geskiedenis klaar is nie! Ek hoop dat ek met U hulp môremiddag alles in orde sal hê!"
[10] Ek sê: "In orde! Maar Ek wil van al die skatte en die elf fariseërs niks meer sien nie; want Ek het `n groot afkeer daarin gekry."
[11] Festus sê: "Daarvoor sal gesorg word!"
|
|
|
|
|