Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die opwekking van Josoë

70 Met hierdie woorde klim Borus en Kisjonah dadelik in die grafkelder in en probeer om die kis op te tel. Maar hulle kon hom nie van sy plek af beweeg nie, want hy was baie swaar omdat hy van massiewe sederhout gemaak was en boonop met `n aantal swaar ornamente van metaal, goud en silwer versier was. Na verskeie pogings sê Borus: "Heer, die kis is te swaar, ons kan hom beslis nie optel nie! Vir sover ek weet, gebruik die mense werktuie om hierdie kis daar te plaas en hy sal langs natuurlike weg maar slegs met behulp van werktuie weer uitgehaal kan word!"

[2] Ek sê: "Klim dan maar uit; die twee jongmanne hier by ons sal hom daaruit lig!" - Borus en Kisjonah klim nou vinnig uit die graf en die twee jongmanne tel die kis so gou en so maklik daaruit, asof dit `n donsveertjie is.

[3] Bab se oë rek, so ook sy vrou en sy kinders s`n, en hy sê, erg verbaas oor die krag van die twee jongmanne: "Julle is tog wel baie sterk! Hierdie twee tingerige knape, wat nie ouer as vyftien kan wees nie, speel met die gewig soos `n stormwind met `n veertjie, terwyl die krag van twee sterk manne niks vermag het nie! Ag, so iets is tog ongehoord!"

[4] Ek sê: "Sê niks meer nie, want nou sal julle getuie wees van nog groter dinge! Maar laat julle aan julle harte gebonde wees dat julle hieroor aan geen mens, selfs nie teenoor My leerlinge, iets sal vertel nie! Want vir hulle is die tyd nog lank nie ryp nie; maar as die tyd daar is, dan sal hulle tog wel alles te wete kom. - Open nou egter die kis sodat ons kan sien hoe ver die seun al vergaan het!"

[5] Dadelik word die kis geopen en die seun, waarvan die hele liggaam tot op die gebeente vergaan was, word vir alle aanwesiges sigbaar gemaak deur die vaardige hande van Borus, wat die doeke en bande verwyder. Almal kyk met sigbare huiwering na die jammerlike uitstaande skelet.

[6] En Festus sê: "Ecce homo! Kyk, dit is ook `n mens! `n Mooi lot vir die sinlike vlees van die mensdom! `n Afskuwelike, uitstaande beenderige kop, spaarsamig voorsien van `n paar hare wat aanmekaar kleef, `n ingevalle, groenagtige bruin borsvel, waar hier en daar half weggerotte ribbes deursteek, en die swart werwels van die ruggraat, waaroor nog spore van verteerde met skimmel bedekte derms hang. Dan die voete - dit sien heeltemal verskriklik misvormd daaruit, vol verrotting en skimmel! En ons neuse merk ook dat ons onsself nie in die magasyn van `n balsemverkoper bevind nie, want die stank is erger as wat ek verwag het! Nee, dit is `n gesig wat heel geskik is om aan die mens sy bestaan so smartlik as moontlik voor te stel, want ten slotte is elkeen van ons so `n lot te wagte! Daarom gee ek baie meer voorkeur aan die verbranding van lyke bo die begrawe daarvan."

[7] Ek sê: "Maar as die Menseseun (Seun van Adam) die mag het om ook súlke liggame op te wek en in die lewe terug te roep, en ook almal wat sedert Adam ten volle vergaan het en wat in die aarde rus, is dit dan ook `n skrikbeeld vir die aardse mense? Kan die dood nog iets vreesliks wees as hy `n Heer gekry het? Omdat julle egter almal wat hier aanwesig is, sal sien dat Ek as Menseseun op hierdie aarde volkome mag het om ook sulke liggame in die lewe terug te roep en om hulle `n nuwe en onsterflike lewe te gee, sal juis dié seun vir julle daarvan `n getuie word!"

[8] Daarop sê Ek vir die seun: "Josoë, Ek sê vir jou, staan op en leef, en getuig van My mag om ook sulke dooies soos jy op te wek!"

[9] Op daardié oomblik ontstaan daar `n sterk lugstroom, die verrotte skimmel verdwyn, oor die beendere vorm daar gou `n vel en daarbinne begin die liggaam net so tot op die regte afmetings op te swel, soos met gis vermengde brooddeeg in die broodvorm, en binne enkele oomblikke stap die seun lewend en gesond uit die geopende kis, herken dadelik vir Jaïrus, Festus en Cornelius, vir wie hy uit Násaret heeltemal goed geken het, en vra spesifiek vir Jaïrus: (Josoë) "Maar liewe oom, hoe het dit gebeur dat ek nou hier in die kis is? Wat het dan met my gebeur? Ek was nog in baie aangename geselskap en ek weet regtig nie hoe ek nou meteens van daar af hiernatoe gekom het nie!"

[10] Jaïrus sê: "Liewe Josoë, kyk na Hom wat daar langs jou staan, Hy is Heer oor die lewe en die dood! Liggaamlik was jy dood en jy lê al anderhalf (een `n half) jaar in hierdie kis, en geen menslike mag sou in staat gewees het om jou hier op aarde weer die lewe te gee nie. Maar Hy, wat weliswaar soos `n mens daar uitsien, maar baie méér is as `n mens, het jou vanuit die dood weer in die lewe teruggeroep! Daarom moet jy Hóm alleen dank vir die lewe wat nou weer aan jou geskenk is!"

[11] Die seun kyk My verwonderd aan en bekyk My van kop tot tone en sê, nadat hy ietwat dieper en beter in sy herinneringe gesoek het: "Hy is tog die Een wat my by die aangename geselskap weggeroep het en vir my gesê het: 'Josoë, kom, want jy moet op aarde vir My getuig dat alle mag in die hemel en op aarde aan My gegee is!'

[12] En ek het Hom gewilliglik gevolg, want ek het dadelik gemerk dat Hy deur die God gestuur is en dat Hy die volheid van die goddelike krag in Hom dra en mag het oor alles in die hemele en op die aarde. Want presies soos wat Hy nou hier is, het ek Hom regtig in die geesteswêreld gesien, waarin ek was toe ek deur Hom geroep is om na hierdie wêreld terug te keer.

[13] Dit word vir my nou eers baie duidelik, en ek sien nou ook dat ek al vroeër op hierdie aarde geleef het en toe gesterf het; maar hoe my sterwe plaasgevind het, dit weet ek nie! Want ek het maar nouliks hierdie wêreld verlaat - hoe en op watter manier weet ek nie – of ek was al in `n mooi huis in heel aangename geselskap, waar dit my baie goed geval het. So nou en dan het ek ook my ouers en broers en susters gesien en het oor verhewe dinge met hulle gepraat, wat my ervare geselle my gewys en geleer het . Maar hierdie Heilige van die heiliges het ek voorheen nie gesien nie, behalwe `n paar oomblikke gelede toe ek na hierdie wêreld teruggekeer het!"

[14] Toe sê Ek vir die twee jongmanne: "Gee hom `n gewaad en brood en wyn, sodat sy liggaam versterk kan word en hy saam met ons na Násaret kan gaan!" - Toe Ek dit aan die twee opdra, was hulle alreeds daar met die verlangde brood en wyn.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205