Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Giwar oor die tempel

88 Die owerste sê: "As die sake so staan, waaraan ek glad nie twyfel nie, dan moet hy sonder meer op `n onbegryplike wyse met die almagtige Gees van JaHWeH in noue verbinding staan, soos byvoorbeeld Moses of EliJaH, wat ook vuur uit die hemel kon roep sodat dit hom gehoorsaam. Miskien het hy ook nog baie wonderbaarlike dinge gedoen wat nie opgeskryf is nie, maar waaroor daar tog wel volkslegendes bestaan, waaraan `n mens natuurlik maar weinig geloofwaardigheid kan heg, maar waarin daar in geheel geneem, tog baie waarheid sou kon steek!

[2] So moet juis EliJaH, as my geheue my nie bedrieg nie, eers per geleentheid `n hele hoop doodsbeendere op `n slagveld lewend gemaak het en van vlees, huid en hare voorsien het! So het hy dan ook by `n ander geleentheid alle bronne van die groot Eufraat vir drie jaar laat droogword en hy gebied daarby ook die wolke om vir drie jaar lank nie aan die hemel te kom nie. Maar toe die mense opreg boete doen, open hy weer die bronne van die riviere en gebied die wolke dat hulle aan die uitspansel moes kom en die dor geworde aardbodem water moes gee! En so vertel die mense nog baie oor hierdie merkwaardigste van alle profete, wat egter in die loop van tyd sterk misvorm kon word; en die mense sê dat hierdie EliJaH hy is wat voor die einde van die wêreld nog eenmaal sal terugkom om deur groot tekens die mense tot boetedoening te bring, omdat, soos wat bekend is, het hierdie raaiselagtige profeet nooit gesterf nie, maar in `n vurige wa na die hemele gevaar. Dit is daarom wel heeltemal moontlik dat hierdie Jesus die draer is van die gees van die groot profeet en daarom, omdat hy ten nouste in verband gestaan het met die Mag van JaHWeH, nou sulke dade doen wat slegs vir God moontlik kon wees!"

[3] Giwar sê: "Jou mening is sekerlik nie sleg nie, en ek sou jou haas gelyk gegee het as ek nie hierdie Jesus nou juis so baie dinge met my eie oë gesien doen het nie, dat Hy EliJaH in totaliteit `n hele oneindigheid ver agter Hom laat. Natuurlik sou jy hier wil vra: 'Watter dan? Noem hulle eers?' Maar ek moet jou openlik toegee dat die woorde volkome sou ontbreek om dit te beskrywe. Want dit moet `n mens self gehoor, gesien en ervaar het, anders kan `n mens beslis geen begrip daarvan vorm nie. En ek deel daarom die mening van `n paar duisend, dat hierdie Jesus sonder meer die beloofde Messias is! Want dit is vir my `n ope vraag as hy op `n ander tyd nog sou kom, of hy groter tekens sou doen!? Bowendien stam Hy volgens die kronieke, wat deurloop tot die grootvader van Josef, in `n reguit lyn van Dawid af. (Matthéüs. 1:1-17) Achim was die vader van Eliud, Eliud die vader van Eleasar, die die vader van Matthéüsan, dié die vader van Jakob, en Jakob was die vader van Josef, en dié die vader van ons Jesus. As jy volgens hierdie kronieke verder teruggaan, dan kom jy in `n reguit lyn by Dawid uit en daar staan geskryf dat die Messias van Dawid sal afstam en dat elkeen Hom sal herken aan Sy dade.

[4] Na my mening stem alles van hierdie Jesus daarmee ooreen: Die saadlyn staan outentiek vas, en sulke dade, wat die aarde nog nooit op haar bodem ervaar het nie, is ook oorvloedig aanwesig. Daarom weet ek regtig nie wat ons sou verhinder om Hom as die Een aan te neem wat Hy baie duidelik is nie!?

[5] Dat die heerssugtige tempel nie maklik daartoe sal oorgaan nie, lê vas, maar ons moet ons gladnie meer na die tempel rig nie, wat na my mening volkome dood is en vir ons verdere beskerming nóg wysheid en nóg minder enige blywende lewensonderhoud sal kan gee nie, behalwe wanneer ons haar vir `n jaar lank soveel sal gee dat tien mense honderd jaar lank goed sou kon lewe daarvan.

[6] Bereken jy maar eers die bedrag wat jy aan die tempel vir die amp van owerste in goud en silwer betaal het, en dan sal jy moeiteloos sien dat jy met die geld baie maklik vir `n honderd jaar soos `n vors kon gelewe het! Laat jou egter hier deur die Romeine bedreig en vra dan die tempel om hulp, dan sal die mense jou nie slegs nie kán nie, maar ook nie wíl help nie. Hoogstens sal mense jou vir `n paar hande vol silwerlinge met dubbelsinnige troos ongeveer net so afskeep soos die beroemde orakel van Delphi - natuurlik vir baie goud en silwer - `n vraesteller afskeep sodat die orakel later altyd reg is - of die vraesteller nou iets kwaads of iets goeds sou oorkom!

[7] Goddank ken ek alle huidige skurkestreke van die tempel, en neem dit beslis nie so nougeset op om hulle so veel as moontlik om die bos te lei nie, op watter manier dan ook! Want, vriend, wie in hierdie tyd nie deur die tempel swaar mislei wil word nie, die moet so verstandig wees om die tempel self so goed as moontlik te bedrieg! Of dink jy dat jy met `n eerlike en regverdige gemoed en gesig iets sal uitrig in die tempel? O, daar sal niemand hom op kan beroem nie! Maar gaan daar met `n egte geslepe gemoed en gesig na die tempel toe, dan staan ek in daarvoor dat jy die tempel­dienaars na willekeur om jou vingers sal draai!

[8] Ek kan my nog baie goed `n sekere Bar herinner, wat `n besnede Griek was. Hy moes seker baie vermoënd gewees het, want hy het vol pêrels en diamante gehang. Hierdie mens het nou so `n slinkse gesig gehad, praat weinig, en wat hy sê was soos `n geraffineerde leuen, so waar as wat ek Giwar heet. Maar hy vra doodluiters duisend pond goud en gee daarvoor `n perkamentrol, wat hoogstens `n halwe stater (penning of stuiwer) werd was. Die hoëpriester kibbel wel baie, maar Bar trek `n gesig daarby, soos wat ek nouliks in my lewe vir `n tweede keer sou gesien het en hy sê heel honend: 'Hm, aut Caesar - aut nihil!' ('Caesar of niks!' oftewel 'Alles of niks'), waarop die hoëpriester - God weet waarom - baie bleek word en dadelik aan Bar die duisend pond goud laat gee, waarvan die tempel nooit weer `n stuiwer teruggesien het nie. Want na `n jaar blyk dit dat hierdie Bar niks anders as `n baie sluwe bedrieër was nie, wat met alle satans-toorsalwe gesalf was, om ook die hoëpriester duisend pond goud ligter te maak.

[9] Daarnaas kom daar ook dikwels baie eerlike Judeërs wat in die tempel geld wil borg teen `n goeie onderpand, (sekuriteit) maar hulle kry niks nie, want hulle gedra hulle veels te eerlik en het ook heeltemal te regverdige gesigte! - En so het ek aan my beginsel gekom: `n Mens moet die tempel bedrieg, as `n mens self nie deur haar bedrieg wil word nie! En daarom sal ek ook in der ewigheid nie aan die tempel vra of Jesus die beloofde Messias is nie, maar Hy is dit ook vir My sonder tempel! – Wat sê jy van my mening?"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205