Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Opdrag aan Borus en Sarah

46 Cyrenius sê: "Ja, my Heer en onmiskenbaar my God, nou verstaan ek ook dat hulle skynbare koudheid tog suiwere liefde is!

[2] Ek herinner my plotseling die mite van `n jong vrou wat deur `n wonderlike samespel van die natuurkragte, onbeskryflik mooi en aantreklik was. Jongelinge, manne en grysaards bemerk dit toe en die raak baie gou in `n groot stryd gewikkel waardeur beslis moes word wie se vrou sy nou sou word. Maar die vegtende skare word elke dag groter tot verderf van die talle strydendes. Toe die manne uiteindelik insien dat die mens met die geveg om lewe en dood nooit die doel sou bereik nie, kom die strydendes onderling tot `n ooreenkoms en sê: 'Hierdie wese hoort nie op hierdie aarde tuis nie, maar in die hoë hemele, want sy is `n godin! Daarom moet offervaardigheid hier die deurslag gee! Aan die een van die baie wat offers bring, sal sy haar mooie hand gee en hy sal haar dan verder ongestoord besit!' Na hierdie besluit bring die manne onmeetlike skatte van alle kante af as offers en die manne vereer haar as `n godheid. Ten slotte gaan die verering van hierdie skoonheid só ver dat die mense die verering en aanbidding van die gode heeltemal verwaarloos. Toe word die gode toornig, en maak die skone jong vrou nog aantrekliker, maar maak haar asem giftig, sodat elkeen wat ook maar in die verte met haar asem in aanraking gekom het, bewusteloos op die grond geval het en so ure lank verdoof bly lê het. Boonop sit hulle `n giftige naald in die tong van die jong vrou waarmee sy na willekeur elkeen kon dood wat teen haar sin by haar mond uitgekom het.

[3] Toe daar egter `n besondere aantreklike jongeling gekom het, begin die hart van die jong vrou opeens vinniger te klop. Sy was seker daarvan dat die jongeling haar vurig bemin het, maar op watter manier sou sy hom nou kon bemin? Laat sy hom gelate toe, dan sou haar liefling verdoof op die grond val; kus sy hom, dan sou hy sterwe. Daarom wend sy uit liefde haar gesig van die jongeling af, en tree koel teenoor hom op, sodat hy haar mond nie sou nader nie. Om te voorkom dat haar liefling sterwe, moes sy hom skynbaar met die grootste moontlike kilheid liefhê.

[4] En so, identies aan hierdie mites, hou beide hierdie jongmanne ook op `n skynbaar baie kille manier van die mense van hierdie armsalige aarde, omdat hulle maar al te goed weet dat die mense die liefdesgloed van hul hemelse harte nie sou kon verdra nie!"

[5] Ek sê: "Ja, ja, dit is so, behalwe dat hulle asem natuurlik nie giftig is nie en hul tong geen dodelike stekel het nie; maar hul asem maak lewend en hul tong seën die aarde."

[6] Toe keer Borus en Sarah weer na My toe terug en hy vra wat hy nou tog kon doen om sy dankbaarheid te toon vir die oorvloedige barmhartigheid wat hy nou op hierdie geluksalige oomblik ervaar!

[7] Ek sê: "Sê eers, vriend en broer, waar is die mens wat van sy jeug af My meer toegedaan was as jy!? As jongelinge het ons daagliks met mekaar omgegaan, en jy het vir My alles waarvan jy maar aan My oë kon sien dat dit My vreugde sou gee, gedoen. Toe jy elke jaar met jou ouers na hul besittings in Griekeland gegaan het, en na `n aantal weke weer teruggekom het, was Ek altyd die eerste wat jy opgesoek het, en waarvoor jy allerlei goeie en dikwels kosbare, mooi dinge as geskenke saamgebring het. En jy het jou nie vererg toe Ek eers `n geskenk van `n silwer Diana tempel met `n hamer stukkend geslaan het en jou verbied het om ooit weer so iets as geskenk saam te bring nie!

[8] Toe Ek `n jong man geword het en haas niemand hom met My bemoei het nie, was jy die enigste wat nie verander het nie, en soos wat jy altyd was, so is jy nog en sal jy altyd bly. Daarom het Ek jou hiermee niks anders as `n al gedurende talle jare verskuldigde vriendskapsweldaad bewys nie. Maak daarom nie te groot ophef daarvan nie! Jy het ongetwyfeld die beminlikste jong, en ook mooie, maar tewens ook geestelik mees ontwikkelde vrou gekry - en Sarah het aan jou die beste, getrouste en in elke opsig rykste man met die meeste aansien. Wat My betref sal julle in alle opsigte deur My geseënd wees, en jy sal die beste dokter bly, nie net van die land nie, maar van die hele wêreld! En Ek glo dat julle só baie geseënd sal kan lewe!?

[9] Vergeet veral nie die ware armes nie, en laat jou deur geen mens vir geneeskundige dienste deur `n arm burger en nog minder deur `n bediende betaal nie, hetsy met geld, dienste, graan of vee!

[10] Maar laat die rykes, makelaars en wisselaars, kooplui en groot grondbesitters na reg en billikheid vir jou kuns betaal; want wie het en wil lewe, moet so nou en dan vir sy lewe iets oorhê! Dan is daar nog genoeg armes vir wie jy kan volstop met dit wat `n gegoede ryke vir sy lewe oor het.

[11] `n Dokter soos jy verkoop `n lewe aan die mense, en dit is veral vir die wêreldse mense die grootste besit. Daarom moet daar dan ook iemand wees by wie`n lewe vir dierbare geld en goed gekoop kan word, sodat dit hierdie mense tewens baie bly kan maak.

[12] Want Ek sê vir jou: Dit is waarlik `n groot en unieke kuns in hierdie wêreld wat geen wêreldling ooit sal kan leer nie: om deur die woord, deur die wil en soms deur die oplegging van hande, alle siektes, vanaf die ergste besetenheid - alle soorte pes daarby inbegrepe - tot `n ligte verkoue in één oomblik te kan genees, en alle melaatses te suiwer, die blindes te laat sien, die dowes te laat hoor, die verlamdes te laat loop en die kreupeles reg te maak - en daarby aan die armes nog die ryk van God te verkondig! Vriend, gaan heen in die hele wêreld en soek of jy daar één sal vind wat net so is soos jy! Ek sê vir jou, buiten jou en My is daar nie één nie!

[13] In Sigar het Ek ook wel `n dokter ingewy sodat hy belangrike genesings kan doen, maar hy kon hom nie heeltemal van sy kruiesap losmaak nie en staan daarom ver agter by jou.

[14] My leerlinge sal jou ook binne `n aantal jare volg, maar nie almal wat jy hier sien nie.

[15] My allerliefste Sarah moet egter ook `n kuns haar eie maak, naamlik dié van vroedvrou; want vir God is dit `n baie waardevolle diens om die barende vroue met baie pyn te help. En so is julle beide sekerlik so versorg soos wat `n koninklike paar nog nooit versorg was nie!

[16] Maar Ek gee jou ook nog hierdie raad: As `n sieke by jou kom of as jy na hom geroep word, vra hom dan altyd uitdruklik: 'Glo jy dat ek jou in die Naam van Jesus, die Verlosser uit die hemele, kan help?' Antwoord die sieke daarop ernstig: 'Ja, ek glo!', genees hom dan; twyfel hy egter, genees hom dan nie voordat hy glo dat jy hom in My Naam kan genees nie! - Nou nog `n woord vir jou, Jaïrus!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205