|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 99
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die lewensbeskouing van die Esseners
99 Bartholoméüs gaan verder: "Die mooiste is egter dat daar so nou en dan ook regtig gestorwe kinders van ryk ouers opgeneem word om weer opgewek te word, waarby die opgewekte seun of die opgewekte dogter egter eers na `n jaar of dikwels ook twee jaar teruggegee word. As ná baie gesmeek en vir baie goud en silwer `n gestorwe dogter of `n gestorwe seun in die opwekkingsinrigting van die Esseners opgeneem wil word, gaan daar `n soort geneser van die Esseners na die treurende ouers en vra baie presies uit oor alles wat ooit met die gestorwe kind te doene gehad het. Die korrekte leeftyd, alles wat die gestorwe kind ooit gehoor, gesien en geleer het, wat dié graag geëet en gedrink het, hoe sy of haar slaap- en woonkamer daar uitgesien het, wie en hoe die speelgenote en vriendjies van die kind was, wat hy alles beleef het en by watter geleenthede en op watter plek, kortom, nie die kleinste kleinigheid mag verswyg word nie - want anders, sê die Esseen, kan daar geen opwekking plaasvind nie!
[2] Die brawe ouers vertel alles dan ook graag tot in die fynste besonderhede en dink ongetwyfeld dat die vraende Esseen-verlosser dit regtig nodig sal hê vir die opwekking van hul gestorwe en teerbeminde kind. - Maar die Esseen het dit vir iets heel anders nodig!
[3] Aan die grens van Egipte het die Esseners `n groot opvoedingsinrigting vir mense van alle moontlike soorte en vorms. Hulle maak heel bekwaam `n afgietsel van die afgestorwene, waarna hulle die lyk gou baie goed en diep in die aarde begrawe. Met die afgietsel gaan hulle dan na hulle opvoedingsinrigting en kies uit die verskeie duisende kinders van elke leeftyd die kind wat die meeste met die afgietsel ooreenkom, neem hom saam en onderrig hom dan baie sorgvuldig in alles wat hulle oor die gestorwene weet, en bring hom dikwels heimlik na die plek waar die gestorwene dikwels was. Hulle benodig bietjie vir bietjie ook die diens van vriende in die klooster en laat die opnuut opgewekte vir weinig koste met hulle kennis maak. Hulle lê hom so presies moontlik die posisie van die toekomstige ouerhuis uit, beskryf alle kamers, sodat hy in staat is om sy ouers na alles uit te vra, sodat die ouers regtig plesier beleef aan hul seun of dogter. Kortom, alles word so goed uitgedokter dat die ouers nie die geringste twyfel daaroor het dat die opwekkingsinrigting aan hulle weer `n lewende teruggegewe seun of dogter gegee het. Natuurlik word daar dan by die teruggawe met genoeë verskriklik baie betaal.
[4] Arm mense kom natuurlik byna nooit in aanmerking vir so `n wonder nie, maar hulle word daarenteen baie hartlik getroos en deur klein, goedkoper wonders in die geloof versterk dat hul gestorwe kind reguit na die paradys opgevaar het, en dit maak die arm ouers ook weer bly.
[5] Tog het hierdie Esseners uit die aard van die saak nie heeltemal slegte beginsels nie, want hulle sê: 'Daar moet `n groep geestelik ontwikkelde mense wees wat vir die gesondmaak van hul medemense alle middele kan aanwend wat hulle maar as deugde vir die doel sien. So `n ontwikkelde groep het deur haar jarelange leer, denke en ondersoek gevind dat die dood die laaste fase van alle dinge is, en dat daar ná die dood geen bewussyn en geen lewe in watter vorm ookal is nie. Die lede van hierdie groep het egter genoeg lewenswysheid om die lewe te verag tot in die verste verte en dit nie as die hoogste goed te beskou nie; maar om die ander mense gelukkig te maak, moet hulle gepredik word dat daar nog `n meer volkome lewe van die siel na die dood is. Om egter die buitestaanders so iets vas te laat glo, moet mens skynwonders se hulp inroep. Hoe buitengewoner dit tot stand gebring kan word, hoe groter uitwerking het dit.
[6] Daar moet egter by die ingewyde steeds die diepste stilswye in ag geneem word, en elkeen het die strengste opdrag om teenoor die buitestanders die waarheid meer te vermy as die pes, want elke waarheid maak die mense tot slawe van die dood. Volgens hulle dui Moses ook al daarop in sy Génesis in `n enkele kort vers, waarin hy met die suiwer waarheid gekom het toe hy sê: 'As jy sal eet van die boom van die kennis - wat soveel wil sê as: die boom van die waarheid - dan sal jy sterwe!' En so gaan dit met die mens wat orals die waarheid wil ken en hom, en dus die dood, in die arms werp. Daarom het Moses ook as ingewyde in alle wysheid en waarheid van die Egiptiese priesterkaste, dadelik by die Judeërs `n priesterstand gevorm, wat - weliswaar heeltemal afgewater - tot op hede staande gebly het.
[7] Die hoofbeginsel moet egter liefde wees. Die buitestaanders moet hierdie liefde, soos deur God verplig, tot basis van hul bestaan maak. Daarom moet die mense wette, deur God geopenbaar, streng uitoefen en by hierdie deugde hou. Sodat hy hom steeds meer beywer in hierdie deugde en hy hom die gepredikte godheid as werklikheid meer versinnebeeld, moet hulle veral die liefde tot God so vas moontlik op hulle harte bind. God Self moet hulle enersyds as `n goeie vader vol van die grootste liefde, en andersyds, aan die weerspanniges, as die regverdige regter voorgestel word wat al die goeie volgens die gepredikte liefde vir ewig beloon, maar ook al die bose, wat in stryd is met die gepredikte liefde, in tyd en ewigheid bestraf. Daardeur sal die mensdom die maklikste in toom gehou word en bruikbaar wees vir allerlei goeie en nuttige sake.
[8] As daar dan `n mens gekom het wat sou begin om met sy naaste die waarheid te predik en die Esseense instellings verdag te maak, dan moes die instelling alles daaraan doen om so `n monster, wat met sy leer van die waarheid die dood aan miljoene bring, so vinnig moontlik uit die weg te ruim, of nog beter, uiteindelik vir die instelling te wen! Want daar is vir die buitestaanders niks so gevaarlik as `n uitleg op die gebied van geloof aan `n God en `n ewige lewe nie.' –
[9] Kyk, broer Judas, dit is die lewensbeginsels van die beroemde Esseners, waaroor jy ons vertel het! Wêrelds gesien kan mens hulle nie te veel afkeur nie, maar geestelik moet hulle uitermatig verwerp word omdat ons nou `n heel ander Lig het! Want uit hul mond hoor `n buitestaander nooit `n enkele ware woord nie, en as hy in hul teenwoordigheid die waarheid wil praat, dan is sy doodsvonnis al geteken!"
[10] Judas sê met `n kwaai gesig: "O, ek was `n dier, dat hierdie kêrels my met sulke sop oorgiet het; sonder jou sou ek geen woord daarvan geglo het nie, maar omdat jy as voormalige Esseen dit nou vir ons vertel het, glo ek dit! - Maar hoe kom jy dan heelhuids uit die klooster?"
[11] Bartholoméüs sê: "Ek het my heeltemal laat inwy, het my proef afgelê en het vir die versorging van die buitediens hierheen gekom. En omdat ek hulle vertroue volledig geniet het, laat hulle my toe ook na buite gaan, want die klooster verleen die voorreg graag, omdat jy slegs voordeel daarvan kan hê en nooit nadeel nie.
[12] Maar nou, noudat ek in die plek van die leuen die hele waarheid leer ken het, bly ek verseker altyd buite! Wat my betref, sal hulle in die klooster nooit hoor wat ek weet nie, maar in die loop van tyd sal hulle wat buite is, wel hoor wat die Esseners in die klooster doen!"
|
|
|
|
|