Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 199

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die volle waarheid

199 Josoë maak groot oë, dink diep na en weet nie watter antwoord hy My daarop moet gee nie.

[2] Maar Cyrenius sê: "Heer, dit is tog `n vraag waarop alle wyses en filosowe die tande tot op die wortel toe sou stukkend gebyt het! Staan my toe, goddelike Vriend - volgens U woorde wat vir my altyd gewyd is, is dan ook alles wat ons met ons sig waarneem geen volle waarheid nie, maar halfpad `n leuen!? Wie kan dan `n gegewe woord heeltemal vertrou? U vraag het my self egter ietwat bedroef gemaak. U sal dié keer wel so goed moet wees om U vraag Self te beantwoord, want op die hele aarde los geen wyse daardie raaisel uit homself op nie!"

[3] Ek sê: "Bekommer jou maar nie! Hier aan hierdie tafel sit hulle wat jou sekerlik sonder My spesiale hulp `n heel bevredigende antwoord as oplossing van My vraag aan Josoë, sou kon gee, want hulle weet al so ongeveer uit watter hoek die wind waai. Maar Ek wil, dat by die oplos van my wel ietwat hoër geplaasde vraag, My Jarah vir Josoë sal help! En daarom vra Ek vir jou, liewe Jarah, of jy in jou hart `n regte antwoord op My vraag vind!"

[4] Die meisie sê `n bietjie glimlaggend: "Helaas, dit verwonder my baie dat die andersins so wyse Josoë op hierdie maklike vraag nie direk in homself `n deugdelike en bevredigende antwoord kon vind nie! - Wat anders kan die volle ewige waarheid dan nou wees as God Self, wat, vir altyd alle volmaaktheid in Homself bevat, in die Gees steeds één en dieselfde is en dus vir ewig in en deur Homself onveranderlik is, omdat in Hom, soos die eindelose volmaaktheid Self, geen verdere veranderlikheid denkbaar is nie. God is die Enigste en Ewige oergrond van al wat is. Alles wat daar is, bestaan uit niks anders as Sy vasgelegde idees nie; hul bestaan is daarom ook `n bestaan in God en hul lewe is God se lewe.

[5] In God is derhalwe alles die volle, ewige waarheid, terwyl buite God niks kan bestaan nie – maar slegs in ons mense, in soverre ons deur die suiwere liefde tot Hom, één is met Sy heilige Gees. Die suiwer liefde tot God verbind ons met God en maak dat ons één met Hom word. As ons dit is, word alles suiwer lig, waarheen ons onsself ookal wend. Die oerlig in die hoogste geestelike suiwerheid, is dan die ewige onveranderlike waarheid. - Dit, dink ek, is die enigste regte, verklarende antwoord op die vraag van die Heer aan die liewe Josoë."

[6] Ek sê aan Cyrenius: "Wel, wat sê jy van hierdie beantwoording van My vraag wat aan Josoë gestel is? Maar moenie glo dat Ek haar die antwoord op wonderbaarlike wyse in haar hart gegee het nie; sy het dit self in haar eie binneste gevind. En Ek sê jou en ook almal hier by My aan hierdie tafel: Dit was geen woord te veel of te min nie, en dit is vir ewig waar.

[7] Maar hoe kon sy dit weet, en nie Josoë nie, wat hom voorgeneem het om slegs vir die waarheid te staan? Wel, dit doen haar onbegrensde, suiwere liefde vir My; die liefde verbind haar hart met Myne, en op hierdie wyse kan sy steeds op die kortste weg al die Lig en daardeur ook alle Wysheid put uit die deur haar self aangeduide Oerbron van alle Lig, alles wat is en al die Waarheid, wat vir ewig onveranderlik een en dieselfde in My is.

[8] En jy, My liewe Josoë, wat slegs vir die waarheid is, wat sê jy nou aan Jarah, wat in `n sekere sin suiwer en alleen vir die liefde is?"

[9] Josoë sê, ietwat verleë: "O Heer, ek sien die donker vlek nou wel in my; maar ek sien nie hoe ek hom sou kon verwyder nie! Ek het Jarah baie onreg aangedoen, en dit moet goedgemaak word, en as U, o Heer, niks daarteen het nie, dan sal ek tog nou dadelik langs haar gaan sit!"

[10] Ek sê: "O, glad nie; want kyk nou, die hele geselskap verheug hulle oor julle gesprek! Ek sê vir jou: Aan haar sy sal jy dit vind waarvoor jy slegs wil bestaan!" - Kort na hierdie woorde van My staan Josoë vinnig op en gaan tussen Jarah en haar engel Rafael sit.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205