|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 232
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Omhulsel en siel
232 "Tog is daar iets in die materie wat nooit heeltemal in `n siel gevind sal word nie, en dit bestaan uit die bekende stof waaruit omhulsels gevorm word. Binne-in hierdie stof is daar altyd `n afgesonderde geestelike potensie opgesluit totdat dit tot `n sekere selfstandigheid ryp gemaak is. As die afgesonderde geestelike potensie (vermoë) eenmaal die vasgestelde rypheid bereik het, verskeur dit die omhulsel en verenig hom dan oombliklik met ander reeds vrygekome soortgelyke - of minstens daarna lykende vrye afgesonderde potensies en maak dan uit die geskikte elemente van lug, water en aarde dadelik weer `n omhulsel, soos wat julle dit by die saad van plante, bome en struike, asook vir elkeen sigbaar by die eiers van insekte, voëls en uiteindelik by die waterdiere ensovoorts kan sien.
[2] Omhulsels het hul bestaan maar altyd net te danke aan `n vasgehoue wil wat vanuit die orde van God uitgaan en mis derhalwe die intelligensie van die siel. Dit vorm slegs `n noodsaaklike middel waardeur die siel wat met verstand begaaf is, vanself, deur `n bepaalde tyd geïsoleer te wees, tot `n egte volledig selfstandige en vrye wese kan vorm en ook werklik vorm.
[3] Die materiewêreld bestaan daarom vir `n ruim twee derde deel uit siele, en één derde deel is omhulsel sonder siel, as draer van die eerste afsonderlike, en vervolgens steeds meer versamelde, en uiteindelik reeds heel konkrete en ryp sielelewens. Die materie van die omhulsels, of die wil van God wat vaste vorm aangeneem het is derhalwe `n verlossingsinrigting, waardeur die afgesonderde geeste wat deur die val van satan meegeval het, volgens die bestaande orde weer `n volkome selfstandige vryheid kan bereik - hoewel natuurlik via `n langer weg as wat dit tydens die eerste periode sou gewees het.
[4] Maar omdat tyd God nie van sy wysie laat afbring nie en Hy ook geen las daarvan het nie, omdat Hy die uiteindelike verwerkliking van Sy groot idees steeds asof in die hede vir Sy alsiende Oë het - of die tyd nou kort of lank duur - daarom is vir God duisend jaar soos één dag of soos één oomblik. `n Aarde kan dan wel, tot by die volle ontbinding van al die hulsmaterie ingeslote geeste wat in haar is, méér jare nodig hê as die onuitspreeklik groot aantal fyn sandkorrels wat haar hele wese sou kon vul; so `n tydsduur is by God uiteindelik tog ook niks meer as één kort oomblik nie.
[5] Ja, Ek sê vir julle, daar is in die eindelose skeppingsruimte al sommige wêrelde wat hul diens heeltemal verrig het. Hulle bestaan egter verder as hemelliggame en sal ook verder bestaan as draers van die nuwe, vrye wesens. Nou is hulle net baie skoner en suiwerder en hulle is ook in hul samestelling onveranderlik, soos die onveranderlike wil van God. Hierdie kom ooreen met Sy Wysheid en ewig onveranderlike orde, wat eweneens vir ewig onveranderlik is en dit moet wees, omdat sonder die onveranderlikheid geen wese duursaam sou kon bestaan nie.
[6] Want al het die wesens ook na hul geestelike voleinding `n volkome vrye bestaan, wat as te ware heeltemal onafhanklik van God bestaan, dan sou so `n onafhanklikheid wat selfstandig lyk, tog geen duursaamheid verkry, en kon hê nie, as dit nie al vir ewig deur God, deur middel van en samehangend met Sy orde, vooraf vasgestel sou gewees het nie. Hierdie ewige vasstelling is vir alle geskape wesens eintlik dit wat elke geskape wese `n konstante, ewige duur verskaf en dit onderhou.
[7] Daaruit volg dit dan ook as vanselfsprekend dat geen ding wat ooit deur God in watter bestaan ookal geplaas is, ooit kan vergaan en vernietig kan word nie. Dit kan wel van vorm verander en van minder edel steeds edeler word, of ook omgekeerd, soos wat ons dit in die geval van die eersgeskape geeste gesien het; maar niks kan vernietig word van wat God eenmaal in bestaan geroep het nie. - Sê My nou, Cyrenius, is die geheel vir jou nou ietwat duideliker?"
|
|
|
|
|