Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 182

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die Heer voorspel Sy dood en opstanding

182 Markus gee nou vinnig opdrag om die middagete gereed te maak, gaan na die bewuste plekkie waar ons ons bevind en vertel ons baie noukeurig sy belewenisse met die fariseërs.

[2] Ek prys hom daarvoor en sê: "Markus, Ek sê vir jou, die volk was vanaf die begin uitverkore, en die groot belofte wat hulle gekry het, het nou algeheel in vervulling gegaan. Maar die volk is verstar en wil die groot tydperk van sy beproewing nie sien nie, hulle soek egter hul verlossing in die poel van hierdie wêreld, wat as `n droombeeld sal vergaan. Daarom sal toegelaat word dat dit die maat van sy gruweldade vol maak, en dat dit sy God en Heer sal dood!

[3] Daarna sal alle Barmhartigheid en alle Lig en alle Geregtigheid van die volk weggeneem word en aan julle heidene gegee word, want julle wil is goed en as blindes het julle gesien wat die siende Judeërs verwerp het.

[4] Daarom kom die Lig nou van bo tot julle en maak dat julle siende harte kry, maar die kinders van die lig sal buitentoe gestoot word in die buitenste duisternis. Onder vreemde volke sal hulle broodkrummels soek en die naam 'volk' sal van hulle afgeneem word, en hulle sal in die toekoms geen volk meer wees nie!"

[5] Markus sê: "Dan kan dit tog gebeur dat hulle vir U êrens in hulle groot woede sal gryp en U liggaamlik sal doodmaak, soos wat hulle dit met byna al hulle profete gedoen het?"

[6] Ek sê: "O ja, dit sal hulle met My doen! Maar dan is dit met hulle gedaan!"

[7] Markus sê: "Ja, ja, soos wat ek gister al gesê het: Die gebroedsel is tot elke denkbare misdaad in staat! U moet U daarom so lank as wat moontlik is ag gee op die sogenaamde stad van God, want hulle sal U dood, tensy U daarteen al U versigtigheid en goddelike almag daarteen inspan; want die dienaars van die tempel ken ek uit- en inwendig! Wie dit waag om hulle leer, wat al lank `n leer van die bose gees is, aan te pak, moet teen die hele hel veg. Hul vriendskap is onheil en hul vloek is die dood. Die lewe van `n mens staan vir hulle gelyk aan die lewe van `n muggie, waar geen mens op let nie omdat dit te onbeduidend is."

[8] Die leerlinge sê: "Sover ons ons Majesteit en Heer ken, sal hulle hulle nog so geraffineerde boosheid te pletter loop teen Sy Wysheid, want Hy wat die dood kan gebied, Hy, wat die dooies weer tot die lewe kan wek, sal moeilik wees om dood te! maak"

[9] Ek sê: "Ja, Hy sal in ewigheid nie dood kan wees nie. Maar tog sal Hy gedood word as `n getuienis teen hulle, sodat hulle gegewe maat kan vol word! As hulle hulleself aan God se heiliges vergryp het, dan sal hulle hulleself ook aan My vergryp en daardeur skeppers van hul eie oordeel word! Maar wie self so iets wil, die ondergaan geen onreg as hy verwerp word nie! As hulle egter onuitspreeklike gruwels met die bodes begaan het, dan sal hulle ook Hom nie oorsien wat die bodes voor Hom uitgestuur het nie.

[10] Hul noodlot sal egter daaruit bestaan dat die Gedode, na skaars drie dae, as `n magtige Oorwinnaar van die dood en al sy vyande, tot ewige troos van Sy vriende en broers, ongedeerd, in Sy volle krag, en algeheel en al bruisende van lewe, uit die graf sal opstaan! Dan sal hulle in groot vrees en vertwyfeling hulle planne beraam hoe hulle die uit die dood opgestane weer sou kon dood, maar hulle sal nie in staat wees om `n besluit te neem nie, en hul val sal spoedig daarna volg.

[11] So sal dit gebeur en daardeur sal My voorspelling ten volle vervul word.

[12] Julle sal weliswaar bedroef wees en ter wille van My groot angs deurstaan, maar julle bedroefdheid, vrees en angs sal spoedig verander in groot vreugde, as julle die Gedode weer heersend oor al die lewe en alle dood, net soos nou, by julle sal sien!"

[13] Markus sê: "As dit so sal gaan, dan is dit egter nie so moeilik om Hom in `n sekere sin slegs vir die skyn te laat doodmaak nie! Onder die omstandighede kan U dan wel na Jerusalem gaan, soos U dit wil; want met U kan niks gebeur nie! As U Heer oor lewe en dood is, wie kan U dan dood? En as `n mens U dood, of dink dat hy U gedood het, en U kom na die dood nog lewendiger te voorskyn vir die geveg met die vyand, as vóórdat U gedood is, sou ek nie graag in die vel van U vyande wou wees nie. Hulle sal dan deur `n vuur van angs en vrees verteer word. En van al hul berade, peins en strewe sal vir nou en altyd niks tereg kom nie! Want juis daardeur sal al hul skandelike gruweldade in die volle daglig vir alle mense sigbaar word, en hulle werklike bestaan het dan deur die beter deel van die mensdom die lank gewenste einde vir ewig bereik. O Majesteit en Heer! Doen dit maar so vinnig en so seker moontlik! Ek het al wel oud geword en sal die aarde nie so lank meer met my voetstappe lastig val soos wat ek reeds gedoen het nie, maar dit sou ek dan tog nog graag wou meemaak, en my dood sal dan nie vir my swaar wees nie!"

[14] Ek sê: "Dit is weliswaar nog nie heeltemal seker of dit so sal moet gebeur nie, maar dit is eerder ja as nee! - Maar die tyd het nou al ver oor die middel van die dag aangestryk, en ons liggame verlang ook na voedsel, daarom moet ons weer na benede gaan om `n liggaamlike versterking te gebruik!"

[15] Markus sê: "Ja, U het weer volkome gelyk, die middagete sal klaarstaan, laat ons daarom na benede gaan! Na die maaltyd kan ons dan, soos dit U, o Heer, geval, weer na die plekkie terugkom."

[16] Ek sê: "Vanmiddag sal ons anders doen. Môre sal die plekkie weer vir ons welkom wees. Nou gaan ons egter!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205