Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die waarde van die vrye wil

61 Dus kom alles op hierdie aarde by die mense slegs maar op die vrye wil neer en op `n onderrig met die minste moontlike dwang. Hierdie leer is deur die Heer ook so geformuleer dat die verstand van elke welwillende mens wat dit maar éénmaal gehoor het, dit kan verstaan. Niemand kan hom daarom verontskuldig deur te sê dat hy die leer nie verstaan het nie. Want die gebod 'Jy moet God liefhê bo alles en jou naaste soos jouself!' is so verstaan­baar soos wat dit maar kan kom! En as iemand daadwerklik hierdie kort, goed verstaanbare, maar tog allesomvattende leer toepas, dan sal hy vanuit sy hart sonder meer deur die Heer Self in alle wysheid gelei word, en so self leraar van sy naaste word. En so kan die een die ander sover saamneem totdat die Heer hom self beetkry en opvoed tot `n ware kind van God.

[2] Dit is dan die ware uitleg van die heilige leer in die hemelse orde; alle verdere aanhangsels is uit die bose en bring aan die plante van God se hemele weinig of geen seën nie. - Het jy alles goed verstaan?"

[3] Cyrenius sê: "Ja, ek het alles verstaan! Ek sien nou duidelik vir watter groot dinge hierdie aarde en haar mense deur God voorbestem is, die enigste noodlottige ding daarby is dat daar egter naas die kinders van God ook die kinders van die hel is, en hulle word in ‘n sekere sin in dieselfde skool opgevoed, en wel elkeen vir sy eie sfeer! Maar ek sien nou ook werklik in dat, gesien uit die oogpunt van die diepste hemelse wysheid, dit nie anders kan nie. Die Heer is egter wys, goed en almagtig genoeg om die hel ook eenmaal `n ander rigting te gee! Die ewigheid is regtig lank genoeg om tydens haar eindelose duur allerlei omstandighede te skep waardeur haar kinders hulle ten slotte tesame met hul verleiers en opvoeders sal moet oorgee!"

[4] Beide engele sê: "Jy gaan nou met jou veronderstelling al ver oor die horison van ons wysheid! Maar jy, as `n kind van die Heer, staan blykbaar nader aan jou Vader as ons wat maar Sy suiwer skepsele is, en daarom kan jy ook eerder `n suiwer goddelike behoefte in die hart waarneem as ons; maar ons weet ook dat niks by God onmoontlik is nie. Verder kan ons jou daaroor ook geen woord meer sê nie.

[5] As jy meer hieroor wil weet, vra dan maar die Heer Self. Vir Hom is dit glashelder wat die toekomstige ewigheid diep verborge hou. Maar ons dink dat Hy, vanweë die skerpe ore van die satan, dit waarskynlik aan geen sterfling sal openbaar nie. Want die vyand het duisendmaal duisend ore, en as mens oor hom praat, moet mens heel behoedsaam wees en sal `n mens hom nie nog erger wil maak as wat hy alreeds is nie!"

[6] Cyrenius sê: "Ek verstaan dit! Ek sal dit dan ook nie met die Heer opneem nie!"

[7] Ek sê: "Jy hoef dit nie hardop te sê nie, want Ek hoor ook dit wat jy in jou hart heel in stilte sê en vra."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205