Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 213

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die gevolg van `n versorgde bestaan

213 Cyrenius sê: "Heer, U is waarlik die Heer van die mensdom en U is die lewende skool van die ware lewe, en ek weet nou volkome waaraan ek toe is, en waar die hele mensdom aan toe is. Maar ek verstaan nog net nie so goed waarom `n volk sou wegsak in volkome onaktiwiteit as dit, bo die slawerny uit, liggaamlik meer versorg is nie! Heer en Majesteit, daaroor sou ek nog graag `n uitleg wou kry!"

[2] Ek sê: "O vriend, vra na die geskiedenis van die volke van die aarde; kyk na die ou goedversorgde Egipte, kyk na Babel en Ninevé, kyk na Sodom en Gomorra! Ja, kyk na die Israelse volk in die woestyn, wat Ek veertig jare lank met manna uit die hemele versorg het! En kyk ook weer na `n groot aantal verdwene volke! Dan sal jy maar al te gou ontdek wat liggaamlike welstand al hierdie volke gebring het!

[3] Kyk, `n vrou wat haar uiterlike baie belangrik vind, sal uiteindelik niks anders meer doen as om haar die hele dag te tooi en met sierade te behang nie. Na verloop van tyd sal sy dit beter vind om haar deur andere te laat was, te tooi en te laat opsmuk. Maar dit duur ook nooit baie lank nie; uiteindelik word so `n verwende vrou selfs te traag om haar te laat versorg, en sak letterlik af tot die bestaan van `n vark of selfs `n verkleurmannetjie, welke diere jy vind in Indië en Midde-Afrika. Dan is die vraag: Wat kan jy dan nog met so `n vrou begin? Watter geestelike ontwikkeling is nog moontlik daar? Ek sê vir jou: Sy deug selfs nie meer vir `n hoer nie! Dit was ook die eintlike rede waarom die volk in Sodom en Gomorra hulleself onnatuurlik begin bevredig het! - Verstaan jy dit?"

[4] "Waarlik" sê Cyrenius, “so vrygewig met diepe wyshede was U na my wete byna nog nooit nie! Dit moet ek nou openlik toegee, omdat U hierdie keer meer gesê het as alle ander kere waarop ek die voorreg gehad het om U te hoor. Wat U ons hier oor die wortels van die ontstaan en die bestaan van die mensdom in al haar verhoudinge meegedeel het, is nou alles sonhelder en duidelik - maar iets moet tog nog van my hart af; as ek dit ook nog weet, het ek egter geen vrae meer nie! Moet ek die vraag stel, of lees U dit ook weer in my hart?"

[5] Ek sê: "Vra maar hierdie keer, ter wille van die ander, sodat hulle dadelik vanaf die begin af ook heeltemal weet waaroor dit gaan!"

[6] Cyrenius sê: "Nou dan, luister welwillend na my!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205