|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 229
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die aard van satan
229 "Uit hierdie hopelik taamlik voor die hand liggende voorbeelde moet dit nou tog wel duidelik geword het waarom `n bestaan sonder `n anti-bestaan eintlik geen bestaan sou wees nie, soos wat die krag van ons reus in die vrye lugruimte eintlik geen bruikbare krag sou wees nie. Daarom moet elke bestaan `n anti-bestaan hê om self te kan werk.
[2] Hierdie toestand moet daarom in alles wat bestaan in voldoende mate aanwesig wees, omdat dit anders eintlik nie sou bestaan nie.
[3] En daarom moet ook die volmaakte bestaan van God self in elke opsig ook plek bied aan die verfyndste teenstellings, omdat dit sonder hierdie teenstellings eintlik geen bestaan sou wees nie. Hierdie teenstellings is gewikkel in `n ononderbroke stryd, maar steeds so dat die onafgebroke oorwinning van die een krag ook steeds dien as steun vir die, in ‘n sekere sin oorwonne, krag soos wat ons dit gesien het by die voortdurende oorwinning van die vaste bodem oor die bewegende swaartekrag van ons reus.
[4] Toe God eenmaal uit Homself vrye wesens wou skep wat aan Hom gelyk moes wees, moes Hy hulle ook voorsien van die strydende teenstellings wat Hy in Homself ewig in die natuurlike beste en suiwerste afgeweegde verhouding besit en moet besit, omdat Hy andersins nooit iets kon gedoen het nie.
[5] Dus, die wesens word nou volledig na Sy ewebeeld gevorm, en ten laaste kry hulle noodsaaklikerwys ook die besit oor die vermoë om hulleself sterker te maak deur die stryd met die strydende teenstellings wat in hulle deur God saamgegee is.
[6] Elke wese kry heeltemal in homself die beskikking oor rus en beweging, luiheid en ywer, duister en lig, liefde en toorn, opvlieëndheid en sagmoedigheid en nog duisende ander moontlikhede; slegs die mate waarin, is verskillend.
[7] In God was al die teenstellings al ewig volmaak in balans. Maar by die geskape wesens moes hulle nou deur die vrye stryd uit hulleself, dus deur die bekende selfwerksaamheid, in die korrekte orde kom.
[8] Wel, so kry jy dan verskillende oorwinnings. Aan die een kant, word die standvastige rus hoofsaaklik oorwinnaar, en die beweging word daardeur te veel ondergeskik, en daarom doen hy ook altyd die grootste en vurigste moeite om die rots sag te maak en dit meer na hom te laat lyk. Aan die ander kant, as die beweging in al haar dele te veel oorwin, word dan ten opsigte van haar swakkere rus steeds daarom bestry om met hom tot `n ooreenkomstige verhouding te kom.
[9] By baie wesens het die teenstellings `n regte verhouding volgens die orde van God bereik, en hul bestaan is daardeur volkome, omdat hulle hulleself deur hul gelyksoortige en teengestelde verstandelike vermoëns voortdurend baie goed laat ondersteun.
[10] Goed dan, as `n krag dus in `n wese wat hom vry bevestig het, deur haar oorwegend hardnekkige strewe alle ander teenkragte in haar sfeer tot `n werklose swye wil bring en dit ook vir die grootste deel regkry, dan dood so `n krag in ‘n sekere sin haarself, omdat sy alle geleenthede tot niet maak waarby sy haar krag kon gebruik het. Maar `n krag sonder `n teenkrag is, soos reeds gesê, eintlik geen krag nie, soos wat ons dit met die vroeër aangehaalde voorbeeld van die reus baie duidelik kon gesien het.
[11] So `n krag wat homself heeltemal gevange geset het, sal dan ook altyd daarna strewe om nog meer kragte in homself gevange te neem om homself in sy pynlike gevangenskap vryer te maak. En kyk, dit is dit wat mens dan 'satan' en 'duiwel' noem.
[12] Satan is `n groot persoonlikheid en kom ooreen met die onversetlike rus en traagheid, want hierdie geskape eerste groot persoonlikheid wou alle ander kragte in sy wese verenig en het daarom dood en in homself onmagtig geword om iets te doen. Maar die ander oorwonne kragte wat in hom is, rus tog nie volkome nie, hulle is steeds besig en verpersoonlik hulle so as selfstandige wesens. Deur hierdie besigheid gee hulle die hoofwese `n soort skynlewe, en daardie lewe is dan duidelik `n lewe van bedrog vergeleke met `n egte vrye lewe.
[13] Sulke kragte, wat oorwonne is en tog hul verlies nie wil aanvaar nie, is dan dit wat mens, in vergelyking met die satan, 'duiwels' of 'bose geeste' noem. - En so sien jy, My liewe Cyrenius, dat Ek jou nou ook `n klein aanwysinkie oor die satan en die duiwels gegee het, soos wat jy dan ook slegs maar `n aanwysing gevra het! As jy egter meer wil weet, sê dit dan, dan sal Ek nog breedvoeriger daarop ingaan!"
|
|
|
|
|