Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 112

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Huisreëls en liefde

112 Toe ons tuiskom, wil die kinders ook by My bly.

[2] Ebahl hou egter strenge huisreëls en daarom verbied hy in besonder die meisies en altwee vroue en sê: "Julle het nou genoeg gesien, meegemaak en gehoor, onthou dit en leef daarvolgens, dan sal julle nie sonder seën bly nie, soos wat die Heer Self aan julle by die see gesê het. - Maar gaan nou weer aan met julle werk!"

[3] Die meisies en beide moeders trek hulleself met weemoedige harte terug en gaan na hul vertrek, waar Ebahl se huis baie van het, want dit was maklik die grootste huis in die hele Genésaret.

[4] Maar Ek sê daarop aan Ebahl: "Vriend, waarom stuur jy hulle weg? Weet jy, dit is wel korrek om streng en goeie huisreëls vir die kinders voor te hou, en dit is baie prysenswaardig om die meisies van die wêreld te bewaar, maar kyk, hier waar Ek is, is geen gevaar dreigende wêreld nie, maar slegs `n hemel vol seëninge, en dit moet jy jou kinders nie misgun nie!"

[5] Toe Ebahl dit van My hoor sê hy: "O, as hulle vir U maar nie te lastig is nie, sal ek hulle dadelik weer hierheen laat kom! Maar my kinders staan graag oopmond en toekyk en klets, en daarom stuur ek hulle weg sodat hulle U nie lastig val nie."

[6] Ek sê: "Noem eers één ding ter wêreld, behalwe die groot slegtigheid van die mense, wat vir My lastig sou kon word? - Gaan en bring hulle almal weer hier!"

[7] Ebahl gaan en bring hulle almal weer na My toe. En die jongste meisie het dadelik na My toe gekom en begin My te streel en te omarm.

[8] Ebahl verbied haar dit en sê dat dit onhebbelik was.

[9] Maar Ek sê aan hom: "Vriend, laat haar begaan, want sy het al die beste deel gekies! Ek sê vir jou en aan julle almal: Wie nie soos dié meisie na My toe kom nie, sal die weg na die Ryk van God nie vind nie! Dié kind het dit al gevind! Julle moet met liefde, en wel met die vurigste liefde na My toe kom, as julle die ewige lewe wil oes!

[10] Die meisie bewys met hierdie daad, wat sy in haar hart voel, maar julle praat verstandig en hou julle harte koel! Skiet dit julle dan nog nie te binne wie Ek sou kon wees en ook werklik is nie?"

[11] Dan val almal neer en Ebahl pak My voete vas en kus hulle nederig en sê na `n lang pouse vanweë die groot ontsag: "Heer! Ek het dit al lank gevoel, maar die moed daartoe het my ontbreek!"

[12] Ek sê: "Nou, straf dan nie die meisie nie, omdat sy julle almal moed gegee het om na My toe op die water te kom! Hier het sy julle weer moed gegee om My lief te hê! O, Ek hou dan ook baie van die meisie! Sy het wat julle nog moet soek en nie so vinnig sal vind nie! Streef egter na die ware lewende liefde vir God en die naaste, dan sal julle ryklik barmhartigheid en seën ontvang!"

[13] Die hoofman sê: "Heer, ek het behalwe vir my vrou en my talle kinders, wat hulle in Rome bevind, nooit liefde vir iemand gevoel nie, maar handel steeds redelik volgens reg en billikheid. Ek handhaaf die wet nooit streng nie, maar altyd mildelik en dit gaan steeds goed. Maar nou voel ek dat `n mens die mense moet liefhê en hulle uit liefde moet laat goeddoen, dit wil sê: `n Mens kan self wil om die mense volgens krag en moontlikheid dit te gee wat `n mens vir homself as regverdig en nodig sien - en dit is naasteliefde.

[14] Wel, as mens die naaste só liefhet, dan het mens God daardeur ookal lief. Bedink mens egter by die liefde tot God dat God Self die eerste en volmaakste liefde moet wees, en slegs as gevolg daarvan die sigbare en geesteswêrelde geskape het, dan moet hierdie suiwere gedagte wel die hoogste liefde tot God die Skepper opwek in die geskape mens, en die mens kan dan nie meer vermy om God, as die liefdevolste Skepper van alle dinge, bo alles, met al die kragte wat in hom lewe, lief te hê nie.

[15] Omdat ek nou na alles wat Ek van U gedurende hierdie paar dae gesien en gehoor het, sonder twyfel aanvaar dat U die Skepper Self of anders sekerlik Sy ewige Seun is, en U Hom hier op die aarde aan ons in ons vorm vertoon, en ons leer om God en U te ken, is dit `n noodsaaklike gevolg dat ook ek U bo alles moet liefhê. Ook al het ek nie die moed om U so te omarm soos die waarlik heel gevoelvolle meisie nie, dan omarm ek U tog in my hart en prys U bo alles! En ek glo dat dit so ook goed is."

[16] Ek sê: "So is dit heeltemal goed, maar beter is dit as die liefde ook so groei soos by hierdie meisie! - Kyk maar eers hoe sy letterlik gloei van liefde vir My!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205