|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 6
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die ontstaan en die verdwyn van die druipsteengrot
6 Ek sê: "Dit is ook nie so belangrik nie. Of jy dit weet of ook nie weet nie, dit sal jou lewe nie armer of ryker maak nie. Maar jy mag tog wel weet dat daar geen mensehande by gekom het nie; die natuurlike elemente het dit alles per toeval gevorm. Die berge neem steeds vogtigheid uit die lug op; daarby kom die herhaaldelike reëns, die sneeu en die mis, wat dikwels die boonste toppe van die berge omhul. Die vog wat op die berge neergeslaan het, sypel vir die grootste gedeelte deur die aarde en deur die gesteentes van die berge, en waar dit bo `n inwendige hol ruimte kom, versamel dit self in druppels, wat byna die helfte uit opgeloste kalk bestaan. Die druppels val na benede. Die suiwer water daaruit sypel dan nog dieper na benede, of dit verdamp in so `n ruimte. Maar die slymerige kalkmassa word harder en harder, en deur die reëlmatige toename ontstaan daar uiteindelik allerlei vorms, wat min of meer nou soos die een, dan weer soos die ander aardse maaksel lyk. En so ontstaan die hele skepping in hierdie grot op `n heel natuurlike manier, hoewel daarnaas wel aan te neem is dat die satansdienaars belangrik bygedra het aan die beter vormgewing van allerlei mensagtige vorms, ten einde die swakke mense `n rat voor die oë te draai.
[2] Daarom is dit beter om so `n grot, wat die duistere bygeloof baie versterk, vir alle toekomstige tye ontoeganklik te maak. Dus gaan ons nou na buite sodat ArkiEl sy opdrag betreffende hierdie grot kan uitvoer!"
[3] Festus bedank My heel hartlik vir hierdie verklaring en sê: "Vir my is hierdie verklaring des te meer verstaanbaar omdat ek hierdie - weliswaar meer as `n vermoede - al van die Romeinse natuurkundiges gehoor het. Maar ook die toevoeging oor die medewerking van die satan is baie belangrik; want daardie lewensvyand sal sulke sake sekerlik nie onbenut laat nie, aangesien die kwade gevolge van drie wêrelddele gegryp is! Dit is nou vir my alles helder; maar slegs één ding kan ek nie so goed plaas nie - en dit is: hoe kan God gelukkig wees!
[4] Sê my eers, watter genoeë kan God nou beleef in Sy eie onverwoesbare lewe?! Hy weet tog altyd presies wat die werklike rede van alle bestaan is? Kan Hy dan vreugde hê aan die onontkombare steeds maar gelykblywende kennis? Daarby het Hy geen enkele moontlikheid om Homself te verander nie! `n Mens sou tog dan van verveling doodgaan?!"
[5] Ek sê: "Kyk na hierdie mense hier! Hulle is God se vreugde as hulle in hul ordening diegene word waarvoor hulle bestem is. In hulle vind God Sy gelyke terug. Hulle voortdurende groei in alle soorte kennis en daardeur in alle liefde, wysheid en skoonheid is God se onverwoesbare vreugde en saligheid! Want alles wat die oneindigheid bevat, is slegs daar maar vir die kleine mens, en daar is in die ewigheid niks wat nie slegs vir die kleine mens is nie. - Nou weet jy dit ook! Maar nou gaan ons uit hierdie grot uit, sodat ArkiEl sy opdrag so gou moontlik kan uitvoer!"
[6] Ons haas ons nou om die grot te verlaat en bereik spoedig die einde daarvan. Toe ons almal buite die grot is, gee Ek aan ArkiEl `n teken en op daardie oomblik klink daar `n hewige knal, en die baie groot ingang word nou `n hoë granietwand, waar geen lewende wese sou deurbreek nie, ook al sou hy hom dit nog ernstig voorgeneem het. Maar om die toegang so te sê heeltemal onmoontlik te maak, word, nadat ons onsself ongeveer drieduisend treë verwyder het van die plek waar die ingang hom bevind het, `n breuk in die grond veroorsaak, sodat die plek van die voormalige ingang op meer as honderd manslengtes afstand verwyder word van die aangrensende grond, wat in die diepte geskuif is. Nou sou mens dus `n meer as honderd manslengtes hoë leer moet hê om via die loodregte wand by die voormalige plek van die ingang te kom - wat dan tog vrugteloos sou wees, aangesien die ingang self `n harde en steile rotswand geword het.
[7] Toe Festus en ook alle aanwesiges sien hoe hierdie plek in die berge verander is, sê Festus aan My: "Heer en Vriend! Waarlik, ek kan my nou nie meer langer beheers nie! Die verskynsels kom nou te naby die skeppende; hulle bevind hulle al `n ewigheid verby die horison van my begrip! Ek weet nou egter nie meer of ek nog leef en of ek droom nie! Daar gebeur sulke vreemde, raaiselagtig wonderbare dinge hier dat `n mens selfs as mens volkome nugter is, stomdronk daarby word en nouliks meer met die eie bewussyn kan onderskei of mens tot die manlike of die vroulike geslag behoort. - Kyk nou weer na die verskriklike rotswand! Waar is die eerste een, toe ons so gemaklik oor `n goed begaanbaar bergpad ons weg na die grot gevind het?
[8] En by alles is dit nog die vreemdste dat by die hele verandering van verskeie duisende morg grond geen spoor van enige gewelddadige vernieling bespeur kan word nie. Die hele omgewing sien daar tog net so uit asof hier sedert die ontstaan van die aarde niks verander het nie!? Werklik, as hier duisend mense honderd jaar lank gewerk het, dan is die vraag of hulle hierdie massa wel sodanig sou kon verplaas het dat so `n rotswand, wat in totaal ruim honderd-en-vyftig manslengtes is en meer as `n uur breed is, net so vry gemaak kon word as wat dit nou vrystaan! En daar was `n paar oomblikke gelede nog niks van te sien nie! En dan nog die manier wat nie die minste spore agtergelaat het van enige vernieling nie! Dit is in alle erns fabelagtig! Ek is self benoud vir die gesigte van al die seelui, wat nou op hierdie plek van die vroeëre weelderige bosstreek hierdie reusewand gaan ontdek! - Baie sal glad nie weet waar hulle is nie; en baie sal soos `n kat in `n vreemde pakhuis staan en rondkyk!"
[9] Ek sê: "Daarom sê Ek aan julle almal dat julle hieroor moet stilbly, en selfs die vroue ook niks daarvan vertel nie; want Ek het hulle hierdie keer nie laat saamgaan nie, omdat hulle by besondere ongewone voorvalle, ondanks elke verbod, hul tonge nie in bedwang kan hou nie. Daarom moet julle julle vroue niks oor die buitengewone gebeurtenisse vertel wat op hierdie plek plaasgevind het nie! Julle kan hulle wel die vorm van die grot beskryf en hulle ook vertel oor die nuutgevonde skatte; maar geen woord verder nie!" - Almal belowe dit heel plegtig, en ons volg dan rustig ons weg na Kis en kom met sononder daar aan. Natuurlik kom die tuisgelate vroue en meisies ons gesamentlik tegemoet en hulle weet nie hoe gou hulle moet vra oor die wonderlike dinge wat ons nou weer beleef het nie. Maar hulle word gesê dat dit nog te vroeg is om te vra, en dat daar slegs maar sprake is van die opgrawing van skatte wat die fariseërs verswyg het. Hiermee is die vroue tevrede en hulle vra nie baie meer verder nie.
[10] Ons gaan dan dadelik na die aandete, omdat almal wat saamgegaan het, geen middagete gekry het nie en al behoorlik honger was en het daarom baie na `n goed voorbereide aandete verlang.
|
|
|
|
|