|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 235
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Markus red skipbreukelinge
235 Toe Markus etlike oomblikke later by die boot aankom, wat al byna gesink het, laat hy die wat deur die ongeluk bedreig is, vinnig na sy boot oorstap, neem die verrotte boot uit Sibara op sleeptou en bereik so baie gou die oewer. Die aantal gereddes het omtrent dertig beloop.
[2] Toe hulle gered en op droë grond staan, vra die Leviete, wat gesien het dat hy `n ou Romein is, dadelik watter loon hulle die loods vir sy moeite moet gee. Aan `n Judeër sou hulle dit sekerlik nie gevra het nie, want dié sou dit as `n groot barmhartigheid moes beskou dat JaHWeH hulle waardig geag het om deur hulle Sy dienaars uit die gevaar te laat red. Want JaHWeH laat dit so nou en dan slegs maar ter wille van die mense gebeur, sodat hulle daardeur geleentheid kan kry om hul vastheid van geloof en hul onwankelbare afhanklikheid te toon van die tempel, wat, soos wat ewig geen ander, die enigste egte woning van God op aarde is.
[3] Maar Markus sê: "Ook al is ek `n ou Romein, tog ken ek die ware God beter as julle almal. Want as julle God sou ken, voorwaar, dan sou julle geen leviete en ook geen fariseërs nie, maar ménse gewees het! Maar omdat julle Hom nou juis nie in die minste ken nie, terwyl julle jul verbeel dat julle Sy dienaars is, sê ek: Vervloek is diegene wat sy broer in die nood help en `n loon daarvoor vra! Want God laat nooit `n goeie daad, wat ons in Sy Naam gedoen het, onbeloon nie. Maar as God ons beloon, Hy wat alleen elke mens werklik kan beloon, hoe en waarom sou ons dan van ons kant af nog loon vra? Daarom is julle egter almal slegte dienaars van God; want julle sê dat julle God dien, maar neem van die arme mense `n dikwels onbetaalbare loon daarvoor.
[4] Leer dus van my, `n vergrysde soldaat van die magtige Rome, hoe `n mens die ware en ewig lewende en almagtige God moet dien as `n mens deur Hom gesien en beloon wil word!
[5] Daarom neem ek ook nooit loon aan van `n mens wat ek gehelp het terwyl hy in nood verkeer het nie. As ek egter vir my en my gesin gewerk het, dan vra ek wel `n toepaslike loon vir my moeite en laat ek my vir my visse, wat ek na die mark toe bring, volgens reg en billikheid betaal. As julle dus hier iets te ete en te drinke wil hê, dan sal ek my wel daarvoor volgens reg en billikheid laat betaal."
[6] Die gereddes sê: "Helaas, uit wat jy sê blyk dit dat jy `n Judeër en geen heiden is nie; want so waarheidsliewend het ons `n heiden nog nooit hoor praat nie. O, ons sal jou daarvoor nooit kwaad aansien nie. Ons is dit ook heeltemal nie so deur dik en dun eens met diegene waarvoor jy ons met reg verwerp en wat jy by ons afkeur nie. Maar ons sit nou eenmaal in die stroom en moet ten minste binne sigafstand van die tempel bly saamswem. As ons ander kanse sou kry, dan sou geen mens die tempel eerder die rug wil toekeer as ons nie, want ons glo dat God nêrens minder aanwesig is as juis in ons tempel nie. Maar wat moet en kan ons daarteen doen? O, ons sien maar net so goed soos jy dat die tempel te Jerusalem nou niks anders meer is as `n reusagtige instituut van bedrog nie, waaragter nouliks één ware lettergreep, laat staan één waar woord nog bestaan. Maar daardie instituut is nou deur die groot mag van Rome bekragtig, en daaraan is nie meer te verander nie.
[7] As daar nog `n ware en almagtige God is, dan sal Hy die onbetaamlikhede tog gou feestelik laat eindig; maar as daar geen egte God is nie, en as alles wat ons ken en weet verder uit niks anders bestaan as slegs maar ou verdigsels en fabels nie, wel, dan dig en fabel ons ook saam. Die wêreld, wat die bedrog tog reeds liewer het as die waarheid, is volkome tevrede daarmee, en hulle kan dan onmoontlik nóg van ons, nóg van die blinde wêreld meer verlang nie."
[8] Markus sê: "Julle is vir my mooi helde en mooi mense! Epikuris* is julle leraar, so al dan nie in persoon nie, omdat hy al `n hele tyd gelede die tydelike met die ewige verwissel het, maar des te meer in die toepassing van sy verteringsfilosofie. Sê daarom of julle iets wil eet of drink, en aan julle wens sal gehoor gegee word!"
[*epikuris:1. Genotsugtige mens. 2. Wellusteling, genotsoeker, lekkerbek. 3. met ’n fyn smaak vir kuns, voedsel, drank: - H A T]
[9] Een vra: "Watter gaste is daar nou nog wakker langs jou huis? Dit is nou tog al ongeveer middernag - en daar sit dan nog soveel gaste voor jou huis? Is hulle miskien ook gered? Want die see het vandag baie hoog gegaan, sonder dat daar nou soveel wind was."
[10] Markus sê: "Met dié gaste het julle niks te make nie, en die Romeine is te hooggeplaas vir julle om sommer so na hulle toe te wil gaan. Kortom, julle karakter is van `n te lae vlak vir dié van die gaste. Hoofman Julius van Genésaret is onder andere ook daarby. As julle miskien met hom iets te bespreek het, dan kan ek hom wel hierheen laat kom."
[11] Toe die jong leviete en fariseërs dié naam hoor, skrik hulle geweldig en smeek Markus om hulle in elke geval daarvoor te bewaar, want hy is geen mens nie, maar `n onverbiddelike duiwel. Daar was `n aantal onder hulle, vir wie Julius pas `n paar dae gelede in Genésaret met leem die oë en die ore laat toesmeer het en toe onder militêre begeleiding na Kapernaum laat bring het. Nou het hulle dan ook geweldig geskrik, omdat hulle toe gedink het dat Julius hulle dit wéér sou aandoen.
[12] Maar Markus sê vir hulle: "Hier hoef julle vir niks anders bang te wees as vir `n kontrole van die reispasse nie, waarmee die Romeine oor die algemeen baie streng is."
[13] Een van die groep leviete sê: "Daar lê vir ons eintlik die steen des aanstoots. Die tempel wil haar nog steeds nie skik volgens hierdie Romeinse voorskrif nie, en ons as laagste dienaars van die tempel kom in duisenderlei narighede daardeur, waarvoor geen mens ons dan skadeloos stel nie, nie die tempel nie en niemand anders ook nie. Tog moet ons, genoodsaak daartoe deur die tempel, allerlei togte onderneem van die een einde van die wêreld af na die ander, en as ons skade ly, word hierdie skade ons van geen enkele kant vergoed nie.
[14] Ons is weliswaar kinders van ryk ouers, anders sou die tempel ons nooit in haar diens in gelok het nie, maar nou dat ons eenmaal wetlik binne die mure tuishoort, kan ons onsself nie meer daarvan losmaak nie. Die gevolg hiervan is dat ons nou die feitelike sondebokke is vir die hele wêreld. Ons sit nou eenmaal onder die juk van die egte wêreldse verdoemenis. Bevry ons daarvan as jy kan! Aan die een kant is ons ouers wat in die geloof ywer en hulle verwante, aan die ander kant is die ysere dwang van die tempel. Laat diegene wat sin daarin het en dit wil doen, hulle maar eers vrywikkel, maar ons kan dit nie doen nie!"
[15] Markus sê: "Weet julle wat? Volgens julle woorde is julle die beste geskik vir die geselskap daar voor my huis. Kom maar saam met my, dan sal ek `n goeie woordjie vir julle doen! Miskien red ek julle tog uit die meul van die tempel, wat volgens julle sê so "menslik" oor julle, haar dienaars, besorg is."
[16] Die gereddes sê: "Alles goed en wel, as Julius maar net nie daar was nie, want ons het geen reispasse nie."
[17] Markus sê: "Wel, dan sal hy dit wel aan julle gee."
[18] Die gereddes sê: "Dit sal hy sekerlik doen, maar waarvoor!"
[19] Markus sê: "Kom en volg my! Die reispasse sal beter uitval as wat julle dink, want Julius is, net soos ek, `n vriend van openhartige mense."
[20] Na hierdie aanmoediging deur die ou Markus en sy twee seuns, laat die gereddes hulle uiteindelik tog oorhaal om saam te gaan, en Markus bring hulle opgewek na ons toe, terwyl hulle hom aarselend volg.
|
|
|
|
|