Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 193

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die veroordeling van die misdadigers

193 Cyrenius prys nou vir Julius, maar sê ook baie vriendelik en wys: "Beste Julius, jy weet dat ek baie van jou hou en dat jou heldere verstand my nog altyd goed geval het, maar wat jy nou gesê het, skyn my tog nie heeltemal van jouself te wees nie. Dit het jy ook van die sekere Een in jou hart ontvang!"

[2] Julius sê: "O verseker; want die waarheid lê nie in die vuur nie, maar slegs in die sagte lig daarvan, en daarom het ek sedert ek Hom ken ook baie sagter en gemoedeliker geword. O, as ek Hom tog maar net nog eenmaal in my lewe êrens kan ontmoet!"

[3] Die naas hom staande en alles in die oog houdende Jarah sê: "O, dit is ook my enigste wens!"

[4] Tydens die gesprek het Ek ongemerk agter Julius gaan staan. Slegs Cyrenius sien My, en sê na `n wenk van My aan Julius: "Kyk gou om! Agter jou staan Iemand wat ek glo met jou wil praat!"

[5] Julius kyk vinnig om, en val byna in onmag van blydskap om My hier te sien, en Jarah gee `n kreet van groot verrukking en val soos `n dooie aan My bors; Ek moes haar `n halfuur so laat lê voordat sy weer uit haar salige verdowing bygekom het.

[6] Maar omdat dit al flink aand se kant toe gestaan het, sê Ek aan die oue Markus: "Sorg jy nou weer vir `n welvoorsiene aandete; laat daar geen gebrek wees aan vis, brood en wyn nie!"

[7] Markus sê: "Heer, wat moet ons nou met die misdadigers doen wat daar by die see aan pale gebind en deur soldate bewaak, waarskynlik in groot angs op hul oordeel wag?"

[8] Ek sê: "Hulle laat ons vandag sewevoudig smag, vanweë die talle kwade geeste waardeur hulle besete is, en niemand mag hulle iets te ete of te drinke gee nie, omdat hulle andersins nie te genees is nie! Broer Julius, deel jy hulle vandag nog as oordeel mee dat hulle môre `n baie pynlike dood sal sterwe deur `n langsame verbranding wat die hele dag sal duur! Môre sal hulle dan begenadig word, en Ek sal sien of hulle losgelaat kan word. Die waansinnige angs sal hul kwade inwoners sag maak en hulle sal die een na die ander vertrek. Bind hulle egter goed vas aan die pale, andersins sal hulle jou nog baie moeite gee!

[9] Die sewe politieke opruiers kan jy ietwat ligter straf, omdat hul misdaad geen belangrike ding aangaan nie; aan hulle deel jy as oordeel mee dat hulle `n harde tugtiging met die roede sal kry, en gee hulle daarna brood en water! Môreoggend sal dit wel blyk of hul straf agterweë kan bly of nie!"

[10] Na hierdie woorde sê Cyrenius aan Julius: "Gaan dus, breek die staf en deel hulle mee wat hulle môre kan verwag!"

[11] Julius staan dadelik op en loop saam met enkele onderaanvoerders na die oewer, wat ongeveer vyfhonderd treë van die woning van Markus af lê. Toe hy daar by die misdadigers wat aan die oewerpale vasgebind was, kom, beveel hy die soldate om die misdadigers nog vaster aan die pale te bind. Nadat die soldate dit met toue en kettings gedoen het, deel Julius aan die vyf roofmoordenaars mee hulle die volgende dag vanaf vroegmôre kan verwag! Op dieselfde wyse deel hy die sewe politieke misdadigers die harde tugtiging mee.

[12] Toe die vyf roofmoordenaars die oordeel hoor, begin hulle te kerm, te bewe en te wanhoop, en roep dat die mense hulle liewer dadelik moet kom doodmaak, want so `n pynlike straf sal hulle onmoontlik kan verdra! Ook die sewe roep om barmhartigheid en medelye. Maar Julius gaan dadelik weg en luister nóg na die afgryslike gehuil van die vyf roofmoordenaars, nóg na die sewe ander misdadigers.

[13] Toe hy weer by ons kom, sê hy: "Dit is regtig geen kleinigheid nie! Die gekerm, die wanhopige gesigte en gebare, waardeur selfs `n dier met ontsag vervul sou word! Nou, ek is bly dat ek weer uit hul omgewing weg is! Dit is byna nie te glo nie - maar die hoof van Medusa sou haas nog mensliker daar uitgesien het! Ek is nou al werklik benoud vir die gesigte wat die kêrels môre sal trek!"

[14] "Weet jy" sê Ek aan Julius, "dit kom deur die kwade geeste in hulle! Dié sal die groot angs skaars tot môre kan verdra en sal hulle, soos wat Ek gesê het, vir die grootste deel uit die voete maak, en ons sal môre die mense maklik heeltemal kan verlos."

[15] Cyrenius vra: "Maar wat moet daar dan met hulle gebeur? Kan ons hulle dan vrylaat, of moet ons hulle tog nog `n tyd opgesluit hou?"

[16] Ek sê: "Ongetwyfeld, want sonder volledige onderrig kan hulle in geen geval vrygelaat word nie! Ook nie die sewe nie, want `n mens raak die sonde nie so gou kwyt soos die snelheid waarmee hulle hulself daaraan oorgegee het nie! Vir die vyf sal `n periode van ongeveer een jaar voldoende wees, en vir die sewe `n halfjaar. - En laat ons dan nou in alle rus blymoedig die aandete tegemoet gaan!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205