Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 218

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Siel en liggaam

218 Cyrenius sê: "Heer, vergeef my, hier moet ek iets tussenin vra! Wat gebeur daar dan met die kiem van die koring as dit tot meel gemaal en vervolgens tot brood gebak en daarna geëet word? Leef die lewenskiem in hierdie stadia nog steeds aan?

[2] Ek sê: "Sekerlik; want as jy die brood eet, word die materie van die meel weldra weer langs die natuurlike weg uit die liggaam verwyder, maar die kiemlewe gaan dan deur sy geestelike vorm dadelik in die lewe van die siel oor en word volgens sy ooreenstemmende geaardheid, één met haar. Die meer materiële van die lewenskiem, wat haar altyd, soos wat die Mosaïese water by die Gees van God, as soliede ondergrond dien, word voedsel vir die liggaam en gaan uiteindelik, as dit na behore gesuiwer is, ook in die siel oor. Dit dien haar tot vorming en voeding van die organe van die siel, soos haar ledemate, haar hare ensovoorts en verder vir die vorming en voeding van dit alles wat jy van a tot z aan `n menslike liggaam vind.

[3] Dat `n siel uit al dieselfde dele as die liggaam bestaan, daarvan kan jy jou by die engel Rafael, wat aan ons tafel sit en nou met Josoë praat, meer as tasbaar oortuig. (Ek wend My na die engel:) Rafael kom hierheen, en laat jou deur Cyrenius betas!"

[4] Die engel kom, en Cyrenius betas hom en sê: "Ja, ja, dit is suiwer natuur en so te sê duidelik materie! Hy het helaas net soos ons alle ledemate en dieselfde vorm as ons, alles is net baie edeler, sagter en heelwat mooier; want die sjarme van sy gelaat is, kan mens wel sê, onoortreflik stralend mooi! Dit is sekerlik geen meisiegesig nie, maar `n manlike gesig, met ernstige trekke, maar tewens tog mooier as die mooiste meisiegelaat! Ek het my voorheen egter veels te min oor hierdie lid van ons geselskap bekommer. Hy word bepaald steeds mooier, hoe langer ek hom bekyk. My hemel, dit is egter baie vreemd! (Tot die engel sprekend:) Luister hier, pragtige mooie engel, voel jy ook liefde in jou mooie bors?"

[5] Die Engel sê: "O ja; want my geestelike liggaam is gelyk aan die goddelike Wysheid, en my lewe is die Ewige Liefde van JaHWeH God. En omdat my lewe suiwer liefde is, moet ek die liefde tog ook voel, omdat my lewe self maar net suiwer liefde is.

[6] Hoe kon U, as so `n wyse man, my nou so iets vra? Kyk, wat JaHWeH God Self ewig was, is en ewig sal bly, dit moet ons tog ook wees, omdat ons algeheel uit Hom en sodoende ook volledig in alles Sy wese is. Soos wat ‘n straal van die son ook algeheel dieselfde is en self doen soos die son! As dit nou so is, waarom dan die vraag?!"

[7] Cyrenius sê: "Ja, ja, dit is heeltemal in orde, en ek sou dit ook wel sonder jou verklaring geweet het; maar ek moes jou tog iets gevra het om die klank van jou stem te kan hoor. Maar nou is ons klaar met mekaar en jy kan weer na jou plek toe gaan!"

[8] Die Engel sê: "Dit kan u nie, maar slegs die Heer my beveel!"

[9] Cyrenius sê: "Vriend, dit lyk vir my dat jy by jou skoonheid, wysheid en liefde nog aardig koppig en eiesinnig is!?"

[10] Die Engel sê: "O sekerlik nie! Maar sterflikes kan en mag my geen voorskrif gee nie; want ek self is `n meester en laat my deur niemand iets voorskryf nie. My ‘ek’ is nou, afgesien van die feit dat ek volledig in alles uit God is, `n volmaakte selfstandige ‘ek’! Bowendien hoef ek nie soos die mense van hierdie wêreld vir iets te vrees nie, want daarvoor het ek `n mag en krag waarvan u nog nooit gedroom het nie. As u dit egter van naderby wil leer ken, vra dan maar eers vir die hoofman Julius en my leerling Jarah en ook die leerlinge van die Heer; hulle sal u wel iets daaroor kan vertel!"

[11] Cyrenius sê: "Heer, wil U tog maar vir hom sê dat hy weer na sy plek toe moet gaan, anders begin ek werklik baie bang vir hom te word; want met hom sou ek geen kerse gaan eet nie! Hy word steeds growwer en meer opgewonde, en daar is met hom ondanks al sy skoonheid niks aan te vang nie."

[12] Ek sê aan die engel: "Nou, gaan dan maar weer na jou plek!" - En die engel volg oombliklik my aanwysing op en gaan weer na sy ou plek. Cyrenius is bly daaroor, want hy het werklik baie bang vir die engel geword.

[13] Dadelik daarna vra Johannes en Matthéüs My of hulle dit alles moet opskryf.

[14] Ek sê: "Dit kan julle vir julleself doen, maar vir die volk hoef julle dit nie op te skryf nie, want hulle is nog so `n tweeduisend jaar te jonk om dit te verstaan. `n Mens moet nooit die pêrels voor die swyne gooi nie, omdat hulle nie weet om die kos te onderskei van die slegste varkvoer nie. Maar vir julle en vir `n paar ander kan julle dit in elk geval wel opskryf."

[15] En beide leerlinge doen dit ook met bypassende beeldtekens ter onderskeiding van dit wat hulle volgens My opdrag met gewone Hebreeuse lettergrepe opgeskryf het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205