|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 227
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die val van die geeste
227 "Maar soos wat dit op klein skaal by die mens gegaan het toe hy in sonde geval en daardeur sy geaardheid bederf het, so het dit ook eenmaal gegaan by die skep van die suiwer geeste uit God, bykans op dieselfde wyse.
[2] Die gedagtes en die daaruit ontstane groot idees van God sou hulle eenmaal sover bevind het, dat hulle hulleself tot `n begaafde wese volgens die oervorm van God met `n eindelose verstand sou verbind het. Dan sou hulle van hulle vrye selfstandigheid begin bewus word. Die eerste wat dan gedoen sou moes word om hulle algeheel vry te maak, moes dan gewees het dat hulle die geleentheid gegee en getoon word hoe en op watter wyse hulle in hul handel vry sou kon word en bly.
[3] Maar hoe moes dit gebeur? Moes `n mens hulle maar net in ‘n sekere sin gesê het: Julle is nou lewend, asof julle dit uit julleself is, en kan nou doen wat julle wil!? - Dan is dit maar ‘n vraag of sulke wesens, wat in hul lewe nog geen ervaring opgedoen het nie, wel in staat sou wees om die een of ander vrye besigheid te gaan doen. Ja, hulle sou baie eerder, net soos `n gulsigaard, hulle slegs stort op die versadiging van hul wese met `n geskikte voedsel vir hulleself en sou verder sekerlik niks anders doen nie. Soos wat julle dit by volke wat geestelik nog baie onontwikkeld is, kan sien en ondervind. Hul hele sorg is gerig op die maag, en hulle hele besigheid is ingestel op die so goed moontlike bevrediging van daardie liggaamsdeel.
[4] `n Ander voorstel is: Vertel hulle, na gelang van hul verstandelike vermoëns, wat hulle moet doen, en dan sal hulle op dié manier wel aan die slag gaan! - Goed sê Ek, as egter in hierdie wesens, wat nog baie tot die ou rus geneig was omdat hulle daaruit voortgekom het, heeltemal geen begeerte tot besigwees opgewek is nie en voorlopig ook nie opgewek kan word nie, die liefde vir algehele passiwiteit die botoon gaan voer en die wesens daarom tog nie aktief kan word nie, wat dan? Wel, dwing hulle dan deur die almag wat die Skepper so duidelik het!
[5] Alles goed en wel, maar wat dan van die absolute selfwerksaamheid, wat maar alleen in staat is om `n geskape wese tot volle, onafhanklike, vrye selfstandigheid te bring? Kyk, sonder hierdie uitgesproke, ten volle onafhanklike selfstandigheid sou elke geskape wese `n suiwer masjien gebly het, wat slegs deur die wil en volgens die vrye verstand van die masjienmeester aan die werk gaan!
[6] Daaruit sien julle dat daar hierby van `n 'moet' heeltemal geen sprake kan en mag wees nie. Want met 'moet' werk maar net masjiene, waarvan daar, jammerlik genoeg, op hierdie aarde, die aarde self inbegrepe, `n nog te groot hoeveelheid op hande is. Ook die eindelose heelal is heeltemal gevul met sulke bestuurde masjiene. Want alle sonne en mane is slegs masjiene, en alle liggaamlike wesens op en in hulle is dit ook, net soos wat die liggaam van elke mens op sigself niks anders is as `n kunstige masjien nie, wat deur die vrye wil van die siel op velerlei maniere in beweging gebring kan word.
[7] As dit egter só en onmoontlik nooit anders kan wees nie, hoe sou die eersgeskape, rein geestelike wesens dan tot beperkte vrye selfstandigheid, en van daar uit hulleself tot volle selfstandigheid kon kom? Kennelik is daar geen enkele ander manier as met `n 'Jy sal'-gebod nie, hoewel nie so dwingend as by Adam nie.
[8] Maar hierdie gebod alléén sou ook verniet gewees het as daar tesame met die gebod nie die neiging of prikkel tot oortreding daarvan aan die nuutgeskape wese saamgegee sou word nie. As die neiging tot oortreding die wese egter ingegee is, dan moet ook `n daaruit voortkomende kwade gevolg as `n soort straf ingereken wees, en aan die wese moet die gevolge getoon word, sodat hulle werklik is, en ook moet dit vertel word hoe en waarom die gevolge altyd sal en moet volg op `n handeling wat teen die gebod ingaan.
[9] Ja, mens moet die wesens selfs toon dat die wese wat die gebod oortree, miskien in die begin wel `n kortstondige voordeel kan hê, maar dat daaruit later altyd `n langdurige nadeel sal voortkom, wat slegs met baie moeite en inspanning tot niet gemaak kan word. Daarmee voorsien, kan die nuutgeskape wese eers ware gebruik gaan maak van sy vrye verstand en die daaruit voortvloeiende daadkrag, en dan mag dit gaan soos wat dit gaan, krom of reg, goed of sleg. Kort en klaar, die nuutgeskape wese word nou uit homself werksaam en begin so aan die vernaamste episode tot die volle en egte selfstandigheid te werk, en uiteindelik by alle geskape intelligente wesens gaan dit daarom. Want so word selfstandigheid bereik, hoe dan ook, op `n kort of op `n langer weg, en die totale vernietiging van die eens geskape verstandelike wese word daardeur afgewend.
[10] Of die selfstandigheid voorlopig egter iets salig of iets onsalig is, dit is dan uit die oogpunt van die Skepper nie belangrik nie, want vir elke wese is `n deur oopgelaat om langs die uitgestippelde pad die saligheid te bereik. As hy wil - dan is dit goed vir die wese, wil hy egter nie - ook goed! Want niemand anders het daaraan skuld nie, behalwe alleen die wese self. Hy behou sy selfstandigheid vir ewig. Salig of nie is dan nie belangrik nie, want in die grond van die saak moet hy as skepsel tog voldoen aan die totale orde van die Skepper.
[11] Nou dat ons dit weet, sal dit nie meer moeilik wees om die val van die eerste geskape rein geeste daarmee onder woorde te bring nie. Want hulle het ook `n gebod gekry, en daarby die noodsaaklike prikkel om dit te oortree, met daaraan verbonde kortstondige voordele. Daarteenoor staan wel geen besondere prikkel om die gebod te hou nie, maar wel die duidelik gestelde vooruitsig op die ewige voordele, wat, al is dit ook ietwat later, tog altyd verseker op die navolg van die gebod sal en moet volg!
[12] Dat `n gedeelte van die wesens toe die gebod nagevolg het, en `n gedeelte nie, is duidelik in die sigbare, materiële skepping te sien, wat as `n oordeel of as straf op die nie-hou van die gegewe gebod móés volg, en op sigself, in `n geestelike opsig, niks anders is nie as die langer weg na die salige, vrye bestaan van die geskape geeste.
[13] Andersyds is ons engel dan, soos wat hy nou by ons is, `n net so duidelike bewys daarvoor dat daar tog ‘n tallose leërskare van toenmalig vry geskape geeste was wat die gegewe gebod, ook al was dit nie soos by Adam dwingend nie, nagevolg het, en nou is die hele materiële skepping in alles aan hulle mag, krag en wysheid onderworpe.
[14] Hierdie engel sou weliswaar vir die latere mense maar weinig bewys kon lewer dat `n oorgrote deel van die eersgeskape rein geeste nie deur die gegewe gebod geval het nie; dit is egter vir die saligheid van elke mens ook glad nie nodig nie, veral solank `n mens nog nie deur sy gees tot die volle kennis van homself gekom het nie.
[15] As `n mens sover gekom het, staan daar sonder meer op daardie oomblik, soos wat die mense sê, al sewe hemele vir hom oop, en daaruit kan hy dan bewyse gaan haal soveel as wat hy maar wil. En op hierdie wyse is alles dus gereël.
[16] My liewe Cyrenius, sê my eers of jy jou nou `n goeie begrip van die sondeval van die eersgeskape geeste kan vorm!"
|
|
|
|
|