Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Jesus in die woestyn en aan die meer van Genésaret.

Die nuwe owerste

81 Die volgende môre straal die son weer aan die hemel en baie van die aanwesige gaste, wat ook voor ons gaan slaap het, dartel reeds buite rond toe Ek, die leerlinge, die Romeine en Kisjonah uit die huis na buite gaan.

[2] Nie lank daarna nie kom ook Bab en sy familie uit die stad; want hy het laat die aand na sy huis in die stad teruggekeer om ons geen oorlas te besorg nie. Toe hy egter daar aankom - so vertel hy ons met duidelike haas - heers daar in die stad, en veral in die sinagoge, `n groot opwinding en verwarring en wel sodanig dat hy dit nie durf waag het om iemand te vra wat daar aan die gang was nie. Daar moes egter iets baie belangriks gebeur het, omdat hy nog nooit so `n opwinding by die dienaars en menere van die sinagoge gesien het nie.

[3] Ek sê: "Dit is `n gevolg van die nuwe besem, wat na die aftrede van Jaïrus aangekom het uit Jerusalem en waarskynlik vandag hier in Násaret `n inspeksie sal wil hou! Dit is nie so belangrik nie en ons sal daarom ons reeds klaargemaakte ontbyt goed laat smaak."

[4] Vervolgens rig Ek My tot beide die nog aanwesige jongmanne en sê: "Gaan na die sinagoge en bring Roban, die oudste hier, Ek moet met hom praat! Loop egter op julle gemak, sodat julle julleself nie deur julle plotselinge aankoms verraai nie!" Beide die engele doen dadelik wat Ek hulle opgedra het; ons gaan egter opgewek by die oggendete aansit.

[5] Toe ons van die tafel af opstaan, kom Roban met beide die engele daar aan, buig diep voor My en voor die nog aanwesige hoë Romeine en sê geestelik totaal uitgeput: "Ag, Heer, hier is dit hemel - en daar in die sinagoge woed die hel op sy ergste! Heer, ek hoef U dit weliswaar nie te sê nie, omdat ek maar al te goed weet dat niks in die hele wêreld aan U onbekend kan bly nie, maar dit is nou al haas om wanhopig van te word soos ons nuwe owerste te kere gaan!

[6] As daardie mens nie `n liggaamlike broer van die satan is nie, dan doen ek volledig afstand van my menswees! Eerstens beroof hy ons; nie net van ons geld nie, maar ook van al ons ander besittings, sodat ons nie eers meer weet waarvan ons nou in die vervolg met ons families sal moet lewe nie. Hy neem al die meel, alle peulvrugte, al die koring, alle gerookte visse; vervolgens sê hy dat al ons osse en koeie en kalwers, skape en esels, nou eiendom van die tempel is en sal hulle op die manier genadeloos van ons afneem! Daarby verklaar hy ons almal tot afvalliges van die tempel en wil ons bowendien nog alle moontlike straf oplê; want in Jerusalem is die mense heeltemal op hoogte met wat hier gebeur, en tewens het hy die strengste opdrag om U as volksverleier en volksopruier te laat gryp en aan die gereg oor te lewer! - Wat sê U van so iets dieragtigs?

[7] Herodes weet waar U gaan en staan en hy sou al lankal baie ernstige stappe teen U onderneem het, as hy nie die verkeerde mening gehad het dat U Johannes sou wees wat uit die dood opgestaan het nie. Dit het sy waarsêer, wat heimlik `n leerling van Johannes was, vir hom ingeprent. Want Herodes het Johannes op versoek van die slet Herodias in die kerker laat onthoof om sy hoof vir haar op `n skottel te laat aanbied ten bewyse dat hy voldoen het aan die eed wat hy aan haar gemaak het!

[8] Uit die bietjie kan U, o Heer, nou wel uitmaak hoe die sake staan! Ek sê vir U: as U nie met al U mag teenstand gaan bied nie, dan is U saam met almal wat hier by U is, liggaamlik gesproke verlore! Want ek kan U maar sê dat die hele hel nou letterlik los is; daar is al op U hoof tienduisend pond goud gesit!"

[9] Toe roep Ek Matthéüs en sê vir hom: "Skryf op wat jy nou sal hoor!"

[10] Matthéüs haal dadelik sy skryfgerei uit en maak hom klaar om te skryf.

[11] Maar Ek vervolg teenoor Roban: "Vriend, jy het die treurige geskiedenis van Johannes nou so vlugtig aangeroer, wees so goed en vertel dit weereens so, soos wat die nuwe owerste dit vir julle vertel het! Want Ek stel dit hoog op prys dat hierdie gebeurtenis só opgeskryf moet word!"

[12] Roban sê: "Dit doen ek met al die plesier in die wêreld, ek is slegs bang dat die mense my sal mis en dat ons dan gevaar kan loop dat die satansbroeder van `n owerste hierheen sal kom en `n afgryslike spektakel maak!"

[13] Ek sê: "Wees glad nie bang nie, want ons het nog genoeg mag hier om hom in toom te hou!"

[14] Roban sê: "In daardie geval sal ek die geskiedenis van Johannes dadelik woordeliks weergee soos wat die nuwe owerste ons dit vertel het. Dit was sy woorde:


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205