Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Volk en bestuur

55 Toe vra Cyrenius aan My of dit dalk nuttig sou wees om volgens hom alle bekeerde fariseërs, oudstes, leviete en skrifgeleerdes te onthef van die streng wette wat hy hulle opgelê het.

[2] Ek sê: "Mens moet, as mens die reg het om wette uit te vaardig, nooit `n nuwe wet te voorbarig uitvaardig nie! As daar egter `n wet is, dan moet `n mens nog minder gou wees om die gegewe wet op te hef, want die advies van die raad van wyses moet dit juis aantoon. Kyk, as jy `n nuwe wet gee, sal jy al hulle tot vyand maak vir wie die wet geld. Hef jy egter die wet daarna op, dan sal niemand jou daarvoor dankbaar wees nie, maar mense sal jou van swakheid betig en seëvierend sê: 'Dit is `n tiran! Noudat hy die oormag van sy vyande gesien het, sou hy graag deur die plotselinge ophef van die harde wet weer by die volk in guns wil kom! Maar hy sal weinig vriende by die volk vind, want wie eenmaal `n tiran was, sal vir die tweede keer dat hy aan die mag kom, dubbel so erg wees!'

[3] Daarom is dit beter om`n gegewe wet te handhaaf, as om dit gou weer op te hef. In stede daarvan kan `n mens die wet wel ongemerk buite werking stel en by oortreding daarvan in gedagte hou om nie te streng te oordeel nie. As daar dan `n ander bestuurder kom, het hy die vryheid om die nagelate wette van sy voorganger heeltemal op te hef en dienooreenkomstig die gees van die volk te vervang deur minder streng wette. Slegs in die geval waar mense jou daarom sou smeek, kan jy wel die strengste deel van `n eenmaal gegewe wet nie toepas nie, maar altyd met die voorbehoud dat die wet direk weer in alle strengheid toegepas sal word as daar vir jou tekens sou wees wat aantoon dat die mense voortgaan met die benadeling van die wet en die beoogde goeie saak!

[4] Kyk, elke bestuurder aan wie die volke toevertrou is, moet op `n verstandige manier lei as hy voorspoedig wil regeer! `n Lou en nalatige bestuurder sal dit egter spoedig betreur as hy, deur te groot toegewendheid, toelaat dat die volke bo sy hoof uitgroei!

[5] Want die volke gedra hulle teenoor hul regeerders soos kinders teenoor hul ouers. Streng en tewens wyse ouers sal ook goeie, gehoorsame en behulpsame kinders hê wat hul ouers sal liefhê en eer. Terwyl daarenteen by toegeeflike ouers die kinders hulle maar al te gou bo die hoof sal uitgroei en hulle uiteindelik uit die huis sal jaag of stel.

[6] Liefde met erns en wysheid is `n ewige wet; wie daarvolgens handel doen geen misstap nie, en die vrugte daarvan sal goed en heerlik smaak. Het julle My heeltemal verstaan?"

[7] Cyrenius sê: "Ja Heer, volkome en so was dit maar altyd in die wêreld gewees. `n Te goeie, toegeeflike bestuurder is gou klaar met regeer, maar ook `n te despotiese strenge bly selde lank aan regeer. Ek meen, ongeveer in die middel tussen beide vind hy die wysheid, geluk en daarby behorende duursame bestendigheid!?"

[8] Ek sê: "Ja, ja, so is dit: in die middel, soos wat Ek jou laat sien het! Nou gaan ons egter weer huis toe, want dit is al ver in die middag in!"

[9] Cornelius vra: "Maar Heer, bly die ou inwoners nou hier sit en slaap? Hierdie mense sou tog ook tuis die loflike manier van sabbatsviering kon toepas, sodat hulle deur hul geweldige gesnork nie die aanwesiges sou steur nie! Want dit is nie aangenaam om te hoor soos wat hierdie mense kan snork nie - `n verskynsel wat vir my hoogs onaangenaam is! Ek kan baie ongemak verdra, maar die gesnork van `n slapende kan my in `n soort vertwyfeling bring!"

[10] Ek sê: "Toe nou, hou maar daarmee op! Solank hulle snork begaan hulle geen sonde nie! Dit is goed dit hulle nou snork, want as hulle wakker was, het hulle dit gehoor wat hulle baie vererg sou gelaat het, en dit sou nie goed gewees het nie! Omdat hulle egter vas geslaap het, het hulle van al die voorvalle niks gehoor en gesien nie, en hulle daarom ook nie vererg nie, en kyk, dit is goed! Maar ons gaan nou, en laat hierdie mense slaap!"

[11] Toe begin ons in die rigting van die deur te beweeg, maar die fariseërs en oudstes hardloop na die deur, wat half geopen was, en gooi vinnig die groot deur heeltemal oop en sê: "Heer, daar staan geskryf: 'Verhoog die deur en verbreed die poorte, sodat die Koning van eer kan binnekom! Wie is egter die Koning? Dit is JaHWeH van die Skeppingsleërmag! Slegs Hy kry alle lof, alle eer en alle prysinge van ewigheid tot ewigheid!"

[12] En Cyrenius sê met `n vriendelik gesig: "Ja, so is dit en moet dit vir ewig bly! Die Heer is steeds met julle!"

[13] En hulle roep: "En met u gees, sodat u ons net soos Hy, barmhartig kan wees! Want tot op hede druk u wette swaar op ons, erger as die dood. Maar omdat ons nou self onvoorwaardelik Sy leerlinge geword het en ons u wette nou self oplê, bestaan u harde wette haas nie meer vir ons nie. Ons dank u selfs vir hierdie wette, want sonder dit sou ons maklik verraaiers van hierdie allerheiligste saak kon geword het! Daarom vra ons u ook nie meer vir die opheffing van die uitgevaardigde streng wette nie, want ons self, wat net soos u dink, glo en handel, hef juis hiermee deur ons persoonlike handeling, vir alle tye der tye die wet tot op die laaste strepie op!"

[14] Cyrenius sê: "Op daardie wyse is die wet ook deur my vir julle opgehef, en ek hoop beslis dat ek hierdie strenge wet nooit vir julle hoef te vernuwe nie. Laat julle daarom nooit op `n dwaalspoor gebring word nie en hou julle streng aan wat beide die engele julle aangeraai het, dan sal ons die beste vriende in JaHWeH God bly, en my regering sal julle nie swaar beval nie! En mag die nuwe owerste van julle skole uitblink, dat hy julle nie meer soos voorheen sal vervolg omdat julle vriende van Jesus, die ewige Heer is nie, en tewens vriende van julle goedgesinde Romeine te wees, dan sal julle wel weet waar om my te vind, en dan sal die maatreëls wel geneem word dat julle liggaamlike en veral geestelike regte die beste beskerm sal word! En nou sê ek nogmaals: Die Heer sy met julle almal!"

[15] En hulle roep almal weer toe: "En vir ewig met u gees!"

[16] Toe buig hulle almal diep vir ons en ons gaan deur die wydgeopende deur en gaan na die huis waar `n goeie maaltyd op ons wag, bestaande uit brood, wyn en allerlei soet en ryp vrugte. Ons neem plaas by die tafels, dank en eet op ons gemak wat op die tafels is, bly egter tot sonsondergang aan tafel sit onder die hou van allerlei verheffende toesprake en gesprekke.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205