Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die loflied van Dawid

7 Pas na die bogenoemde aandete, gaan Festus in opdrag van My na die groot skuur om te kyk of die skatte wat deur ArkiEl uit die grot na Kis oorgebring is, goed aangekom het. Alles is in orde, en ook is daar `n groot lys van al die verskillende skatte wat in die grot aangetref is, met vermelding van hul waarde. Festus vra die bewakers wie hierdie lys gemaak het.

[2] Maar die bewakers antwoord: "Heer, hierdie het ons reeds aangetref toe dit hier by ons vir bewaking neergesit is. Ons kan daarom nie sê wie dit gemaak het nie."

[3] Festus vra verder: "Sê my dan eers hoe die skatte hier aangekom het en wie dit gebring het!"

[4] Die wagters sê: "Ook dit weet ons nie; daar het egter `n jongman hier aangekom, wat ons al etlike dae in die geselskap van die Wonderdokter uit Násaret opgemerk het, en ons het begin om die skatte te bewaak. Ons het toe van die Romeinse onderregter opdrag ontvang en staan nou al ongeveer twee volle ure op wag. Dit is al wat ons van die skatte en van ons diensaanwesigheid af weet, en niks meer of minder nie!"

[5] Festus gaan daarop met die lys wat deur hom saamgeneem is na die onderregter en stel aan hom dieselfde vrae as aan die wag; maar die onderregter weet van die hele saak net so min as die eerste ondervraagde wag. Toe Festus merk dat niemand in Kis iets van die versorging van die skatte af weet nie, sê hy by homself: "Omdat hulle die minste van alles af weet, sal ek hulle niks verder wys nie, sodat hierdie saak nie onder die volk bekend word nie!"

[6] Terwyl hy hierdie afspraak met homself maak, gaan Festus weer na sy huis toe waar sy jong vroutjie al met ope arms op hom wag. Maar toe hy haar tot ruste gebring het, kom hy eers na My toe om oor belangrike sake te praat. Maar Ek maak `n afspraak met hom vir die volgende dag en beveel hom om nou liggaam en siel rus te gee, omdat hy net soos alle ander die rus nodig het.

[7] Tydens `n goeie nagrus gaan die nag egter gou verby en dit was ook hier die geval; Die mense dink daaraan om nog `n paar minute te slaap, toe roep die heldere môrelig reeds almal om die behaaglike rusplek te verlaat en weer met die daaglikse werk te begin. Die reeds klaargemaakte ontbyt laat kom elkeen uit die verskillende slaapvertrekke na die groot eetsaal. Daar gebruik almal net soos op die voorafgaande dae die oggendete en bring na die maaltyd dank en lof aan My. Vir die eerste keer word dit gesamentlik gedoen in die naam van JaHWeH, soos wat Dawid dit gedoen het toe hy sê (Psalm 33):

[8] Verheug u in JaHWeH, Sy regverdiges; die vrome moet Hom baie prys. Dank JaHWeH met harpspel en sing vir Hom by die tiensnarige harp. Sing `n nuwe lied vir Hom en begelei dit met suiwere klanke van die snarespel; want God se woord is waaragtig, en wat Hy beloof, dit kom Hy sekerlik na. Hy hou van geregtigheid en `n suiwer oordeel; die aarde is vol met die goedheid van JaHWeH. - Die hemele is deur die woord van JaHWeH gemaak en al Sy leërs deur die Gees van Sy Mond. Hy hou die water in die see by mekaar soos in `n leersak en lê die diepte in die verborgene. Laat die hele wêreld JaHWeH vrees, en alles wat op die aardbodem woon, moet na Hom opsien; want wat Hy sê, gebeur, en wat Hy beveel, is daar. Die Heer vernietig die raad van ongelowiges en slegtes en lei die gedagtes van die volke van hulle af. Maar Sy Raad bly ewig en die gedagtes van Sy hart bly sonder ophou. Geseënd is die volk wat JaHWeH as God het; want dit is die volk wat Hy as erfgenaam uitgekies het! - Die Heer kyk uit die hemel en sien die seuns van adam. Vanaf sy onwankelbare troon kyk Hy na almal wat op die aarde woon. Hy bestuur hul hart en gewaar al hul werk. `n Koning het niks aan sy groot mag en `n reus word nie gered deur sy groot krag nie! Perde help ook nie, en hul groot sterkte bring geen redding nie! Want die Oog van JaHWeH sien slegs diegene wat Hom vrees en op Sy goedheid hoop, sodat Hy hul siel kan red van die dood en haar voed tydens skaarste. Ons hart verheug haar oor JaHWeH, en ons almal vertrou op Sy Heilge Naam! - U goedheid, o JaHWeH, sy met ons, soos wat ons op U hoop!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205