Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Teregwysing van die inwoners van Násaret

23 Maar vir hulle wat My gesien het, kom Ek tog as `n profeet voor, en `n ou Násarener sê: "Eens op `n tyd het ek van `n deurtrekkende Babiloniër, wat gewoonlik as besondere tipe bedelaars ons streke en dorpe meermale besoek het en dan vir `n paar staters (pennings) allerlei toorkunste en waarsêery gedoen het, gehoor dat hy by my buurman `n voorspelling gemaak het, waar hy die volgende gesê het:

[2] 'Násaret, binne jou mure leef `n mens wat jy nie ken nie! Hy is stil en suinig met sy woorde; as Sy tyd egter gaan kom, sal die berge vir Hom en Sy woord buig; die winde en die see sal Hom gehoorsaam wees, en die dood sal vir Hom bewe en geen mag oor Hom hê nie! Dan sal die hele volk van hierdie stad hulle vreeslik verbaas; maar niemand sal Sy mag kan trotseer nie en die dood sal vir Hom vlug soos `n angstige bokkie vir `n jagtende leeu! As Hy egter van hierdie aarde af na die hemel toe sal gaan, sal Hy toelaat dat Sy vyande Hom drie dae in die doderyk hou; maar op die derde dag sal Hy uit eie mag die dood afweer en in alle krag en glansrykheid opstaan en met vlees en bloed na die hemel opvaar! Maar wee diegene wat Hom vervolg het; hul lot sal `n verskriklike vuurgerig wees, soos wat daar nog nooit op die aardbodem plaasgevind het nie! Wee alle hoogmoedige Judeërs! Tot aan die einde van die wêreld sal hulle geen eie land meer hê nie, maar hulle sal op die hele aardbodem verstrooid ronddwaal soos vervloektes, en hulle sal wild in die woestyn vertoef, en van stoppels, dorings en distels sal hulle ongenietbare brood maak om hul honger te stil, en by die eet daarvan sal hulle sterwe!' –

[3] Die bepaalde Babiloniër het dit ongeveer drie jaar gelede gesê; en dit is wel baie merkwaardig dat hierdie Jesus so `n man is; weens woorde en dade is Hy alles wat die genoemde Babiloniër voorspel het, byna woordeliks bevestig en binne ons mure! Maar wat is daaraan te doen? As die een uitgekom het, dan sal die ander, naamlik die oordeel, ook wel uitkom! Daarom is ek oortuig dat ons Hom Sy gang moet laat gaan, soos wat Hy wil en kan; want dit kan baie moeilik word as ons met Hom in konflik sou kom! Want wie die dooies kan opwek, moet ook nog baie meer kan doen! Vir iemand waarvoor die berge buig en die wind en see stil word, sal ons nooit wen nie! Daarom, kom ons laat Hom gaan, ook omdat, soos wat julle self sien, verskeie honderde Sy leer al met liggaam en siel aanhang en Hom aansien vir die beloofde Messias!"

[4] Hierdie toespraak van die ou Násarener maak dat baie hulle nog meer vererg, maar niemand durf nog `n woord sê nie.

[5] Maar Ek sê dat daar met hierdie volk niks aan te vang is nie, omdat hulle geen geloof en geen vertroue het nie en daarom sê Ek baie kortliks, maar so hard dat almal dit goed kan hoor: "Waarom vererg julle julle nou eintlik? Ken julle nie die ou gesegde nie: '`n Profeet word nêrens so min geëer as in sy vaderland en in sy huis nie!’ (Matthéüs. 13:57) Maar as dit dan nou so is, soos wat al die ou ervarings reeds vir ons geleer het, waarom vererg julle julle dan? Julle dink julle is slim, maar ek sê vir julle dat julle blind, doof en baie dom is! As EK HY is, wie EK IS, en My woorde en My dade daarvan getuig, waarom glo julle dan nie? Moet `n profeet dan altyd van ver kom om geloof te vind? Moet sy geboorteplek dan onbekend en sy taal vreemd wees?

[6] As Ek uit Persië of selfs uit Indië sou gekom het en die tekens sou doen wat Ek nou doen, wat niemand ooit voor My gedoen het nie, dan sou julle voor My op julle aangesigte gelê en skreeu het: 'God het by ons gekom, en ons is vol sonde en gebreke! Wie sal ons verberg en ons teen sy toorn beskerm?' Maar omdat Ek julle bekende seun van Josef is, vra julle: 'Waar kry hy dit vandaan?' O julle blinde dwase! Is hierdie grond hier nie net so goed soos God se aarde in Persië en Indië nie? Skyn hier nie dieselfde son, en word hier nie, net soos in Persië en Indië, deur God se steeds heersende krag en mag allerlei vrugte tot wasdom gebring en rypgemaak nie? Is die maan en die sterre en die son en die aarde hier minder goddelik as in die genoemde lande?

[7] As daar egter geen twyfel bestaan dat alles hier net so goddelik en van God is as in ander verre lande nie, waarom kan die mens dit dan nie sien nie? As Ek nou in julle teenwoordigheid dade doen wat vir geen Pers of Indiër ooit moontlik was nie, waarom kan Ek dan nie minstens so goed wees as `n dom Pers of Indiër om julle agting en julle geloof te kan verwerf nie? Waarlik, as Ek vandag na die Grieke en Romeine sou gegaan het, dan sou hulle tempels en altare vir My opgerig het!

[8] Daarenteen vra julle, omdat Ek in julle midde grootgeword het en omdat julle My al van kinds af ken, heel vererg en verwonderd: 'Waar haal hierdie timmerman dit nou skielik alles vandaan, terwyl ons hom altyd as `n egte lummel geken het?' O wag maar, die lummel is geen lummel meer nie, en het baie goeie dade vir julle gedoen - vroeër as lummel en nou nog meer as Heer en Verlosser; maar voortaan sal Hy dit nie meer doen nie!"

[9] Oor hierdie woorde vererg die Násareners hulle nog meer en hulle verlaat die skool.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205