Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Sarah se tweede opwekking uit die dood

12 Toe durf niemand meer verder vra en aandring nie en ons gaan na die grafkelder. Ek kyk na die lyk wat al goed stink en vra aan Jaïrus of hy nou miskien nog dink, of selfs maar glo dat sy dogter skyndood is?

[2] Jaïrus sê: "Heer, in my hart het ek dit die eerste keer ook nie geglo nie en ek weet maar al te goed dat my liefste dogter Sarah heeltemal dood was. Die mense sleep my egter daar by die hare dat ek valse getuienis teen U moet aflê, en as ek die boosaardige verklaring nie onderteken het nie, sou U nog baie erger vervolg geword het, en dit wou ek regtig nie hê nie! Omdat ek egter hierdie valse verklaring onderteken het, sien die mense U meer aan as `n arbeidsku rondloper, wat hier en daar mense gesond maak en in Israel naam wil maak, as vir `n profeet wat deur God geroep is, of selfs as die beloofde Messias, wat deur die hele hedendaagse, welvarende en ryke priesterkaste die meeste gevrees word. Want daar staan geskryf dat wanneer die hoëpriester uit die orde van Melgisédek na die aarde sal kom, alle ander priesters sal verdwyn en dat die nuwe Melgisédek met sy engele (boodskappers) vir ewig sal heers oor al die geslagte van die aarde.

[3] Ek sê vir U: Alle opperpriesters en alle onderpriesters tesame vrees nie vir die vuur of die storm wat voor die grot waarin die groot profeet verberg was, verbygegaan het nie, maar vir die gesuis van die wind bo die grot van die groot profeet is hulle bang, omdat hulle steeds sê dat die Messias uit die orde van Melgisédek soos `n dief in die nag heel stil sal kom en alles van hulle sal afneem wat hulle tot op hede vir hulself verwerf het! - Daarom wil geen enkele priester die aankoms van die Messias van God in ewigheid meemaak nie, maar wil dit liewer so ver moontlik in die verste toekoms verskuif sien.

[4] Maar omdat die hele, veral die ou priesterstand, deur U buitengewone dade en leringe ongetwyfeld so iets in U sien, stel hulle alles in werking om U - indien moontlik - ten gronde te rig! As dit nie sou geluk nie, omdat U werklik die Een is waarvoor hulle U hou, dan sal hulle hierna vir hulle bose bemoeienisse in sak en as boete doen en met groot vrees die almagtige slag afwag, waardeur hulle van ouds af vrees om alles te verloor en waarvoor hulle altyd gevrees het, want anders sou hulle nie bykans alle profete gestenig het nie. Kyk, dit is die rede waarom ek liewer verklaar het dat U `n rondloper is, as die Een wat U egter werklik is! Want mense kan hul dooies nooit in die lewe terugroep nie; dit kan slegs maar deur God se Gees gebeur, wat volgens my algeheel liggaamlik in U woon en werk."

[5] Ek sê: "Omdat Ek in die verborgene wel weet waarom jy My eintlik verloën het, kom Ek in jou groot nood weer na jou toe om jou vir `n lang tyd te help. Dit is egter ook die werklike rede waarom Ek buiten julle twee niemand anders saambring nie. As die tyd egter ryp is, dan sal hulle ook die rede hiervoor hoor. - Maar nou sal jy God se mag en glansrykheid aanskou!"

[6] Toe buig Ek My in die grafkelder neer waarin die jong Sarah in linne gewikkel lê en sê aan Jaïrus: "Kyk, dit het nag geword en die lampie in die graf gee maar weinig lig! Gaan na die bewaker van die skool- en gebedshuis en laat jy `n sterker lig bring; want as sy die lewe terug sal kry, moet sy natuurlik iets kan sien om uit die graf te klim."

[7] Jaïrus sê: "O Heer, sou dit moontlik wees? Die ontbinding is by haar al in `n gevorderde stadium! Maar ek glo dat by God alles moontlik is en daarom sal ek dadelik met `n sterker lig terugwees!"

[8] Jaïrus haas homself nou om `n sterker lig te gaan haal, wat hy egter nie so gou kan kry nie, omdat die vuur by die huisbewaker uitgegaan het en dit hom `n geruime tyd neem om twee van die geskikte vuurmaak stukke hout hard teen mekaar te vryf totdat hulle begin brand.

[9] Maar Ek wek vir Sarah, direk nadat Jaïrus by die deur uit is, en tel haar uit die graf uit.

[10] Die wakkergemaakte vra My nog in haar slaapdronk toestand: "Om JaHWeH se ontwil! Waar is ek tog nou? Wat gebeur nou met my? Ek was nou net in `n mooi tuin met baie speelgenote, en nou is ek opeens na die smal ruimte van hierdie duistere kamertjie oorgeplaas!"

[11] Ek sê: "Wees bly en rustig, Sarah! Want kyk, Ek, jou Jesus, wat jou nouliks enige weke gelede die eerste keer van die dood tot die lewe opgewek het, het jou nou ook weer uit die dood opgewek en gee jou nou `n bestendige lewe! Van nou af aan sal geen siekte jou meer kwel nie en as jou tyd na baie jare sal kom, sal Ek Self uit die hemel kom om jou te kom haal en om jou in My ryk in te bring, wat nooit sal eindig nie."

[12] Toe Sarah My stem hoor, lig sy haar heeltemal op en sê met die liefdevolste en vriendelikste stem in die wêreld: "O enigste, geliefde van my jong lewe en hart! Ek weet wel dat diegene wat slegs vir U bo alles liefhet die dood nie hoef te vrees nie! Uit oorweldigende liefde tot U, my eerste gewer van die lewe, het ek siek geword, omdat ek nie meer geweet het waar U heengegaan het nie; en as ek met `n liefdesbrandende hart gevra het waar U was, dan sus die mense my tot ruste deur duidelik my gevoelens te dood. Mense sê dat U gevange geneem is en as misdadiger aan die regbank oorgelewer is! Dit het my hart gebreek, ek het weldra ernstig siek geword en vir die tweede maal gesterf! - O hoe ontsettend geseënd is ek nou weer omdat ek vir U, my enigste en grootste liefde, terughet!

[13] Ek sê nog op my sterfbed: "As my enigste Jesus nog leef, laat Hy my dan nie vergaan in `n koue graf nie!' - En kyk, wat my hart vir my gesê het, het gebeur. Ek leef weer volkome en dit in die arms van my geliefde Jesus! Maar van nou af aan sal niks my ook meer van U goddelike sy kan skei nie! Ek wil U as die minste van U dienaresse volg, waar U ook al mag heengaan."

[14] Terwyl Sarah nog so besig was om haar hart teenoor My uit te stort, kom Jaïrus eindelik met `n harskers na die grafkamer toe. Toe sê Ek aan haar: "Let op, jou vader Jaïrus kom! Verberg jy daarom jouself agter die rug van Festus, sodat hy jou nie dadelik sien nie, want dit sou sleg wees vir sy gesondheid! Maar as Ek jou roep, stap dan vinnig met `n opgewekte en vrolike gesig na vore, dan sal so iets hom geen kwaad doen nie!" - Sarah volg hierdie raad direk op, en Jaïrus kom die kamer binne op die oomblik toe Sarah haarself agter die rug van Festus verberg het.

[15] Jaïrus verontskuldig homself daarvoor dat hy so lank met die gevraagde lig weggebly het.

[16] Maar Ek sê: "Dit is nie belangrik nie! Jy het jou uiterste bes gedoen, en wie eenmaal dood is, word nouliks nie in `n kwartier nog meer dood nie, maar eerder meer lewendig, as die voorwaarde vir die lewe êrens nog aanwesig is!"

[17] Jaïrus sê: "Nou, Heer, as die arme sondaar ook toegestaan word om U iets te vra, sou U dan nou nie U barmhartigheid aan my, onwaardige, maar ook aan U seker bo alles liefhebbende Sarah, wil betoon nie!"

[18] Ek sê: "Maar as voorwaarde en rede stel Ek dit dat Ek haar nie vir jou opwek nie, maar slegs vir My! Van nou af aan sal sy My volg - en nie vir jou nie; as jy so nou en dan egter ook vir My wil volg, dan sal jy by jou dogter kan wees!"

[19] Jaïrus sê: "Laat alles gebeur soos wat U wil, as my enigste kind maar net weer in die lewe teruggeroep kan word!"

[20] Ek sê: "Nou dan, skyn maar in die graf!"

[21] Jaïrus stap sugtend na die rand van die graf en kyk en kyk - en sien slegs maar die linnegoed en die hoofdoeke en die linnespelde op `n hoop saamgedruk. Toe hy die dooie dogter nie meer sien lê nie, word hy bedroef en vra vir My: "Heer, wat het daar gebeur? Die geur hang nog daar, maar niks verder nie! Het iemand dan die lyk gesteel? Waarom neem hy dan ook nie die doeke en spelde saam nie?"

[22] Ek sê: "Omdat die nou lewende daardie dinge nie meer nodig het nie!"

[23] Die verdriet van Jaïrus slaan plotseling om in verrukking en hy roep: "Hoe?! - Wat?! - Waar is die weer lewende Sarah dan?"

[24] Ek roep: "Sarah! - Kom vorendag!"

[25] Toe kom die beeldskone Sarah van agter die rug van Festus te voorskyn en sê met `n heel gesonde en duidelike stem: "Hier is ek, heeltemal lewend en gesond! Maar nou behoort ek nie meer aan u nie, maar slegs aan Jesus, die Heer! Want die liefde van my hart tot Jesus, die Heer van lewe en dood, waarteen die mense my uitdruklik wou laat sondig, het my swakke liggaam vir die tweede maal gedood! Maar dit het juis deur hierdie geweldige liefde die lewe nou weer teruggekry! En, vader Jaïrus, u noem my u dogter, terwyl u my slegs éénmaal die lewe geskenk het! Wat is Hy dan vir my, en ek vir Hom, wat my tweemaal ten volle die lewe gegee het? Wie van u twee is die meeste my egte vader?"

[26] Jaïrus sê: "Jy het gelyk! Dit is duidelik Hy, wat jou tweemaal die lewe gegee het, en ek mag daarby nooit in jou liefde se pad staan nie! Volg van nou af aan heeltemal jou eie hart, en ek sal jou en jou liefde van tyd tot tyd ook volg! As jy daarmee tevrede is, jy, wat op hierdie aarde alles vir my was, en nou naas Jesus ook weer alles is?"

[27] Sarah sê: "Ja, vader Jaïrus, daarmee is ek volkome tevrede!"

[28] Ek sê:" En Ek ook! Maar nou gaan ons na My huis! Daar wag `n goeie aandete op ons, en My dogter Sarah moet nou vóór alles eers goed eet; want haar, met nuwe lewe gevulde liggaam, het nou beslis goeie voedsel nodig. Laat ons dus gou hier weggaan!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205