|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 216
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die ontwikkelingsproses van `n koringkorrel
216 "Kyk nou eers na ‘n koringkorrel! Nadat dit in die aarde gesaai is, moet dit vergaan, en eers uit die resultaat van die verrottingsproses, kom die tere kiem omhoog. Maar wat sê dit, vergeleke met die aard van die mens?
[2] Wel, die saai van die gesonde, mooi saad kom ooreen met die eerste wording van die mens! Dit is die bring in `n vleeslike omhulsel van die, op sigself al volkome gevormde siel, wat haar voorheen in die lug bevind het, in die besonder in die middeldele van die berge, daar waar die boomgroei gewoonlik ophou, tot aan die sneeu- en ysgrens.
[3] As `n siel wat eenmaal tot begrip gekom het in die lug die noodsaaklike, volgens `n vaste plan bepaalde duursaamheid bereik het, daal sy dieper en dieper af tot by die huise van die mense, kry dan uit die straling van die aura, wat rondom elke mens aanwesig is, `n sekere voeding en bly dáár aanwesig waar haar wese `n gelyke geaardheid aanvoel.
[4] As eggenotes hulle dan deur die natuurlike drang verplig voel om geslagsgemeenskap te hê, ontvang die hele, rype, vrye natuursiel, wat haar die naaste aan die egpaar bevind, uit die uitstralende aura `n teken, of word deur die toenemende krag van die uitstraling van die eggenotes as gelyksoortig aangetrek. Met `n sekere dwang dring sy haar tydens die geslagsgemeenskap in die stroom van die man in en word daardeur opgeneem in `n klein eier, wat `n mens bevrugting noem. Wel nou, vanaf daardie oomblik lyk die lewensiel dan al soos `n saadkorrel wat êrens in die aarde gesaai word. En in die moederliggaam deurloop sy alle stadia tot die geboorte in die wêreld net dieselfde as die saadkorrel in die aarde, totdat die kiem bo die aarde uitkom!
[5] Dan begin die verskillende stadia van eerstens uiterlike en vervolgens innerlike ontwikkeling.
[6] By die plant bly die wortels in die aarde, die ou graf waar die saadkorrel verrot, en suig daar die materievoedsel op. Daardie voedsel sou egter al gou die dood van die plant beteken het as dit nie gesuiwer word deur die invloed van die lig van die son nie.
[7] Die eerste deel van die halm bevat nog baie materie-sap. As hierdie basis gevorm is, word die halm deur `n ring in ‘n sekere sin afgebind. Deur hierdie ring gaan nog baie fyner buisies, waardeur slegs maar heel dun en fyn sap kan opstyg.
[8] Daaruit ontstaan dan `n tweede verdieping van die halm. Omdat die sap van die tweede verdieping egter nog van growwe, materiële aard is en mettertyd nog growwer word, word daar weer `n ring gevorm en hierdie tweede ring bevat nog dunner buisies, waardeur slegs baie fyn sap kan gaan vir die voeding van die bo hulle swewende lewensgees, vergelykend met die uitdrukking van Moses: 'En die Gees van God het gesweef bo die waters.'
[9] Naderhand sal ook hierdie sap of waters egter vir die bo hul swewende lewe van die plant weer te grof word, en dit sou die lewe kon verstik; daarom word `n derde ring, voorsien van baie dun buisies, gevorm deur die gees wat bo die waters sweef. Deur so `n derde ring kan dan slegs uiters eteries fyne en met die altyd nog bo hulle swewende lewensgees al baie verwante sap met moeite deurdring. Maar die lewensgees bemerk wel of die sap bo die derde ring vir hom vir verdere ontwikkeling te gebruik is of nie. Vind hy hulle vervolgens nog te grof en dat dit nog te veel spore bevat van die oordeel en die dood, dan word daar nog `n vierde, vyfde, sesde, of sewende ring gevorm, totdat die sap uiteindelik so eteries suiwer is, dat in hulle geen spoor van die dood meer te vinde is nie.
[10] Dan begin daar gou `n nuwe stadium. Deur sap wat deur die allerfynste buisies gaan, vorm nou knoppe en blomme wat voorsien word van organe wat al die moontlikhede in hulle het om die hoëre lewe uit die hemele as saad te ontvang.
[11] As die blom hierdie diens verrig het, word sy afgesonder as ydele pronk van die Wysheid, wat met haar skoonheid en bekoring die eter van die liefdeslewe aantrek, welke in sigself volledig is en geen verdere praal na buite benodig nie. Want kyk, elke blom is `n mooi versierde bruid wat trag om haar bruidegom in haar net te vang deurdat sy haar eers mooi versier! Nadat die bruidegom egter die bruid as syne geneem het, word die glinsterende bruidstooisel eerste afgelê en die deemoedige lewenserns begin.
[12] Vanaf daardie oomblik begin die egte lewensvrug haarself te ontwikkel en te vorm. En as alle bedrywigheid dan alleen op die rypword van die vrug gerig word, berg die lewe wat alle vroeëre gevare ontsnap het, haar veilig asof in `n vaste vesting in die vrug, vir enige moontlike vyand van buite.
[13] Waar die lewe haarself te gou begin te ontwikkel en rypword, word dit ook maar baie onvas. En as daar `n vyand van buite af in die buurt van so `n vroegryp lewe kom, trek sy hom ook baie aan; hy stel hom daarmee in verbinding en lê sy vrug in die te vroegrype lewe van die vrug van die plant! Hierdie tweede lewe trek dan die tere lewe van die vrug van die plant na hom toe, beskadig dit en rig dit ten gronde. Die wurmgesteekte vrugte is `n meer as duidelike bewys daarvoor."
|
|
|
|
|