Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die hebsug van die fariseërs

34 Die fariseërs van Násaret het egter verneem dat die bewoners van die huis so ernstig siek was dat genesing nie meer moontlik was nie. Daarom het hulle daarheen gegaan om vooraf afsprake te maak oor die erfenis tiendes en oor die begrafnis; want as `n sieke sonder hul bystand gesterf het, het hy geen reg meer op die nalatenskap gehad nie - die fariseërs word dan die erfgename. Toe die fariseërs dus laat in die nag vir hierdie doel by die huis aankom, terwyl die bewoners hulle na die aandete al na die bed begin te begewe, trek die hebsugtige helpers van siele na die ander wêreld baie lang gesigte, toe hulle minstens die helfte van die dood gewaande mense in die beste gesondheid aantref.

[2] Die eerste fariseër, wat heel behoedsaam met ingehoue asem binnetree, sê: "Ja, wat is dit dan nou? Lewe julle dan nog? Ons het gedink dat minstens die helfte van julle al oorlede sou wees, en het daarom gekom om julle siele te wy en julle liggame te begrawe volgens die gebruik van ons vaders! Wie het julle dan gesond gemaak? Sekerlik nie Borus nie! Ons weet dat hy nie na julle toe sal gaan nie, al word hy geroep; want hy het sekerlik netsoos ons `n groot angs vir julle kwaadaardige siekte. Wie was dan julle dokter?"

[3] Die skoonseun van die grysaard, `n kragtige man in werke, praat en sê: "Waarom vra u dit? U het ons nie gehelp nie, en sodoende is ons mekaar wedersyds niks verskuldig nie! U het nie vir ons verlossing na ons toe gekom nie, maar vir die erfenis-tiende; en ek sê vir u: wat dit aanbetref, kan u vir ewig van ons af wegbly! Want kan, wil of waag u dit om weer aan `n bedreigde huis hulp te gee, laat iemand eers sê of hy u nodig het! Dié huis sal verseker nooit op u sit en wag nie! Waarlik, u is in al u doen en late slegter as die slegste kruipende gedierte, wat slegs maar daar is om te vreet, niks goeds te doen, maar wel allerlei goeie vrugte van die aarde sleg te maak en te bederf! Gaan dus daarom gou onder ons oë uit, anders vergryp ons onsself aan u!"

[4] Een van die oudste fariseërs sê: "Nou ja, ons sal gaan; maar jy kan ons tog wel die plesier gee om ons te vertel wie julle gehelp het! Daagliks het ons sewe uur lank vir julle gebid, en ons sou daarom wou weet of julle dalk tog wonderbaarlik deur ons gebed genees is! Want op natuurlike wyse kon julle in elk geval nie meer gehelp word nie! Vertel daarom vir ons, so iets kos julle tog niks nie!"

[5] Die skoonseun sê: "Gaan weg, leuenaars! U kon wel vir die erfporsie-tiende daagliks sewe uur om ons dood gesmeek het, maar sekerlik nie vir ons lewens nie; want u het nou nie hierheen gekom om ons geluk as volkome hersteldes te soek nie, maar om by ons, die vermeende afgestorwenes, die erfporsie-tiende te laat beskrywe, en om dit na ons dood hebsugtig in besit te neem! O, booswigte, ek ken u maar al te goed en ook u gebede! Verdwyn daarom, anders sal ek genoodsaak wees om van my huisregte gebruik te maak! U is van ewigheid af nie werd om die naam uit te spreek van dié Een wat ons gehelp het nie.”

[6] Die oudste fariseër sê nou: ”Laat dit so wees, dat ons so is soos wat jy dink; maar ons kan tog nie anders word nie! Want hier het `n wonder plaasgevind en dit kan heel maklik ons denke en handelswyse verander! Sê vir ons daarom!"

[7] Die skoonseun sê opgewonde: "Op hierdie wêreld verander niks meer nie, ook nie God nie! As u te verander sou wees, dan sou u al lankal verander het; want u het Moses en al die profete wat teen u getuig! Maar u elohim is mammon en bestaan uit goud en silwer! Dié elohim dien u in u hart, en slegs vir die skyn omhul u hom met die kleed van Moses en Aäron, sodat u soos verskeurende wolwe in skaapvel makliker met u dodelike tande die kudde van die lammers kan inval om hulle te verskeur en te verslind!

[8] Maar JaHWeH ken u en sal u ook sekerlik so spoedig moontlik u lang verdiende loon gee! God het tans vir Jesus, die seun van Josef die timmerman, geroep as een soos Moses, en hierdie Jesus, wat ons almal oombliklik deur Sy magtige woord genees het, sal u ook seker sê hoeveel u verdienstelikheid by God werd is; want Hy is vervul met God se Gees, u daarenteen is met die gees van Beëlsebul vervul! Laat daar daarom nou vir die laaste maal aan u gesê word om te verdwyn en nooit weer hierdie huis te betree nie - anders sal u sleg vergaan!"

[9] Na hierdie woorde verlaat die fariseërs die huis, en dink snaakse dinge oor Jesus, wat hulle alweer in die vaarwater laat kom het, en oorweeg hoe hulle van Hom af kan wegkom, omdat daar gevrees word dat Hy binnekort alle Judeërs, net soos hierdie huis, teen hulle sou opstook.

[10] Toe hulle hierdie slegte gedagtes egter te veel gekoester het, klink daar agter hulle `n geluid soos van donder, met `n geweldige harde knal daarby, wat maak dat hulle almal ontsettend skrik, en vervolgens geruisloos op loop sit na die stad.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205