Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 124

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Julius trek fel van leer

124 Na hierdie toespraak van hoofman Julius trek die fariseërs hulle heeltemal verbouereerd terug en beraadslaag onder mekaar wat raadsaam sou wees. Eén meen dat die getuienis soos deur die hoofman gegee, My toekom.

[2] Maar die owerste sê: "Hoe kan ons dit doen as Hy die wette van die tempel verag en met Sy voete vertrap?! As ons dit maar vir die skyn doen, help dit ons niks, ter gelegener tyd sou mens dit deur ons opgestelde getuienis openbaar maak, en alle skuld en straf sou ons dan tref! Laat ons liewer die hoofman sy sin gee, dan het ons in geval van nood `n goeie rede om ons voor ons hoëpriester te verontskuldig!" - Met hierdie beslissing is alle fariseërs en skrifgeleerdes dit weldra eens, en hulle raak uiteindelik heeltemal stom en praat geen woord verder nie.

[3] Toe staan Ek met `n ernstige gesig op, wend My tot die owerste en sê aan hom: "Dus, vanweë die wat nie hou van u goddelose, menslike voorskrifte nie, kan en wil u My geen getuienis gee omdat u bang is vir u eie ellendige liggaam? O, as u vir My `n getuienis gegee het, hoe geseënd sou u geword het, sowel tydelik as ewig, maar nou kan dit nie meer nie! Die Seun van die Mens sal nooit weer `n getuienis van u nodig hê nie, want Sy werke en Sy woorde gee aan Hom ware getuienis! Sodat u en u metgeselle egter sien dat die Seun van die Mens geen angs het vir die mense nie, sal Ek in u teenwoordigheid nou aan almal van die volk sê dat aan die hou van u voorskrifte niks geleë is nie, en dat diegene wat hulleself hou aan wat u voorskryf, `n groot sonde voor God begaan!"

[4] Die owerste sê: Moet dit nie doen nie, anders sal dit sleg met U gaan!"

[5] Die hoofman sê: "Ja, dit doen Hy wel, en Hy sal kwalik iets oorkom! Onthou dit, ellendige geldwolwe! Hierdie het voorheen vir julle gesê, maar één verdagte beweging van julle en ek laat julle in stukke haak en in die see werp as voer vir die drake, so waar as wat ek Julius heet! Kan julle die booswigte sien! Die geskiedenis toon dat die tempelpriesters al meer as driehonderd jaar aan geen mens iets goeds gedoen het nie. En as daar so nou en dan `n hoogstaande siel onder hulle was, dan doen hulle daarmee wat hulle na my wete dertig jaar gelede met die vrome regskape Sagaría gedoen het. As daar onder hulle geloofsgenote iemand vol waarheid, eerlikheid en krag van God opstaan en die arme mense met alle soorte weldade oorlaai, dan is hierdie booswigte ook dadelik daarby om hom te vernietig! O, aan julle miserabele praktyke moet gou `n einde gemaak word!

[6] Kyk, hierdie waaragtige Man van God het na hierdie streek gekom, wat vanweë haar ongesonde ligging alombekend is. Daar was hier in die hele streek `n paar duisend siekes - plaaslik en vreemdes - selfs die helfte van my soldate was deur hinderlike en kwaai koors neergevel, menigeen al vir meer as `n jaar. Toe het hierdie suiwer goddelike Mens hierheen gekom en het almal genees wat om hulp gevra het. Moet `n mens vir so `n Man nie met reg `n altaar bou nie, en aan Hom soos aan `n God offer en Hom op alle denkbare maniere eer en salf nie? Maar watter goed het julle Hom bewys toe julle hierheen gekom het? Die kelder en voorraadkamer van Ebahl sal weldra honderd geldstukke minder werd wees!

[7] En as dank dat julle orals soos wolwe verniet vreet, wil julle ook nog ons grootste Weldoener vernietig! `n Mens, aan wie julle dit slegs te danke het dat Cyrenius nie dadelik die hele leërmag in Asië laat opruk het en julle afskuwelike rowers- en hoernes tot op die grond verwoes het nie! Nee, dit is te veel as `n mens oor julle skandalige dade nadink! Om te voorkom dat julle bedrieëry, wat julle as goddelike sake aan die volk verkoop, verraai sou word, probeer julle met alle liste van satan selfs julle grootste vriende en weldoeners uit die weg ruim as julle by hulle die een of ander goddelike lig vermoed! Sê self of julle nie baie slegter is as satan self nie!?"

[8] Nou wend die hoofman hom tot My en sê: "Majesteit en Heer uit die skool van God, leer ons onbevreesd die waarheid, en wat die volk in die vervolg moet doen met betrekking tot die menslike voorskrifte! Ek weet dat hemel en aarde en alle elemente U gehoorsaam, en dat U met die geringste asemteug van U mond hierdie booswigte net so maklik soos strooi in die lug kan verstrooi, soos U in staat was om die see te gebied om ons as `n vaste ondergrond te dra. Met al my mag, wat seker nie te gering is nie, is ek maar `n swak mens teenoor U, maar tog is ek met die laaste man en die laaste druppel bloed tot U diens! Hierdie miserabele booswigte sal die stad Genésaret leer ken!"

[9] Toe sê die owerste met trillende stem: "Heer hoofman! Waar haal u die bewyse vandaan dat ons slegs gekom het om hierdie Mens te vernietig? Ons het wel gekom om ondersoek in te stel na Hom en te toets, waarvoor mense ons tog onmoontlik kan kwalik neem, maar van vernietig kan tog by God geen sprake wees nie! U kan nou maklik praat, want u het al voldoende geleentheid gehad om Hom deur Sy dade en spraak te leer ken; maar ons het behalwe die huidige wonderbare genesing nog maar weinig gehoor en gesien, waarby u seker nie sulke menslike bedreigings ingereken het nie. Dit sou ons dan ook, omdat ons in `n sekere sin nog heeltemal vreemd in hierdie saak is, geoorloof moet word om langer by hierdie Wonderdoener te bly!

[10] Dat ons as mense van die tempel op `n reeds wankelrige bodem staan, is egter nie aan ons onbekend nie, maar ondanks dit is dit tog beter as heeltemal geen bodem nie, en die staat moet dit só lank beskerm tot God miskien vir `n deegliker een sorg! Daarom vra ek u om ons nie dadelik met die swaard te dreig as ons maar net met die wonderdoener Jesus `n paar woorde gewissel het nie! Laat Hy nou maar doen wat Hy wil, en leer en predik, sodat ook ons daarvan meer gewaar word as wat ons slegs van hoorsê en deur baie verkeerde berigte verneem het. As ons sien dat dit waar is, dan sal ons ook tot `n ander beoordeling kom as wat ons tot op hede kon gekom het! Want so dom is ons nou ook weer nie en ons hart is nog steeds goed in staat om `n regverdige oordeel te vel."

[11] Die hoofman sê: "Die weiering van die gevraagde getuienis praat nie ten gunste van die regverdigheid van julle harte nie, in teendeel! Ex trunco non quidem mercurius ('`n standbeeld het nog nooit tot lewe gekom nie!') - maar ons sal weldra sien!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205