|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 203
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246. |
|
|
Die materialisme
203 Helaas, deur die tye heen gebeur daar, altyd deur toedoen van die sogenaamde dienaars van God, ongehoorde gruwels! Dit veroorsaak egter dat die mense wat betroubare berigte daaroor hoor, en self ook nie onkundig is oor God se woord nie, hulle dan elke dag steeds meer gaan afvra: 'Wat beteken dit? Wat is God se woord? Kan dit binne die sin van Sy woord God se wil wees dat die verkondigers van God se woord, van Sy liefderyke wil, Sy barmhartigheid, Sy sagmoedigheid en Sy vrede, pure hebsugtige, liefdelose en brutale duiwels word ten opsigte van hul medemens?'
[2] En kyk, sulke vrae is goed, want dit is die eerste dryfvere waardeur die mensdom tot egte selfstandigheid kom. Sonder hierdie selfstandigheid kan hy nooit deur `n goeie en nog minder deur `n slegte, in ‘n sekere sin helse dwang, tot ware geestelike vryheid kom nie; en sonder vryheid is daar vir die siel en haar gees geen ewige lewe nie.
[3] Dit is waar, `n mens word by die sien van die doen en late van die priesters dikwels deur regverdige ergernis verskeur en haas verteer. Mens sou dikwels luidkeels wou uitroep: 'Heer! Het U dan geen bliksems, geen hael, geen swael en geen pik meer om hierdie tiermense te straf met die grootste krag van U goddelike toorn nie?' Maar dan praat daar `n sagte stem uit die binneste van die hart en sê: 'Wees slim en wys, en kyk waar jy loop. As jy op die pad `n adder sien loer, ontwyk dit dan; want die hele aardbodem is nog lank nie met adders bedek nie!'
[4] Ook die nag moet daar wees, net so goed soos die dag, sodat die mens die waarde van die lig erken. Oordag het geen mens behoefte aan die lig van ’n lamp nie, maar as die nag kom, voel elke mens baie smartlik die afwesigheid van lig. So dikwels as wat dit vir hom moontlik is, steek hy `n lig aan en `n swak skynsel maak sy kamers vir hom meer aantrekliker as die so dikwels aardse donker wat voorkom.
[5] Kyk, as die Heer die mense goed van allerlei aardse goedere voorsien, word hulle baie gou hoogmoedig en dan begin hulle te veel vir hul liggame te sorg. Soos wat die edele saadkorrel deur haar omgewing haarself te veel versadig het uit hierdie grond en gou verteer word, so verteer hulle siele, waarin die goddelike gees woon, omdat sy nie van die liggaam die regte hoeveelheid krag ontvang het om die goddelike gees in haar te laat ontkiem tot die ewige lewe nie. En dit is nou juis deur God voorgeskryf en God het dan ook oorspronklik vir daardie einddoel die siel aan die liggaam gegee. Maar waar die siel deur haar liggaam verteer is, kom natuurlik in plaas van edele vrugte ook maar net dorings, distels en allerlei slegte onkruid te voorskyn, waarvan `n mens helaas geen druiwe en vye kan oes nie!
[6] So `n mens is dan egter geestelik ook net so goed as dood! Hy weet niks meer van iets geesteliks af nie. Hy verloën al die geestelike en vermaterialiseer alles. Buiten die growwe materie, bestaan daar vir so `n mens niks meer nie. Sy maag en sy baie wellustige vel is die twee gode waarvoor hy dag en nag bereid is om elke offer te bring. Vir sulke mense bestaan God nie meer nie, en wanneer sulke mense uiteindelik, soos wat dit nou jammerlik genoeg verseker dikwels voorkom, selfs nog priesters en dienaars van God word, sal `n mens tog hopelik nie lank hoef te vra nie: 'Waarom het hierdie suiwer knegte van die vlees, vir wie uit die aard van die saak die woorde: siel, gees, God en Sy hemele niks anders as verouderde, digterlike, fantasiebegrippe uit die taal is, priesters en dienaars van God geword?' Kyk maar eers net na hul uitpeulende buike, dan sien jy ook die duidelikste antwoord lewend voor jou!
[7] Vir sulke bringers van die woord van God bly dit natuurlik om te ewe of hulle die gemeentes wat aan hulle toevertrou is met brood uit die hemele, of met drek uit afskuwekkende putte versadig, solank as wat hulle maar net koninklik daarvoor betaal word! Dit hoef ons daarom ook nie al te veel te verbaas nie as ons van die kant van die tempel dikwels dinge hoor wat ons van ontsetting byna heeltemal laat verstar en verstyf.
[8] As die algeheel materiële mens dit eenmaal sover gebring het dat hy van die waardigheid van menswees, skaars meer voel as vir `n paddastoel wat uit verrottende modder opskiet - watter edele, menslike eienskappe moet `n mens dan van so `n moddermens verwag? `n Mens moet hom daarom as `n afskuwelike adder met sy flitsende tong langs die pad verskuil laat lê en `n ander plek sonder adders gaan uitsoek op die groot aardbol. Want die Heer is met elkeen wat Hom waaragtig soek, en verlaat nooit diegene wat hulle in hulle ellende na Hom wend nie!
[9] Almal van ons wat aan die oewer van ons binnesee woon, was alreeds vir ‘n lang tyd `n speelbal van die tempel. Hulle ontsien Judéa soveel as wat maar moontlik is, maar in plek daarvan moes ons Galileërs die tempelpriesters reeds lankal enersyds as suiwere sondebokke en andersyds as melkkoeie dien - maar daarvoor het ons die voorreg dat die glansryke Lig baie gouer vir ons in alles en oor alles opgegaan het, terwyl Judéa haarself nog in die diepste nag bevind.
[10] Ons sien eerste die baie selfsugtige vraatsug van die tempelgrond, waarmee ek natuurlik die priesterdom bedoel, en bevry ons soveel moontlik van hulle. En ons, wat ook edel saad van God is, verspil ons innerlike lewenskiemkrag nie aan die vul van die groot maag van die tempel nie, maar ons rig ons volgens God se orde, wat ons steeds meer binne-in ons herken, en staan daarom nou al as `n veelvoudig geseënde vrug vry op die groot en mooie akker van God. Die Judeërs, Mesopotamiërs en die wat in die suide woon sal egter nog `n hele tyd nodig hê voordat hulle besef dat hulle narre is wat die meeste vir die gek gehou was deur die tempel!
[11] Deur hierdie taamlik uitgebreide antwoord op my vraag, sal elkeen van die aanwesige gaste hier hopelik erken dat die meisie uit Genésaret al baie goed weet wat sy moet verstaan van die beskikkinge en die toelatinge van God! Maar U, o Heer, vergeef my genadiglik dat ek voor U en tewens aan U heilige sy so baie lank en soveel, waarby miskien ook nuttelose sake, bespreek het! Ek wou daardeur egter sekerlik nie die grootte van my kennis laat sien nie, maar, omdat dit nou so uitkom, alles slegs ronduit sê soos wat my hart dit eerlik en opreg voel!"
|
|
|
|
|