Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Onenigheid tussen Judas en Thomas

74 Met die antwoord neem alle leerlinge, behalwe Judas, genoeë mee en loof My goedheid, wysheid en die mag van God, wat deur My werksaam is. Judas spot egter, en sê hardop teen niemand in die besonder nie: "Oor fariseërs wat aan die vreemdelinge die Allerheiligste heimlik vir baie geld laat sien, roep Hy byna `n reën van swael uit die hemel, maar as Hy Sy heilighede deur vreemdes laat sien en óns, Sy eie kinders, buite uitsluit, is dit goed en alles volgens die goddelike orde! Het één van ons al so iets beleef? As hulle dit in Jerusalem doen, is dit sowel in die hemel as op aarde foutief, maar as Hyself byna dieselfde doen, is dit korrek en geheel en al volgens die orde van Melgisèdek! Daar is natuurlik niks daarteen te doen of te begin nie, maar dit maak jou tog ergerlik!"

[2] Thomas, die leerling wat Judas Iskariot nog steeds goed op sy plek hou, sê: "Wel, is jy nou eindelik weer nie eens met iets nie? Dit is vir my baie snaaks dat jy die Heer nie al lankal verwyt het dat Hy die son so ver van die aarde geplaas het nie, sodat jy jou potte in sy baie warm nabyheid goedkoper kon droogmaak as by die gebruiklike houtvuur!

[3] Bedink eers hoe goed dit sou wees om soos `n voël te kon vlieg! Ja, selfs my skouers het al meermale gejeuk, en dan dink ek dat ek moet saamtrek met `n groep vrolike kraanvoëls wat voortsweef; ek probeer te huppel en te spring, maar die sware liggaam wou hom natuurlik ook maar geen el bo die grond verhef nie!

[4] Al gou lê ek my egter daarby neer en dink: As God dit sou wou hê dat die mense net soos voëls sou kon vlieg, dan sou Hy hulle net soos die voëls deeglike vlerke gegee het. Maar God sê dat so `n eienskap die mens meer sou skaad as baat, en gee hom daarom liewer `n paar goeie en sterk voete wat hom baie goed van die een plek na die ander kan dra. Ook gee Hy hom behalwe die twee sterk voete `n paar baie bruikbare hande en `n verstand wat bo alle sterre uitreik, waardeur hy hom in plaas van `n deeglike paar vlerke, duisend ander gemakke kan verskaf, wat hom duidelik meer genoeë sal kan verskaf as vlerke aan `n voël, want dit is `n vraag of die voëls weet hoe om hul vlerke te waardeer soos wat die mens sy voete, sy hande en sy verstand waardeer!

[5] Kyk, die mens kan ook in die water baie sleg vorentoe gaan - want hy het geen vinne en geen swemvliese tussen sy tone en vingers nie, maar die verstand wat hy van God gekry het, leer hom om skepe te bou, waarmee hy nou meer waterreise kan maak as `n vis, wat die waterpoel as sy woonhuis beskou, en hom nooit te ver daarvan verwyder nie. En ons kan dit as vasstaande aanneem dit ons latere nakomelinge nog baie groot vordering sal maak in die kuns van die skeepsbou. Wie weet of dit hulle nie op een of ander wyse tog nog sal geluk om met behulp van kunsvlerke, net soos die ou Indiërs, in die vrye lug rond te vlieg nie."

[6] Op dié oomblik onderbreek Judas vir Thomas en sê `n bietjie ergerlik: "Het ek jou dan ooit as huisleraar aangestel, dat jy by elke geleentheid `n preek vir my het? Hou jou wysheid vir jouself en jou kinders en laat my met rus, anders dwing jy my om jou `n skerp antwoord terug te gee! Want dit kan ek baie maklik doen as ek dit so wil. Ek het jou, wanneer jy net so vry praat en doen soos ek, nog nooit gekritiseer nie en daarom weet ek regtig nie waarom jy nog steeds so op my hakke sit en vit nie! Vee jy jou eie straatjie maar goed, dan sal ek wel vir myne sorg! As ek iets nie korrek en waar vind nie, dan geld dit maar net vir my en dan hoef jy nie met my saam te stem nie; jy het niks met my te make nie, en dit geld van nou af en vir altyd! - Verstaan jy dit?

[7] Dink maar weer terug aan Kis, toe die Heer die omstrede saak tussen my en jou besleg het; dit moet vir jou en my voldoende wees en vir meer as dit is daar vir beide van ons niks verder te reël nie! As ek jou êrens iets sal vra, kan jy my op die vraag `n goeie antwoord gee - op voorwaarde dit jy daartoe in staat is! Maar dit sal baie lank duur voordat ek jou dié eer sal aandoen!"

[8] Thomas sê: "Maar, broer Judas, sê eers, watter kwade en beledigende ding het ek nou aan jou gesê dat jy so kwaad vir my is? Is dit dan nie waar dat jy maar al te dikwels, sover ek weet, met God die Heer getwis het omdat Hy die son so ver van die aarde af gesit het en omdat Hy jou geen vlerke gegee het om te vlieg soos wat alle stomme voëls dit in die lug kan doen nie?"

[9] Omdat Judas Iskariot niks daarop wil antwoord nie, gaan Thomas self verder: "As jy kwaad vir my wil wees, wees dit dan maar sonder enige aanwysbare rede! In die teenwoordigheid van die Heer lyk so `n onbroederlike houding nie baie prysenswaardig nie! Iemand met so `n inbors soos jy, hoort ook volstrek nie tuis by die leerlinge van die Heer nie en jy sou duisendmaal beter doen as jy teruggaan na jou pottebakkery, in plaas van om hier volkome sinloos die geselskap van God te pla en te verontreinig met jou karakter wat teen die goddelike orde ingaan. Het jy dan die bergrede van die Heer in Samaria al heeltemal vergeet, waar die Heer gebied het om selfs vyande lief te hê, en om die wat ons vervloek te seën, en om goed te doen aan die wat ons kwaad aandoen?

[10] As jy egter nie volgens God se woord wil lewe nie en jou nie by elke geleentheid in selfverloëning wil inoefen nie, vra jou dan in die Naam van God af waarom jy ons geselskap met jou aanwesigheid lastig val!

[11] Dae lank praat jy met niemand van ons selfs ook maar `n enkele woord nie, en vra jy ook niemand na iets uit nie, of jy gee iemand heeltemal geen antwoord nie of jy snou hom so ru en grof as moontlik toe, sodat hy jou verseker vir `n tweede keer geen vraag meer sal vra nie. Is dit dan die manier van doen van `n leerling van die Heer? Foei, skaam jou en word `n ander mens – anders, maak dat jy wegkom!

[12] Werklik, dat dit nou juis ek moes wees wat jou by die geselskap aangebring het, spyt my meer as sou ek `n roofmoord gepleeg het! Ek sal die Heer op my knieë smeek dat Hy jou deur Sy Almagtige geweld van ons verwyder, as jy nie langs `n minlike weg wil weggaan nie!"

[13] Nou antwoord Judas met sigbare ingehoue woede, maar met `n glimlaggende gesig: "Nie jy nie, nóg die Heer kan my beveel om te gaan of om te bly nie! Want ek is net so goed soos elkeen van julle, `n vry mens en kan doen wat ek wil! Kyk, as ek nie geweet het dat ek die doring in jou oog was nie, wat ek beslis is, dan sou ek julle geselskap lankal verlaat het en `n ander een opgesoek het. Maar om jou goed te kan kwaad maak, bly ek, en ek wil vir jou `n toetssteen wees vir die ideale beproewing van jou geduld, lankmoedigheid en liefde vir jou vyande, en ek wil dan van jou die toegepaste bergprediking leer en dit dan self toepas! - Het jy my verstaan, wyse Thomas?"

[14] Thomas wend hom na My en sê: "Heer, ek en ons almal smeek U om die verwydering van hierdie skurwe skaap! Want in sy nabyheid is broederlike samesyn nie denkbaar nie en so is dit vir ons nie moontlik om tot U heilige leer toe te tree nie, want hy is en bly steeds `n opruier en `n verraaier! Waarom moet hy dan hier by ons bly, as hy maar niks van U heilige leer in die praktyk wil toepas nie, maar altyd meerderwaardig vir ons smaal wanneer ons onsself inspan om volgens U woorde te lewe en te handel?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205