Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 234

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Markus se mening oor die naaste

234 Die ou Markus sê: "Heer, ek is deur alles wat ek en my huis nou aangehoor het, so deur en deur aangegryp, dat ek nou met die beste wil geen verstandige woord sou kon uiter nie, laat staan die feit dat ek moet vasstel wie vir my `n egte naaste is.

[2] Natuurlik sou diegene sekerlik my naaste wees wat liggaamlik die naaste aan my is, en as hulle hulp nodig sou hê, sou ek hulle dit moet gee. Ook sou my bure my naastes wees. As hulle na my om hulp sou kom, sou ek hulle dit nie mag weier nie. So is ook my vrou en my kinders my naastes, en ek moet vir hul liggaamlike en geestelike welsyn en bestaan sorg.

[3] Toe ek nog soldaat was, was ook my kamerade my naaste, en dit was my plig om hulle in geval van nood hulp te bied. Aan die ander kant is ook elke mens, met watter godsdiens dan ook, in geval van nood my naaste, en ek mag hom nie verbygaan as hy my hulp nodig het, of my om hulp vra nie.

[4] Ja, ek glo dat `n mens selfs `n huisdier geen hulp mag weier as dit iets makeer nie. Kort en klaar, soos wat ek dit vir myself met my beperkte alledaagse verstand voorstel, moet die mens so `n bietjie God se bestel navolg en in sy doen en late tog ook sy son oor alle skepsels laat skyn, net soos wat God ook Sy son oor alle skepsels laat skyn.

[5] Natuurlik kan die mens as `n baie beperkte wese vir God, sy skepper, ook net baie beperk navolg; maar omdat hy reeds die gelykenis van God in hom dra of eintlik na die ewebeeld van God geskape is, daarom moet hy in homself ook dit heeltemal ontwikkel waarvoor aan hom alle moontlikhede gegee is. - Dit is my mening, maar gee U, o Heer, vir ons almal `n korrekte verklaring, want ek hoor U woord duisendmaal eerder as my eie woorde. Praat U daarom verder, o Heer, - bygesê as U in hierdie nag nog iets wou sê!"

[6] Ek sê: "Ja, Ek sal praat, hoewel die middel van die nag nader; maar nou hou ons eers `n pouse en luister of daar nie vanaf die see `n hulpgeroep te hore is nie!"

[7] Alreeds na My opmerking hoor `n mens vanaf die see `n rumoer, waaruit `n aantal mensestemme baie goed waarneembaar was. Markus en sy seuns vra my haastig of hulle daarheen moes gaan om moontlike in nood verkerendes te help, wat miskien in `n bootwrak te kampe het met die middernagtelike wind, of met `n draaikolk soos wat dit dikwels in die groot baai voorkom.

[8] Ek sê: "Dit is `n bootwrak vol jong leviete en fariseërs. Hulle kom uit die omgewing van Kapérnaüm en Násaret en is op pad na Jerusalem toe. Hulle het eerder oor die water as oor land gegaan, omdat dit ten eerste korter was en ten tweede nie so vermoeiend nie. Maar hulle het in Sibara maar net `n taamlik lekkende vissersboot gekry, en dit gaan nou sleg met hulle omdat daar `n ietwat sterk middernagwind opgesteek het. As hulle nie gou gehelp word nie, sal hulle bes moontlik vergaan!"

[9] Markus sê: "Heer, helaas, daar is niks verlore as hulle voer vir die visse word nie! In daardie geval sou ek byna nog `n bietjie met die reddingsaksie wil wag. Maar as U dit wil, moet hulle tog gehelp word."

[10] Ek sê: "Jy het tog self so treffend gesê dat die mens wat na die ewebeeld van God geskape is, op grond van die vermoëns wat aan hom verleen is, daarna moet strewe om God in alles gelyk te word, en ook sy kleine son, wat hy in sy hart dra, oor alle skepsels moet laat skyn, en diegene moet sien as sy naaste - of dit vriend of vyand is - wat hom in groot nood bevind en hulp nodig het!

[11] Kyk, Jou woorde is goed en waaragtig, daarom moet jy dus ook daarvolgens handel, omdat die waarheid andersins nog lank nie lewend in jou sal woon nie! Want die suiwer waarheid help die mens weinig of niks vir die ewige lewe, solank hy haar nie deur die daad lewend gemaak het nie. As hy dit gedoen het, stroom die Lig van die Ewige Lewe binne en verlig die hele warboel van die mensesiel, soos wat die son, midde in die dag, in alle dale en klowe, ook al is hulle hoe diep, sy lig gee, hulle verwarm en daardeur met sy lewe vervul. - Doen daarom nou wat jy wil!"

[12] Markus sê: "Vinnige hulp dus, ook al sou daardie verrotte skip maar net bere, tiers, leeus en hiëna's vervoer het!"

[13] Dadelik hardloop die ou Markus met sy seuns na die oewer en beman `n goeie en taamlik groot vissersboot en roei die see in op pad na die plek waar die geroep om hulp steeds skriller word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205